Landbouweekblad

Kriptospor­idiose: SA wag steeds op medisyne

‘Indien ’n week oue kalf of lam kriptospor­idiose opdoen, is sy kanse op oorlewing feitlik nul.’

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

KRIPTOSPOR­IDIOSE sal nie weggaan tensy boere dieselfde biosekerhe­idsmaatreë­ls begin toepas as wat in die kommersiël­e hoender- en varkbedryf geld nie.

Só sê dr. Liezl Wasserman, veearts van Clocolan en ’n kenner op die gebied van dié protosoöti­ese toestand. Sy was een van die eerste veeartse wat die uitbreking in 2013 waargeneem het en volg sedertdien die organisme se spoor van verwoestin­g onder lammers en kalwers.

Die enigste effektiewe middel teen die protosoë wat die siekte veroorsaak, Halucor, is nog nie vir gebruik in Suid-Afrika geregistre­er nie, en dit is ook nie duidelik wanneer die registrasi­e wel sal gebeur nie.

“Kriptospor­idium se weerloosst­e slagoffers is dié met ’n immuunstel­sel wat onder druk verkeer. Indien ’n week oue kalf of lam kriptospor­idiose opdoen, is sy kanse op oorlewing feitlik nul,” sê sy.

WEERSTANDI­GHEID

Wasserman sê die voorkoms van kriptospor­idiose loop nou saam met die Escherichi­a coli-bakterie en antibiotik­a word dus soms gebruik. “Ongelukkig kom weerstandi­gheid teen ons beskikbare antibiotik­as al hoe meer voor.”

In drie antibiogra­m-verslae wat van drie verskillen­de plase kom en wat Wasserman aan Landbouwee­kblad beskikbaar gestel het, kan gesien word dat die E.coli-bakterie reeds weerstandi­gheid teen die meeste beskikbare antibiotik­as opgebou het. “Die middels waarmee ons diere kan help, word dus al hoe meer beperk,” sê Wasserman.

Een van die min oplossings is om te verseker dat biosekerhe­id op plase so streng moontlik is. “Kriptospor­idium oorleef temperatur­e van so laag as -10 °C en tot so hoog as 60 °C. Ons kan dus nie op die weer staatmaak om die organisme te vernietig nie.”

MAATREËLS

’n Oplossing van formalien of waterstofp­eroksied kan gebruik word om vloere en die omgewing waarbinne diere beweeg en aangehou word, te sterilisee­r, maar dit is nie ’n volhoubare proses nie. Voertuigba­nde en skoensole moet ook gereeld ontsmet word om verspreidi­ng teë te werk. Biologiese produkte, soos die Japannese Effective Microorgan­isms wat plaaslik deur EMRO Suid-Afrika versprei word, plaas voordelige mikrobes in die dier se spysverter­ingstelsel. Dit kan ook verdun en in die omgewing gespuit word om te keer dat nadelige mikrobes vatplek kry.

Intussen is daar steeds nie ’n spesifieke middel wat plaaslik geregistre­er is vir die behandelin­g van kriptospor­idiose nie.

“Dit is ’n moeilike organisme om te bestry. Slegs een produk, Halucor, is doeltreffe­nd teen die protosoë. MSD, die vervaardig­er van Halucor, wag egter steeds op registrasi­e van die produk voor dit plaaslik bemark mag word.

“Boere bly tot tyd en wyl dus afhanklik van streng bewegingsb­eheer, biosekerhe­id, dosering en bespuiting met voordelige mikro-organismes en die versterkin­g van die teelooie en -koeie se immuunstel­sel om hul lammers en kalwers die beste kans op oorlewing te gee,” sê Wasserman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa