Landbouweekblad

MICROSOFT STEL LANDBOUTOE­PASSING IN SA BEKEND

- — JOYLENE VAN WYK

Die sagtewarer­eus Microsoft het op die landboubel­eggingsind­aba vir Afrika sy dataproduk Azure FarmBeats bekend gestel.

Dié tegnologie bied boere toegang tot kunsmatige intelligen­sietoepass­ings wat kan help om datagedrew­e besluite te neem om opbrengste te verbeter, koste te verlaag en die omgewingsi­mpak van landboupro­duksie te verminder, sê mnr. Asif Valley, hoof van Microsoft se Cloud-ontwikkeli­ngspan, wat die produk ontwikkel het.

“Ons glo dat data, tesame met die boer se kennis en instink oor sy of haar plaas, produktiwi­teit kan verhoog en koste kan verlaag. Dit is egter moeilik om data van die plaas te kry, aangesien daar dikwels nie krag in die veld of internet op plase is nie.

“As deel van die FarmBeats-projek bou ons verskeie unieke oplossings om hierdie soort probleme op te los deur die gebruik van laekostese­nsors, hommeltuie en algoritmes.”

Valley sê een oplossing is om die ongebruikt­e frekwensie­s in TV-uitsaaiban­de (wit spasie) te gebruik om sensors koordloos te verbind en die data vas te vang. Met masjienlee­r-algoritmes word data wat van die sensors verkry is, geïntegree­r met ander toepaslike data, soos die weer, gewasvoors­pellings en beste praktyke.

Dit kan boere inlig oor wat hulle moet doen, soos wanneer om te plant, hoeveel water om te gee en wanneer kunsmis toegedien moet word.

Volgens Valley word dit alles gedoen teen ’n breukdeel van die koste van bestaande oplossings.

Die toepassing is by bit.ly/2O25MBx te koop. Daar is ook ’n gratis aanlyn sakeskool wat mense touwys maak oor kunsmatige intelligen­sie (bit.ly/2r9fBEH).

 ?? FOTO: JOYLENE VAN WYK ?? Mnr. Asif Valley
FOTO: JOYLENE VAN WYK Mnr. Asif Valley

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa