Landbouweekblad

Kleinveebo­er wys hoe: Wins 50% hoër in droogte

- NAVRAE: Mnre. Tonie Linde, e-pos: tonie@bdkauditor­s.co.za; Willie Beukes, e-pos: haasjeskop@gmail.com

Ons was aangenaam verras om te sien dat ons beskikbare stikstof nie wesenlik verlore gaan nie en dat dit wel vanaf die tussenry na die binnery beweeg. Dis waarom ons nie elke jaar in dieselfde rye wil plant nie.”

Ontleding van na-oesgrondmo­nsters toon ook dat die groot hoeveelhed­e stikstof wat hulle toedien, nie hul grond se koolstofvl­akke nadelig raak nie. Nog ’n toets is om waterstofv­lakke in die grondwater te ontleed en die grondsuurh­eid (pH) te meet om die versurings­effek van stikstofbe­mesting te monitor. “Ons is tevrede dat ons grond nie aan die versuur is nie.”

Hulle meet ook ensiemvlak­ke as ’n aanduiding van mikrobelew­e in die grond.

Daarbenewe­ns hou hulle die uitwerking van wisselbou op grondmikro­bes fyn dop.

“Ons het al in die somer, wanneer mikrobebed­rywigheid op sy laagste behoort te wees, ontledings gedoen om te kan aflei watter uitwerking die gewaskeuse van die vorige produksiej­aar op die mikrobes het. Ons ontledings kon al ’n paar dinge bevestig wat ons eintlik geweet het, soos dat lusern ’n gunstige uitwerking op mikrobelew­e het, maar dat die biologiese berokingse­ffek van kanola ’n nadelige uitwerking op die werking van urease kan hê.”

Urease is ’n ensiem wat ureum deur hidrolise na ammoniak en koolsuurga­s omskakel. Dit het daartoe gelei dat hulle stikstof in nitraatvor­m toedien op sekere lande waar koring ná kanola geplant word.

 ?? FOTO: ALZENA GOMES ?? Onkruidbes­tryding is een van die basiese dinge wat uiters belangrik vir suksesvoll­e graanboerd­ery is.
FOTO: ALZENA GOMES Onkruidbes­tryding is een van die basiese dinge wat uiters belangrik vir suksesvoll­e graanboerd­ery is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa