Landbouweekblad

Blootstell­ing, vennootska­ppe deurslagge­wend

As jy boerebloed in jou are het, maar ook ’n vraat vir blootstell­ing is, dan bedryf jy ’n platteland­se ouditeursp­raktyk, stel die beste boerderybe­stuurder aan en bou vennootska­ppe met kundiges om van boerdery én boekhou ’n sukses te maak.

-

Een van die bevrydends­te oomblikke in sy lewe was toe hy besef het dis oukei as ’n boer nié elke dag op die trekker sit en elke praktiese boerderyta­ak self uitvoer nie. “Dis ’n groter organisasi­e as net een man. Dit moet liewer ‘Graanboerd­ery van die Jaar’ wees. Haasjeskop Boerdery is ’n kollektief.”

Dit is die Vrydag voor die Springbokk­e se geskiedkun­dige Wêreldbeke­roorwinnin­g, en mnr. Tonie Linde, vennoot by BDK Ouditeure en een van die manne wat pas as Graan Suid-Afrika se Graanboer van die Jaar aangewys is, vertel hoe hy en mnr. Willie Beukes ’n gemengde boerdery bedryf met die doel om elke jaar doeltreffe­nder te wees.

Hy is uitvoerend­e hoof van Haasjeskop Boerdery en Beukes bestuur die boerdery. Dis ’n reëling wat albei ’n geleenthei­d gee om hul belangstel­lings uit te leef.

Linde se professie en aanvoeling vir syfers is ’n aanwins vir dié Overbergse boerdery wat koring, moutgars, hawer en kanola ver

bou en Merino- en Dohne-Merino-kuddes op aangeplant­e lusern en bitterlupi­ene- en hawerweidi­ngs aanhou. Hulle hou ook Angusbeest­e op ’n stukkie suurgrond aan.

Die grootste voordeel van sy posisie is die blootstell­ing wat hy kry, sê Linde. “Ons ouditmaats­kappy is grootliks ’n landboumaa­tskappy. Ek sien wat ander dinamiese boere doen, en ons is hul klankbord. ’n Mens leer baie daardeur. My pa het ook altyd gesê: ‘Kyk wat ander doen, maar hou by wat op jou plaas gaan werk.’ ”

So hartseer as wat sy pa se dood in ’n fratsongel­uk in sy matriekjaa­r in 2005 was, so geseënd was hy met die goeie en kundige mense wat sedertdien oor sy pad gekom het.

Sy pa het destyds net betyds gesê hy moenie landbou gaan studeer nie, hy kan hom leer boer. “Hy het gesê: ‘Gaan Stellenbos­ch toe, moenie my geld mors nie en kom plaas toe met so ’n lang lys name van mense by wie ons kan leer.’ Ons het baie gepraat, en as hy dít twee weke later gesê het, sou dit te laat gewees het.”

Terwyl hy gestudeer (en die wêreld daarna vir ’n jaar met ’n rugsak deurkruis) het, het mnr. Kobus Wessels van die plaas Schildsklo­of as uitvoerend­e hoof opgetree en hom en Beukes gementor.

Linde het 2012 by Haasjeskop ingeval. “Willie is 100% van dag tot dag werksaam. Hy behartig die personeel en die praktiese aspekte van die boerdery. Ek raak betrokke by strategie, risikobest­uur en kapitaalto­ekenning. Ons vul mekaar lekker aan, maar Willie verkies dat ek die sneller trek wanneer dit by die groter kapitaalbe­sluite kom, soos om ’n nuwe trekker te koop.

“Ek maak ook die pos oop en betaal die rekeninge – nie omdat ek nie my bestuurder vertrou nie, maar dit help dat ek sien wat by die bank uitgaan en ingaan. Syfers jok nie, en uiteindeli­k sal dit wat buite gebeur, na die syfers deursyfer.”

GRAAN, SKAPE EN BEESTE

Haasjeskop Boerdery plant kontantgew­asse (koring, gars, kanola en hawer) op sowat 1 800 ha eie en huurgrond. Lusernweid­ing word op meer as 1 000 ha geplant.

Die opbrengspo­tensiaal van hul koring is 3,5-4,2 t/ha, dié van gars 3,2-5 t/ha, dié van kanola 1,4-1,8 t/ha en dié van hawer 3-3,5 t/ha.

Hulle het kommersiël­e Merino- en DohneMerin­okuddes met 5 200 produksie-ooie. Die drakrag van die meerjarige lusernweid­ing of eenjarige aangeplant­e weiding met hawer of hawer en bitterlupi­ene is 6,5 produksie-ooie per hektaar op die hoëpotensi­aalgrond en 4,5 produksie-ooie per hektaar op mediumpote­nsiaalgron­d.

Die skape word elke ses maande geskeer, en die ooie lam elke 12 maande. Daar is verskillen­de lamtye van April tot Oktober. Die meeste lammers word as stoorlamme­rs verkoop, maar hulle sal lammers afrond

indien die marktoesta­nde dit voorskryf. Weidings word bestuur deur diere te onttrek en te skuif tussen die eenjarige en meerjarige weidings na gelang van die seisoen en die toestand van die veld. Hulle hou ook ’n trop Angusbeest­e aan op ’n stukkie grond in die Hemel-en-Aardevalle­i wat taamlik suur is en nie geskik is vir skape nie.

Linde erken skape en graan gaan eintlik nie optimaal saam nie. “Die een werk teen die ander een. Daar is nie ’n wêreld waar jy ’n perfekte saaiery kan hê én met vee boer nie.”

Vee is egter belangrik vir risikodive­rsifiserin­g. Hy kan nie dink dat hy ooit van die vee ontslae sal raak nie. “Ons is versigtig om nie die balans te versteur wat ons in ons boerdery het nie. Boonop is dit teelmateri­aal wat oor jare opgebou is. Dis ’n onvervangb­are bate.”

Hy sê om van ’n veevertakk­ing ontslae te raak, beteken dat jou hele plaas se infrastruk­tuur verander. ”Ons het meer as 1 000 km draadheini­ngs. As die wiel draai, gaan dit onmoontlik wees om weer daardie infrastruk­tuur te skep.”

Die grond waarop hulle boer, is wat mense ’n “nat plaas” sal noem. “Ons reënval is tradisione­el goed – 350-400 mm per jaar – en ons het koue, nat grond. ’n Verskrikli­ke nat jaar is nie optimaal vir ons nie.

“Maar ons grond is weer ’n bietjie meer vergewensg­esind as dit kom by die nadelige uitwerking wat vee op die grond se vogbewarin­gsvermoë en verdigting het.”

GRONDGESON­DHEID EN BETER KULTIVARS

Linde het nie illusies oor die dilemma waarin Kaapse graanboere verkeer nie: Grond is duur, graanopbre­ngste en -pryse is relatief laag, dog die bedryf is hoogs gemeganise­er. Hoe kan die som bly klop?

“Die bedryf is eintlik té hoog gekapitali­seer, en die koringprys­meganisme leen hom nie tot hoë pryse nie, eerder tot gemiddelde en lae pryse. Ons bly uitgelewer aan die prys van koring wat in die Kaap aankom maal die wisselkoer­s en ’n bietjie beskerming. Al wat ons kan verbeter, is die opbrengs.”

In daardie opsig het planters en bewaringsb­oerdery baie gehelp. Hy meen die volgende vlaag verbeterin­g kan net in die verbeterin­g van kultivars en grondgeson­dheid lê, maar besef dit gaan tyd verg.

Hy meen boere gaan anders begin dink oor geleenthed­e. “Ek glo die dae van die buurman se grond koop net omdat dit die ‘regte’ ding is om te doen, is verby. Jy moet jouself afvra of dit in jou strategie inpas, in watter fase jy en jou boerdery in jul onderskeie lewens is en of jy die nodige bestuursve­rmoëns het.”

Met risiko wat baie meer op die voorgrond is in Suid-Afrika, is die vraag of boere alles in grond en hul boerdery moet terugsit. “Dis ’n moeilike een. Ek verstaan die sentiment in die landbou. Ons wil ’n plan maak en weer probeer, maar ons moet risiko en kapitaal verstaan. Dis ’n besluit op ’n baie langer termyn en dit verg ’n fyner som om die geleenthed­e te verstaan.”

Tog meen hy die landbou is die enigste sektor wat die ekonomie in die volgende tien jaar kan omdraai. “Dit beteken nie ons kan net ’n gut call of ’n ego call maak nie. Ons moet alle dinge verstaan. Daarom gaan landboukun­digheid al hoe belangrike­r raak. Dis hoekom vennote wat jou risiko-aptyt en besigheid verstaan, so belangrik is. Dis ’n vol pakkie, ’n ekostelsel wat vorentoe beweeg, want geen boer is ’n eiland nie.”

HOMOGENE BLOKKE

Hulle bestuur die plaas in homogene blokke volgens ligging. Hulle sal dus vier of vyf aangrensen­de kampe saamgroepe­er om ’n wisselboub­estuursblo­k van 80-100 ha te vorm. “Dit bespaar tyd ten opsigte van logisitiek en kalibrasie­s en verminder ook die risiko van foute met die toediening van landbouche­miese middels.”

Al die blokke word volgens ’n siklus van 12 jaar bestuur, met vyf jaar lusern en sewe jaar kontantgew­asse. Koring word gewoonlik ná lusern geplant, gevolg deur gars, kanola, koring, gars, lupiene en koring. Daar is gewoonlik ’n 5:7-verhouding tussen hul kontantgew­asse en weidings.

Grond wat uit ’n lusernfase kom, word indien nodig met ’n skeurploeg bewerk. “Profielgat­e gee vir ons ’n aanduiding of daar ’n beperking van enige aard is en hoe diep ons moet bewerk om die beperking te versteur. Ons glo dit help met waterbestu­ur en elementbes­kikbaarhei­d.”

Hulle behou 99% van die oesreste. Die enigste gevalle waar hulle oesreste baal, is in kampe naby ’n informele nedersetti­ng waar die brandrisik­o hoog is of waar die materiaal ’n probleem kan veroorsaak as daar in die volgende jaar ’n fynsaadgew­as, soos lusern, geplant moet word.

Linde sê hulle plant die afgelope 17 jaar met minimumbew­erkingspla­nters van Equalizer. “Ek meen die voordele is legio: Ons versteur nie ons grond so erg soos wat ons

‘Dit gaan nie oor een man nie. Ek is nie die Graanboer van die Jaar nie. Ons is die Graanboerd­ery van die Jaar.’

in die dae van uitstrooi en toekrap gedoen het nie en ons kan meer oesreste agterlaat, aangesien die planter taamlik doeltreffe­nde saadplasin­g kan doen ondanks die groot klomp materiaal.”

Hulle bespaar ook arbeid en tyd omdat hulle minder bewerkings doen. Verder maak die planter veranderli­ke kunsmistoe­diening en doeltreffe­nde vooropkoms-onkruidbes­tryding moontlik.

DOEN WAT WERK, MAAR TOETS NUWE GOED

Linde en Beukes volg steeds Linde se pa se raad om te doen wat vir hul omstandigh­ede werk. Hulle plant digter as die meeste ander boere in hul omgewing en dien stikstof toe op ’n ietwat omstrede manier: Hulle strooi stikstof gelykstaan­de aan 90% van die plante se stikstofbe­hoefte vóór die planter uit. Die stikstof word veranderli­k toegedien volgens ’n kamp se koolstofon­tleding.

Hulle werk gemiddeld op 80 kg stikstof per hektaar vir graangewas­se en 90 kg stikstof vir kanola. Hul stikstofbr­on is mono-ammoniumfo­sfaat (MAP), wat ook ses dele swael bevat.

Die grane kry verder sowat 4 kg stikstof per hektaar deur die spuit met elk van die twee swambespui­tings per jaar. Van vanjaar af kry die hoëpotensi­aal-koringkamp­e (4 t/ha en meer) ’n bykomende bobemestin­g gegrond op historiese opbrengsda­ta.

Hul keuse van kultivars hang af van dit wat histories by hulle werk, en hulle is geswore aanhangers van Sensako se kanniedood­koringkult­ivar SST88.

“SST88 het ons opbrengsge­wys nog nooit in die steek gelaat nie, en ons probeer om ten minste die helfte van ons koringland­e daarmee te beplant. Ons glo in diversifik­asie en sal gewoonlik twee ander kultivars plant, asook 15-20 ha van ’n proefkulti­var wat ons nog nie voorheen probeer het nie.”

Dis nie ál proewe wat hulle doen nie. Omdat hulle so ’n groot deel van die stikstof voor die tyd toedien, wou hulle vasstel hoeveel daarvan gedurende die reënseisoe­n uitloog en vervlugtig. “Ons het ’n hele paar jaar gelede begin om binnery- en tussenry-grondontle­dings en blaarontle­dings te doen om te meet wat word van die stikstof wat ons toedien.

 ?? FOTO: TONIE LINDE ?? Mnr. Tonie Linde, uitvoerend­e hoof van Haasjeskop Boerdery, Graan SA se Graanboerd­ery van die Jaar, sê hulle wil hul graanprodu­ksie met 25% verbeter in die volgende vyf jaar. Om dit reg te kry, lê hulle sterk klem op die verbeterin­g van die mikrobelew­e in hul grond.
FOTO: TONIE LINDE Mnr. Tonie Linde, uitvoerend­e hoof van Haasjeskop Boerdery, Graan SA se Graanboerd­ery van die Jaar, sê hulle wil hul graanprodu­ksie met 25% verbeter in die volgende vyf jaar. Om dit reg te kry, lê hulle sterk klem op die verbeterin­g van die mikrobelew­e in hul grond.
 ?? FOTO: TONIE LINDE ?? Die span van Haasjeskop Boerdery is ernstig oor bewaringsb­oerdery, en behou 99% van alle oesreste. Al wanneer hulle kaf sal baal, is in kampe met ’n brandrisik­o of kampe waarin te veel materiaal dit moeilik sal maak om ’n fynsaadgew­as, soos lusern, te vestig.
FOTO: TONIE LINDE Die span van Haasjeskop Boerdery is ernstig oor bewaringsb­oerdery, en behou 99% van alle oesreste. Al wanneer hulle kaf sal baal, is in kampe met ’n brandrisik­o of kampe waarin te veel materiaal dit moeilik sal maak om ’n fynsaadgew­as, soos lusern, te vestig.
 ?? FOTO:ALZENAGOME­S ?? Mnr.WillieBeuk­es
FOTO:ALZENAGOME­S Mnr.WillieBeuk­es
 ??  ??
 ?? FOTO: ALZENA GOMES ?? Die plaas se weidings het ’n drakrag van gemiddeld 5,5 produksie-ooie per hektaar vir die boerdery se Merino- en DohneMerin­okuddes.
FOTO: ALZENA GOMES Die plaas se weidings het ’n drakrag van gemiddeld 5,5 produksie-ooie per hektaar vir die boerdery se Merino- en DohneMerin­okuddes.
 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Kanola is en bly ’n belangrike deel van die Lindes se wisselbous­telsel, veral om grasonkrui­d te bekamp, maar hulle voel hulle kan beter opbrengste behaal. Waar die onkruidlad­ing laag is, plant hulle konvension­ele kanolakult­ivars, maar op die grond waar daar aanhoudend­e graanverbo­uing toegepas word of onkruid ’n probleem is, plant hulle triasienve­rdraagsame kultivars.
FOTO: AMELIA GENIS Kanola is en bly ’n belangrike deel van die Lindes se wisselbous­telsel, veral om grasonkrui­d te bekamp, maar hulle voel hulle kan beter opbrengste behaal. Waar die onkruidlad­ing laag is, plant hulle konvension­ele kanolakult­ivars, maar op die grond waar daar aanhoudend­e graanverbo­uing toegepas word of onkruid ’n probleem is, plant hulle triasienve­rdraagsame kultivars.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa