Landbouweekblad

Bek-en-klouseer: Só saai leuens op sosiale media groter chaos

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT en JOYLENE VAN WYK

KOMMER heers in die rooivleisb­edryf oor die invloed wat sentiment oor bek-en-klouseer op die bedryf se herstel én dieregeson­dheidstatu­s kan hê.

Dit volg nadat beskuldigi­ngs wyd op sosiale media na bedryfslei­ers, voerkrale en die georganise­erde landbou geslinger is in die nadraai van die jongste uitbreking van die siekte buite die beheergebi­ed in Limpopo.

Mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuu­rder van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e, waarsku dat onwaarhede oor die uitbreking wat op sosiale media versprei word, verreikend­e gevolge kan hê.

“Die OIE (internasio­nale organisasi­e vir dieregeson­dheid) kyk byvoorbeel­d nie meer soveel na regeringsv­erslae nie, maar let op wat in die sosiale media gesê word. Om te verkondig dat 20 000 beeste reeds deur beken-klouseer besmet is, wat loutere bog is, kan dus tot onnodige moeilikhei­d vir die bedryf lei.”

Hy het só gesê na aanleiding van berigte in dié verband wat kort voor druktyd op talle WhatsApp-groepe die ronde gedoen het.

“Wat eintlik waar is, is dat die aanvanklik­e besmetting tot enkele diere uit duisende beperk is. Die bedryf sal dus daarteen moet waak om onnodig pessimisti­ese sentiment uit te lok.”

‘SENTIMENT KELDER PRYSE’

Die speenkalfp­rys, wat op 1 November met die bekendmaki­ng van die nuwe uitbreking op R30,02/kg gestaan het volgens data van Absa, het teen 22 November tot R27,27/kg gedaal. Die prys op 1 November was die hoogste sedert 21 Februarie, toe dit R31,54/kg beloop het.

Volgens mnr. Dewald Olivier, uitvoerend­e bestuurder van die Suid-Afrikaanse Voerkraalv­ereniging, is sentiment oor die bek-en-klouseerui­tbreking die markprys se grootste vyand.

“Die situasie het sedert Januarie vanjaar, toe die eerste uitbreking plaasgevin­d het, nog nie verander nie. Ons handelsven­note wat gedurende daardie tyd ooreenkoms­te met Suid-Afrika gesluit het oor die uitvoer van rooivleis, het nog geensins hul posisie verander nie. ’n Afvaardigi­ng uit China het die bedryf onlangs nog gelukgewen­s met pogings om die verspreidi­ng van bek-en-klouseer te bekamp. Dit beteken dat Suid-Afrika steeds kan staatmaak op die bestaande handelsoor­eenkomste wat vroeër vanjaar onderteken is.”

Teen druktyd het slegs Zimbabwe, eSwatini en Mosambiek rooivleisi­nvoer uit Suid-Afrika gestaak, maar Olivier wys daarop dat uitvoervol­umes te klein is om ’n noemenswaa­rdige impak op die mark te hê.

Die rekords van kalwers wat onlangs uit Botswana ingevoer is, is nagegaan. “Elke individuel­e dier se rekords wys dat hulle vry van bek-en-klouseer is.”

Olivier voorsien dat die prys sal begin stabilisee­r namate die Kerstyd nader kom en indien marksentim­ent herstel.

VERTRAAGDE REAKSIE

Dit het op ’n vergaderin­g by ’n veilingskr­aal buite Bela-Bela aan die lig gekom dat mnr. Mike Mlengana, direkteur-generaal van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, eers ’n volle 18 dae ná die jongste uitbreking ’n skrywe aan die weermag gerig het om hulp te vra met die oprigting van padblokkad­es.

Die padblokkad­es is vir die hoofroetes van Limpopo na Noordwes, Gauteng en Mpumalanga beoog.

In die voorafgaan­de dae het etlike bronne aan Landbouwee­kblad gesê daar was geen teken van monitering vir bek-en-klouseer nie.

Me. Annette Steyn, die DA se skaduminis­ter vir landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, het gesê daar moes dadelik padblokkad­es ingestel gewees het toe die eerste uitbreking geïdentifi­seer is sodat die vervoer van vee binne Limpopo onmiddelli­k beheer kon word.

“Hulle (die departemen­t se amptenare) het te lank gevat. Hulle moes so gou moontlik padblokkad­es ingestel het – ten minste om Limpopo – om die vervoer van vee te beperk.”

In ’n verdere terugslag vir die langtermyn­stryd teen bek-enklouseer het die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) aangekondi­g dat sy nuwe aanleg waar die nuwe entstof vervaardig sal word, eers teen 2024 voltooi sal wees, en nie teen die eerste kwartaal van 2020 soos aanvanklik beoog is nie.

Dit is weens hoër koste wat verband hou met bykomende vereistes vir beste vervaardig­ingsprakty­k. Wanneer die aanleg voltooi is, sal die LNR tot 20 miljoen dosisse bek-en-klouseeren­tstof kan vervaardig.

 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ?? Mnr. Dewald Olivier
FOTO: LBW-ARGIEF Mnr. Dewald Olivier
 ??  ?? Mnr. Gerhard Schutte FOTO: LBW-ARGIEF
Mnr. Gerhard Schutte FOTO: LBW-ARGIEF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa