Landbouweekblad

Marmite-tertkolwyn­tjies

-

(Proe is Pret Resepte, Vrouediens, NG kerk Strand)

Dié soet-sout-kombinasie is verslawend. Pleks van die Marmite-sous kan jy die soet roete volg en lemoenstro­op oor die warm koek gooi. Dit kan in ’n tertbak of in kolwyntjie­pannetjies gemaak word. Beslag

120 g koekmeel

10 ml bakpoeier

2 ml sout

Rooipeper na smaak (opsioneel) 125 g botter

250 ml gerasperde beleë cheddarkaa­s 1 eier, geklits 220 ml melk

Mieliemeel of polenta, vir oorstrooi

Marmite-laag

15–30 ml Marmite ■

55 g botter

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n tertbak met ’n deursnee 20-22 cm of ’n kolwyntjie­pannetjie.

Sif die meel, bakpoeier, sout en rooipeper, indien gebruik, saam. Vryf die botter met die vingerpunt­e in die meelmengse­l. Roer die kaas by. Klits die eier en melk saam en voeg by die meelmengse­l, en meng deur. Skep in die voorbereid­e tertbak of kolwyntjie­pannetjie, strooi mieliemeel of polenta oor en bak 20 minute (kolwyntjie­s) of 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Marmite-laag: Smelt intussen die Marmite en botter saam. Wanneer die tert uit die oond kom, steek gate in met ’n vurk en drup die warm sous oor. Sny in blokke en eet warm. Variasie: Vervang die Marmite-sous met lemoenstro­op: Verhit 100 g suiker, 125 ml vars lemoensap en gerasperde lemoenskil saam tot die suiker opgelos is. Kook vir 3 minute en giet oor die warm koek.

Lewer 1 tert of 9-12 kolwyntjie­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa