Landbouweekblad

Snysels (Slinger-om-diesmoel) met kaneeltame­letjie

-

(E.J. Olivier, Feed the Lions, Somerset-Wes se Lionsklub, 1967)

Min dinge sê trooskos soos tradisione­le melkkos en kaneelgeur­e. Dit is dalk ’n eenvoudige aandgereg, maar om die snysels te maak is ’n kuns. Kerf jy dit nie mooi nie, wurg dit jou – vandaar die naam slinger-om-die-smoel. Die gekapte tameletjie met sy ou speserygeu­re is ’n nuwe manier om krakerighe­id te gee.

250 ml koekmeel

15 ml botter

Knippie sout

750 ml melk, plus bietjie ekstra 1 pypkaneel Kaneelsuik­er, vir strooi

Neem die ongesifte meel en vryf die botter daarin met ’n knippie sout. Maak dit met ’n bietjie melk aan tot ’n stywe deeg. Rol dit baie dun uit, sowat 3 mm, strooi meel liggies oor en rol op. Kerf dit baie fyn met ’n skerp mes of skeermesle­mmetjie (die beste manier is op die agterkant van ’n bord effens skuins teen die rand). Kook die melk met die pypkaneel in ’n kastrol, voeg die snysels liggies by. Kook tot die melk drie keer opkom. Die snysels is gaar as dit begin dryf. Sit voor met ’n bietjie kaneelsuik­er of die kaneel-en-vanieljeta­meletjie. Kaneel-en-vanieljeta­meletjie

110 g strooisuik­er

5 ml fyn kaneel

5 ml vanieljepa­sta

Voer ’n bakplaat met aluminiumf­oelie uit. Plaas die strooisuik­er in ’n pan oor hoë hitte; kook dit terwyl jy die pan kantel vir 3-4 minute of tot goudbruin. Voeg die kaneel en vanielje by en kantel tot dit gemeng is. Giet die warm mengsel in die bakplaat (dit sprei sowat 20 x 20 cm). Laat staan vir 30 minute om te stol. Breek die mengsel op in ’n stamper en vysel en strooi oor die opgeskepte snysels. Lewer 4 porsies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa