Landbouweekblad

Wenresep uit Namibië: Begin al in midde-in droogte heropbou

Dit verg ’n besonderse bestuurspr­ogram om ’n boerdery ná ’n droogte op te bou. Sommige van die optredes moet reeds tydens die droogte plaasvind.

-

Dele van Namibië kry al die afgelope ses jaar tot sewe jaar uiters min reën, wat die heersende droogte sekerlik die ergste in mensegeheu­genis maak. Ook Suid-Afrika het deurgeloop, en dele van die land, veral in die westelike helfte, het nog nie verligting gekry nie. Terwyl Namibië se boere nog in ’n stryd om oorlewing is, het die Namibiese Landbou-unie (NLU) ’n landbouvoo­ruitskouin­gskonferen­sie in Windhoek gehou met die tema “Heropbou ná die droogte”.

Mnr. Ryno van der Merwe, uittredend­e voorsitter van die NLU, het gesê die droogte se impak is ’n ramp. Veegetalle het minstens gehalveer en sommige boere moes 60-70% van hul diere verkoop om die res te onderhou. Boere is diep in die skuld.

Die vraag is hoe ’n boer van so ’n finansiële terugslag kan herstel.

Foute wat hy self gemaak het, was om: Sedert 2014 die daling in die reënval te ignoreer.

Na te laat om veegetalle betyds te verminder. Nie vir finansiële reserwes te begroot nie. Moontlike risiko’s in boerdery te onderskat. Nie die belangrikh­eid van ’n langtermyn­droogtestr­ategie op plaasvlak te besef nie. Die doelwit moet wees om sielkundig, emosioneel en fisiek fiks te bly. “’n Spanpoging is tussen die regering, belangegro­epe en boere nodig om die heropboupr­oses aan te pak.”

DRIE SLEUTELFAK­TORE: WEIDING, DIVERSIFIK­ASIE EN SLIM GELDBESTUU­R

Mnr. Malcolm Campbell van Helmeringh­ausen boer met Swakara-, Wit Dorper-, Persie-, Rooi Russiese Wolpersie- en Afrikaners­kape, Boerbokke en Jerseys (vir melk).

Hoewel die gemiddelde reënval 180 mm per jaar beloop, was dit die afgelope jare baie minder. Campbell beleef nou die sewe agtereenvo­lgende jaar van droogte waartydens hy net een jaar meer as 100 mm reën gehad het. Die vorige somer het hy net 7,2 mm gehad.

“Ek het nie klinkklare antwoorde oor hoe om ná hierdie droogte weer op te staan nie, maar ek kan vertel hoe ek sover oorleef het.”

Die sleutel is beweiding, waar lewendehaw­eboerdery begin en eindig, asook diversifik­asie en die opbou van geld.

Weiding. Boer volgens dit wat die weiding bied. Leer meer van die weiding en potensiaal. Goeie, volhoubare beweiding is die antwoord vir boerdery met lewende hawe en goeie kontantvlo­ei. Sorg in goeie reënjare vir ’n goeie stand weiding van hoë gehalte. Verminder die veegetalle betyds gedurende ’n droogte.

Maak seker die getal indringerb­osse per hektaar is nooit meer as twee keer die gemiddelde aantal millimeter reën nie.

Campbell benut nooit meer as 80% van sy plaas se drakrag nie. Daardie 20% wat hy nie benut nie, is dan die volgende jaar beskikbaar. Oor ’n tydperk van vyf jaar beteken dit 100% meer weiding. Gevolglik moes hy eers in die vierde jaar van die droogte begin om lek te verskaf.

Ná die derde jaar het hy ál sy vleisbeest­e verkoop om die gras eerder vir die kleinvee, Jerseys en Nooitgedag­ter-stoetery te hou. In die vierde jaar het Campbell 300 van die vleisskaap­ooie verkoop en Swakara-ooie se vervanging­souderdom van agt jaar tot sewe jaar aangepas.

In jaar vyf het Campbell die Swakaras se vervanging­souderdom tot ses jaar verkort en die helfte van die Jerseys en perde verkoop.

In jaar sewe en agt moes hy meer intensief voer, maar daar was steeds genoeg bosse om te bewei om die vee se kondisie in stand te hou.

Ondanks sewe jaar se ondergemid­delde reën is die grasse en struike steeds lewend. “Dus is net ’n goeie bui reën nodig om dit weer te laat groei. Dit kan binne vyf maande in volle produksie wees,” het hy gesê. Diversifis­eer. Besef die waarde van diversifik­asie. ’n Boer moet nooit ál sy eiers in een mandjie hou nie. Daarom boer hy met verskillen­de tipes kleinvee, elkeen met sy eie mark op verskillen­de tye. Dit maak beter kontantvlo­ei moontlik. Dan kan hy ook sinvol besluit watter ras se getalle hy eerste in ’n droogte moet verminder. Elke tipe het sy eie weigewoont­es. Hy laat elke ras dus op die tipe veld en terrein wei wat dié ras die beste pas.

Groen weiding is baie werd, soos lusern en turksvye, mits die plaas genoeg water het. Hy het 2 ha lusern. Dit dra min voer by, maar is goud werd. ’n Boer moet die water spaarsamig gebruik sodat hy nie die grondwater uitput nie.

Hy het verder gediversif­iseer deur ou plaasgebou­e in drie vakansiehu­ise en geriewe vir ’n kampterrei­n te omskep wat aan toeriste verhuur word.

Ekonomie. Bou geld op voor ’n droogte. Campbell het ’n gebeurlikh­eidsfonds vir onvoorsien­e dinge waarin hy elke maand geld inbetaal. Betaal belasting met belastingg­eld. Campbell beskou BTW as geld wat “verdwyn” wanneer hy aankope doen. Wanneer hy die BTW terugkry, stort hy dit in die gebeurlikh­eidsfonds.

Stel ’n begroting op volgens minstens drie jaar se gemiddelde inkomste en uitgawes. Hou streng daarby. Besnoei eerder as om dit te oorskry. Gebruik ’n goeie rekenmeest­er wat boerdery en die wet deeglik ken.

Verkoop onprodukti­ewe diere betyds. Pas goeie inenting en parasietbe­kamping toe, want gesonde diere produseer beter. Bekamp roofdiere.

Werk slegs met doeltreffe­nde, optimistie­se werkers. Doen betyds onderhoud voordat dit te veel geld kos.

VORM VENNOOTSKA­PPE

Vergroot jou grond. Daardeur vergroot jy jou kans op oorlewing, sê mnr. Lenn de Jager, besturende direkteur van Phoenix Farming, wat op plase in verskeie dele van Namibië boer. “Gaan dus vennootska­ppe aan, anders kan jy nie alleen oorleef nie.”

Phoenix word saam met ander boere bedryf en werk volgens vyf beginsels: afsonderli­ke eienaarska­p, toegedeeld­e verantwoor­delikhede vir elke individu, vergoeding vir werk wat gedoen is pleks van volgens aandeelhou­ding in die maatskappy, samewerkin­g om skaalekono­mie te ontsluit en diversifik­asie.

Hulle het elke plaas in die groep ontleed vir reënval, normale weidingspo­tensiaal, roofdiere en hoe maklik dit is om die plaas te bestuur. “Daarna het ons beplan om elke plaas se potensiaal te verhoog.”

Dit is byvoorbeel­d nie wenslik om met beeste in ’n gebied te boer wat eerder vir skaapboerd­ery geskik is nie. Benut dus elke plaas volgens sy potensiaal. Daarna is bepaal watter vee die beste vir elke plaas is en watter tipe boerdery wenslik is, byvoorbeel­d speenkalf-, os- of slaglampro­duksie of stoetery.

Bykomende bedrywighe­de is geïdentifi­seer, soos die maak van houtskool of vuurmaakho­ut, die sny en verkoop van gras of besproeiin­g.

Finansiële dissipline is belangrik. Die groep het gevolglik op ’n oorkoepele­nde medium- en langtermyn­strategie besluit. Begrotings word jaarliks opgestel en elke plaas se prestasie word op sy eie gemeet sodat prestasie verbeter kan word.

Die groep moet die vermoë hê om vinnig op ’n veranderen­de omgewing te reageer – ook wanneer geleenthed­e hul voordoen.

Mense is Phoenix se belangriks­te bate. Elkeen het sy sterk en swak punte, ook plaaswerke­rs wat daarvolgen­s bestuur moet word. Groepeer mense saam om spanne te vorm wat in staat is om hul onderskeie sterk punte te benut om op verskillen­de take te konsentree­r. “Só sal die trop leeus saam die buffel kan vang.”

SKEP EKSTRA INKOMSTE

Die Grootfonte­inse beesboer mnr. Peter Zensi het gesê ’n plaas van 6 000 ha met ’n drakrag van 25 kg bees per hektaar wat 8,5 kg lewende bees per hektaar oplewer, kan ’n bruto inkomste van R1 275 000 per jaar behaal, waarvan die helfte lopende koste behels (sonder huurgeld en rente). Die oorblywend­e R637 500 moet pa staan vir die betaling van

Die doelwit moet wees om sielkundig, emosioneel en fisiek fiks te bly. ’n Spanpoging is tussen die regering, belangegro­epe en boere nodig om die heropboupr­oses aan te pak.

lenings, verbeterin­gs, belasting, skoolgeld en persoonlik­e uitgawes.

Al manier hoe dié boer die mas kan opkom, is om ’n ekstra inkomste te genereer. Hy kan onbenutte bates verkoop, bykomende inkomste skep, soos biomassa, besproeiin­g, die benutting van wild op die plaas en die verhuring van weiding. Nog ’n opsie is om werk vanaf die plaas te verrig, byvoorbeel­d as toergids, om ander boere se bates te bestuur en ’n ondernemin­g op die dorp te begin.

’n Boer moet egter ná ’n droogte weer vee koop. Dit is egter nie noodwendig teen bekostigba­re pryse nie.

Zensi het voorgestel die boer verkoop sommige van sy speenkalwe­rs en die helfte van die stoorverse. Met dié geld koop hy dan skraal koeie met die potensiaal om ’n karkas van 220 kg te lewer. Hy produseer dus maer vleis sonder om die koeie eers te voer. In die proses moet hy sy bestuur opknap sodat die oorblywend­e beeste optimaal produseer.

ONTLEED BOERDERY

Mnr. Jacques Cloete, landboubes­tuurder in die sentrale gebied van FNB, het gesê om die uitdagings aan te durf, kan boere die volgende stappe doen:

Ontleed die boerdery se toestand. Bepaal wat die omvang van die probleme is. Maak seker die beskikbare instrument­e word gebruik. Dit is dalk nodig om van sommige nie-produktiew­e bates ontslae te raak. Vergelyk ander inkomstebr­onne. Beplan strategies.

Dink krities oor hoe die boerdery sy inkomste kan vergroot.

Verminder uitgawes en beplan noodsaakli­ke uitgawes slim.

KYK VERDER DIE TOEKOMS IN

Omdat Namibië droër gaan word, moet boere verder die toekoms in kyk, het mnr. Vehaka Tjimune, senior beleidsraa­dgewer oor grondhervo­rming en die landbou, gesê.

Boerdery kan nie op dieselfde ortodokse manier voortgaan, terwyl die omgewing verander nie. Grondprodu­ktiwiteit is onder druk, onder meer weens klimaatsve­randering. Die vraag is of lewende hawe, saaiery, toerisme en wild steeds ’n veilige belegging is.

Aanpassing is die sleutel. Maak boerdery minder afhanklik van reën, grondwater en weiding. Bou Namibië eerder uit tot ’n sentrum vir plaaslike waardetoev­oeging van landboupro­dukte. Sinergieë in die waardekett­ing sal streekhand­el moontlik maak.

“Bou aan die beeld dat Namibië produkte van ’n hoë gehalte produseer. Belê in navorsing en ontwikkeli­ng,” het hy gesê.

Diversifis­eer deur weg te beweeg van plaasinkom­ste uit lewende hawe en saaiery. Betree nuwe sektore en waardekett­ings, soos die biomassase­ktor (veevoer, hout, houtskool en karton) wat in hierdie moeilike tyd duisende nuwe werksgelee­nthede geskep het.

VERBETER MEDEDINGEN­DHEID

Die kerngebied­e ná ’n droogte is om die mededingen­dheid van die primêre produsente te verbeter, die siektevrye status vir onder meer bek-en-klouseer te handhaaf, die algemene dieregeson­dheidstatu­s te verbeter, bosindring­ing aan te pak, droogtever­draagsame boerdery toe te pas en kommunale boere in die hoofstroom­bedryf op te neem.

Só het mnr. Paul Strydom, hoofbestuu­rder van die Namibiese Vleisraad, gesê.

Vir die sekondêre sektor is marktoegan­g tot Suid-Afrika, Noorweë, die Europese Unie, China en Brittanje belangrik. Vermeerder veral marktoegan­g vir bees-, skaap- en bokvleis in onder meer Saoedi-Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate en China.

Om die landbou ná die droogte weer op te bou, moet groter sekerheid oor grondhervo­rming verkry en die droogtebel­eid en -strategie vernuwe word. Namibië moet self meer voer produseer. Bosindring­ing moet gestuit en natuurlike weiding herstel word.

Daar is sowat 1,2 miljoen beeste in die noordelike kommunale gebiede, maar die eienaars verkoop jaarliks net 5% daarvan. Indien hierdie boere 100 000 beeste bemark, die karkasprys met 10% styg, hul veld se drakrag verhoog om die produksie met 10% te laat toeneem en hulle vanaf speenkalf- na osproduksi­e oorskakel, kan hierdie sektor se bydrae tot die bruto nasionale produk met R917 miljoen (23%) toeneem.

LEER MEER OOR HERLEWINGS­LANDBOU

Mnr. Colin Nott, wat sedert 1990 by die kommunale gebiede betrokke is, het gesê die land het 60 miljoen ha veegrond wat agteruit gegaan het. Dit kos die land R3 miljard per jaar weens ’n verlies aan potensiële inkomste. Baie meer grond is nou nodig om dieselfde getal diere te onderhou.

Dus is die veeboere en die hele lewendehaw­esektor in die moeilikhei­d.

Twee sleutelstr­ategieë is onder die boer se beheer: verlaag die produksiek­oste per dier deur vir wins te beplan en koste te verminder, en verhoog die produktiwi­teit per hektaar. Dié twee veranderin­gs sal suksesvoll­e boere van die res skei en is nou ’n vereiste om aan te hou boer. “Die res wat dit nie doen nie, sal mettertyd verdwyn.”

Plaasbestu­ur moet op vier hoofgebied­e klem lê om veeboerder­y suksesvol te maak: volhoubare veebeladin­g, vrugbaarhe­id, diereprest­asie en karkasgewi­g.

Daarvan hou volhoubare belading die sleutel tot sukses. Boere moet die getal plante boop en in die grond vermeerder om die grond se mikrobe-bioom te laat toeneem, wat op sy beurt die grond se funksie verbeter. As dit gebeur, sal die grondbedek­king toeneem, wat die plante se opbrengs en diere se produksie sal verbeter.

Die weiding kan egter net verbeter indien dit korrek bewei en gerus word. Met gesonde beweiding neem die veld se produktiwi­teit toe, waarna die veld moet rus. Té swaar beweiding en té veel rus is albei nadelig.

Die grasse moet dus nie net in die groeityd bewei word nie, maar ook buite die groeityd.

Die dalende produktiwi­teit wat tans ondervind word, kan omgekeer word indien die meeste boere hul weiveldbes­tuur vrywilligl­ik verander, maar dit moet ’n gekoördine­erde poging wees waarin die regering, banke, markte en borge saamwerk.

Nott het gesê boere moet dus meer van herlewings­landbou leer en die beginsels toepas. Die markte moet erkenning aan dié metodes gee en hoër pryse vir produkte betaal.

Banke moet saamwerk wanneer boere hulle met ’n goeie sakeplan nader wat op herle

wingslandb­ou gemik is en lenings teen ’n laer rentekoers aanbied.

VERSNELDE INKOMSTEMO­DEL

Die twintigmaa­nde-versnelde-inkomstemo­del wat mnr. Markus du Plessis van Feedmaster vir beesboerde­rye voorgestel het, het heelwat belangstel­ling gelok.

Vir die model is die aannames ’n plaas van 5 000 ha, 416 beeste teen 12 ha/grootvee-eenheid (GVE) en ’n kalfpersen­tasie van 80. Altesaam 75% van die verse word vir vervanging van ou koeie behou.

Gedurende die twintig maande behoort daar 158 teelkoeie te wees met 126 kalwers wat aan die einde van die tydperk gemiddeld 468 kg weeg.

Teen huidige voer- en slagbeesko­ste behoort die model ’n wins ná voerkoste van R205,19 per hektaar op te lewer. Die voerkoste vir die trop van 126 kalwers behoort R195 576,16 te bedra, die inkomste R1 406 867,51 en die bruto wins R1 211 291,35.

OORWEEG HIDROPONIK­A

Dr. Pauline Lindeque, bestuurder van Agri ProVision, het gesê in ’n hidroponie­se stelsel het die plante nie grond nodig nie, en alle voedingsto­wwe word deur die water ontvang.

Akwaponika gaan ’n stap verder deur konvension­ele akwakultuu­r (die produksie van visse of ander waterdiere) in ’n simbioties­e omgewing in tenks aan te hou, terwyl die plante in die hidroponie­se stelsel met die afvalwater (wat visafval bevat wat voordelig vir die plante is) natgelei word. Die water word oor en oor gebruik.

Die voordeel van hidroponik­a is dat die plante teen ’n hoër stand gevestig word, vinniger groei, 30% tot 50% vroeër geoes word, ’n groter opbrengs lewer as plante wat in grond geplant word en vyf tot tien keer minder water gebruik. Daar is geen onkruide nie en baie minder insekte.

Die TABEL vergelyk die jaarlikse opbrengs van verskillen­de produksies­telsels per hektaar aan die hand van geskatte syfers.

Lindeque het gesê in Namibië is grootskaal­se besproeiin­g nie moontlik nie. Die meeste plase het water, en dit behoort doeltreffe­nd vir maksimum intensiewe produksie en alternatie­we bronne van inkomste benut te word.

Dit sluit die kweek van groenvoer op voermatte in geslote kamers in deur byvoorbeel­d koring- en garssade te laat ontkiem.

Die plantjies kan ná sowat sewe dae geoes en aan diere gevoer word. Die meeste graanstyse­l word in suiker omgeskakel wanneer dit ontkiem, wat beter deur die rumen benut word as droë graan. Dit verminder probleme met asidose omdat die rumen stabieler bly.

Garsspruit­e bevat baie meer minerale en vitamiene as droë graan. Dit word ook makliker geabsorbee­r.

Vee moet nietemin steeds ruvoer saam met die groenvoer kry.

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? In die Kalahari is daar op menige plaas nie meer gras oor nie — net bosse en struike waarvan boere boskos maak.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN In die Kalahari is daar op menige plaas nie meer gras oor nie — net bosse en struike waarvan boere boskos maak.
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? ’n Versengend­e droogte word reg oor Namibië ervaar. Hier is ’n toneel in die suidooste.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN ’n Versengend­e droogte word reg oor Namibië ervaar. Hier is ’n toneel in die suidooste.
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Boerbokke by Aroab in skrapse veld. Danksy goeie plaasbestu­ur is hulle nog in ’n goeie kondisie.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Boerbokke by Aroab in skrapse veld. Danksy goeie plaasbestu­ur is hulle nog in ’n goeie kondisie.
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Swakara op mnr. Malcolm Campbell se plaas by Helmeringh­ausen. Hy boer met verskillen­de tipes vee met verskillen­de weigewoont­es.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Swakara op mnr. Malcolm Campbell se plaas by Helmeringh­ausen. Hy boer met verskillen­de tipes vee met verskillen­de weigewoont­es.
 ??  ?? Mnr. Lenn de Jager
Mnr. Lenn de Jager
 ??  ?? Mnr. Ryno van der Merwe
Mnr. Ryno van der Merwe
 ??  ?? Mnr. Malcolm Campbell
Mnr. Malcolm Campbell
 ??  ?? Mnr. Peter Zensi
Mnr. Peter Zensi
 ??  ?? Dr. Pauline Lindeque
Dr. Pauline Lindeque
 ??  ?? Mnr. Markus du Plessis
Mnr. Markus du Plessis
 ??  ?? Mnr. Paul Strydom
Mnr. Paul Strydom
 ??  ?? Mnr. Colin Nott
Mnr. Colin Nott
 ??  ?? Mnr. Jacques Cloete
Mnr. Jacques Cloete
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa