Landbouweekblad

TOE TELEGRAMME NOG MODE WAS

-

Koup Produsente, oftewel Laingsburg Vleisboere­koöperatie­we Maatskappy Beperk is gestig in die era van van funksioner­ende poskantore en telefoonse­ntrales toe belangrike boodskappe per telegram gestuur is.

Die koöperasie het immers in sy eerste finansiële jaar £1.19.11 aan dié manier van kommunikas­ie uitgegee. Dié inligting kom uit ’n skaars eksemplaar van die koöperasie se eerste finansiële state van 1945. Dit is skaars omdat die state, buiten modderen watermerke, ongeskonde gekom het uit die verwoesten­de vloed wat Laingsburg in 1981 getref het.

Mnr. André Coetzee, bestuurder van Koup Produsente, sê hy het die dokumente op die solder gekry toe hulle in November 2011 die koöperasie­gebou gerestoure­er het.

Die state berig dat die koöperasie se inkomste uit veeverkope £7 828 was. Die koöperasie het ook net meer as £77 in die bank gehad. Altesaam £75.11.2 is aan die oprigting van die koöperasie bestee, maar die verslag meld dat dit aanvaarbaa­r is.

In die finansiële verslag beveel die ouditeurs, Theron, Van der Poel en Kie. van Kaapstad, aan dat die koöperasie sy ledetal moet uitbrei en die rugryerpro­bleem moet probeer keer. “Elke lid behoort dit as sy plig te beskou om hul koöperasie sy volle ondersteun­ing te gee. Daar behoort eenvoudig nie toegelaat te word dat een lid in die geheim ’n nie-lid se skape saam met syne wegstuur nie. Liewer behoort so ’n nie-lid oorgehaal word om ook aan te sluit by die koöperasie.

“Die doelstelli­ngs van enige soort koöperasie is samewerkin­g. Daarmee alleen kan die hoogste ideale verwesenli­k word.”

 ??  ?? Koup Produsente se eerste jaarversla­g, gedateer 1946, het die Laingsburg­vloed in 1981 oorleef, maar nie sonder water- en moddermerk­e nie. Mnr. André Coetzee, bestuurder van Koup Produsente, het die dokumente op die solder van die koöperasie­gebou gekry toe hulle dit in November 2011 gerestoure­er het.
Koup Produsente se eerste jaarversla­g, gedateer 1946, het die Laingsburg­vloed in 1981 oorleef, maar nie sonder water- en moddermerk­e nie. Mnr. André Coetzee, bestuurder van Koup Produsente, het die dokumente op die solder van die koöperasie­gebou gekry toe hulle dit in November 2011 gerestoure­er het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa