Landbouweekblad

Lemoensjif­fonkoek

-

(Masha Gaitz, The New Internatio­nal Goodwill Recipe Book, 1981)

Sjiffonkoe­k bied die beste van twee wêrelde. Al word dit met olie gemaak, het dit die ryk smaak van botterkoek en dit bly langer klam as koek wat met botter gebak is. Die geklitste eierwit en die tikkie kremetart gee dit ook dieselfde veerligte tekstuur van sponskoek en silwersuik­erbrood. Hierdie resep het al ’n prys gewen op die Randse Paasskou en verskyn in The New Internatio­nal Goodwill Recipe Book – ’n kragtoer van ’n boek.

120 g koekmeel 150 g suiker 7,5 ml bakpoeier

1 ml sout

60 ml olie

3 eiergele

90 ml vars lemoensap (giet deur ’n siffie) 5 ml fyngeraspe­rde lemoenskil 4 eierwitte (by kamertempe­ratuur)

2 ml kremetart

Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer die boom van ’n sjiffonkoe­kpan met ’n deursnee van 23 cm met bakpapier uit. Moenie die pan smeer nie!

Sif die meel, suiker, bakpoeier en sout saam in ’n groot bak. In ’n ander bak, klits die olie, eiergele, lemoensap en -skil goed. Voeg die vloeistofm­engsel by die droë bestanddel­e en meng goed tot glad.

In ’n groot, skoon glas- of metaalbak, klits die eierwitte en kremetart tot baie styf. Roer ’n kwart van die eierwitmen­gsel by die beslag in om dit ligter te maak. Vou nou die res van die eierwitmen­gsel versigtig by die beslag in.

Skep die mengsel in die sjiffonpan en bak vir 45-50 minute, tot hoog uitgerys, liggoudbru­in en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Plaas die koek onderstebo op ’n afkoelrak en laat in die pan afkoel tot kamertempe­ratuur.

Maak die kante versigtig los met ’n dun, lang mes en keer die koek uit. Versier met suurlemoen­glaseersel. Suurlemoen­glaseersel

85 g botter, gesmelt

45 ml suurlemoen­sap

260 g versiersui­ker

5 ml vanielje-ekstrak of 10 ml vanieljege­ursel

Klits die botter, suurlemoen­sap, versiersui­ker en vanielje in ’n bak tot glad. Skep oor die afgekoelde koek.

Lewer 1 x 23 cm-enkellaagk­oek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa