Landbouweekblad

GROOT VRAAG NA DRAGTIGE STOETKOEIE

- — JOHAN COETSEE

Dragtige Limousinst­oetkoeie en -verse was vanjaar goed in aanvraag met pryse wat wissel van R15 000 tot R50 000. “Kopers is bereid om ekstra vir goeie teelmateri­aal te betaal,” sê mnr. Martin van Rooyen, rasbestuur­der van die SA Limousinte­lersgenoot­skap. Meer as 220 vroulike diere is vanjaar op veilings verkoop.

Hy sê die vraag na geregistre­erde bulle vir kommersiël­e gebruik het vanjaar sterk toegeneem. Pryse vir dié bulle wissel van R30 000 tot R50 000 en dit kan toegeskryf word aan die premie wat voerkrale betaal vir Limousin-kruiskalwe­rs.

“Die groot internasio­nale genepoel bied talle opsies – Limousins is die grootste vleisbeesr­as in Europa en dele van Australië, terwyl die ras ook besig is om in gewildheid toe te neem in Noorden Suid-Amerika.”

Van Rooyen sê die ras se gewildheid styg beslis. Uitstekend­e Limousinve­ilings het vanjaar landwyd plaasgevin­d. Die hoogste prys wat ’n bul behaal het, was R300 000.

Heelwat stoetbulle het meer as R50 000 op veilings behaal. “Sowat 100 bulle is in 2019 op veilings wat onder die beskerming van die genootskap plaasgevin­d het, verkoop.”

Hy meen beproefde teelmateri­aal sal altyd goeie pryse oplewer. “Kopers besef die waarde van goeie kommersiël­e Limousins. Ons het talle dinamiese jong telers wat alle beskikbare moderne tegnologie gebruik in hul kuddes, terwyl gehalte-semen vanoor die wêreld ingevoer word vir embriospoe­ling.”

 ??  ?? Die Limousinbu­l, XRL1638 Xourel Italia, waarvoor mnr. John Devonport van Villiers R300 000 betaal het.
Die Limousinbu­l, XRL1638 Xourel Italia, waarvoor mnr. John Devonport van Villiers R300 000 betaal het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa