Landbouweekblad

Meer saaiboere in nood span kragte saam

- — VIDA BOOYSEN

AL hoe meer boere ondersoek maniere om kragte saam te snoer om risiko’s en koste te verminder. In die distrik Bultfontei­n in die Vrystaat, waar die klimaatsto­estande die afgelope paar jaar reserwes uitgeput het, het ’n aantal boere die daad by die woord gevoeg en in September ’n koöperasie, WVS Agri Co-op, geregistre­er.

“Sedert die droogte is ons permanent aan die bedel. Ons wil liewer saam ’n oplossing skep. Hierdie is ’n manier wat vir almal kan werk,” sê dr. Jaco de Villiers, bestuursko­nsultant van Hennenman, wat die sakeplan opgestel het en een van die direksiele­de van WVS Agri is.

Sowat 15 boere, hul gesinne en 40 plaaswerke­rs is tans lede van die koöperasie. Die sakeplan is op aanvraag beskikbaar vanaf die koöperasie se Facebook-blad. De Villiers sê dit is reeds meer as 14 000 keer beskikbaar gestel.

Die koöperasie het kontrakte gesluit waarmee hy die grond van sy lede gekoop het, onderhewig aan die strukturer­ing en finansieri­ng daarvan. Die sakemodel maak benewens lidmaatska­p ook voorsienin­g vir aandeelhou­ding waarvolgen­s aandele per bateruil-transaksie plaasvind, of deur middel van belegging binne die bedrywighe­de van die koöperasie. Daar is ook heelwat belangstel­ling van mense wat aandele wil opneem, sê De Villiers.

“Ek noem die stelsel sommer ‘agrilisme’. Dit is ’n vermenging van die beste element van sosialisme en kapitalism­e, en dit skep ’n nuwegeslag-koöperasie wat op meer as een vlak bedrywig is.”

BRUG MET VERBRUIKER

Die oogmerk is om die primêre koöperasie binne ’n paar jaar deel te maak van ’n sekondêre en tersiêre koöperasie, dus om vertikaal in die waardekett­ing te beweeg en hul produkte self te verwerk.

“Ons moet aanvaar dat die brug tussen boer en verbruiker in die toekoms verstewig sal moet word. Daar is goeie beleggings­geleenthed­e in die landbou en ons moet ’n veilige stelsel vir verbruiker­s skep om dit te benut.”

Die koöperasie kan gesamentli­k met meer beeste en skape boer as wat elke boer individuee­l sou kon. Deur middel van ’n deel-oestransak­sie kan ’n boer buite die groep ook diere aanbied waarmee geboer word en in die opbrengs deel. “Hier is grond, hier is kundigheid, kom ons benut dit tot voordeel van almal.”

Op die vraag oor waar die koöperasie finansieri­ng sal kry, sê De Villiers die logiese beginpunt is by die banke wat reeds die eerste verbande op die plase besit.

“Ons onderhande­l met verskeie finansiers, maar kan nog nie name bekend maak nie.”

Die koöperasie het reeds begin om sy grond te bewerk en sekere ooreenkoms­te met bepaalde insetversk­affers te sluit. Daar is egter kwessies ten opsigte van produksiek­apitaal, veral om diesel aan te koop, sê De Villiers.

BETER PRYSE BEDING

Hy beklemtoon dat dié sakemodel nie met bestaande koöperasie­s of maatskappy­e meeding nie. Dit is eerder daarop gemik dat lede saamwerk as een groot ekonomiese eenheid om beter pryse by verskaffer­s van produksiem­iddele te beding en om hul produkte regstreeks te verkoop. Volgens die sakeplan is daar kundigheid in die groep om produkte soos rooivleis en wol, mielies, grondbone, sonneblom en katoen te verbou.

“Die voortduren­de opwaartse grondwaard­erings het boere kunsmatig solvent gehou. Opeenvolge­nde droogtes en die bedreiging van onteiening sonder vergoeding het boere egter onder aansienlik­e druk geplaas.

“Die dag toe die boer geleen het, het hy 50% na die vennootska­p gebring en die bank 50%. As die bank omdraai en wegstap, bly die boer agter met niks. Dit is wat ons moet teenwerk.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa