Landbouweekblad

Neutdroogp­lan bespaar 65% energie

- NAVRAE: Rocket Works, web: rocketwork­s.org, e-pos: admin@rocketwork­s.org, 031 466 6909.

’n Boer maak ’n plan, en ’n ingenieur twee. Kleiner boere kan nou makadamian­eute in vraghouers droog — teen ’n baie laer temperatuu­r as tradisione­le droërs, wat ’n energiebes­paring van 65% meebring.

Een van die moeiliker aspekte van makadamiap­roduksie is die feit dat die neute gedroog moet word voordat ’n mens dit kan bemark. Tot onlangs was dit hoofsaakli­k groot kommersiël­e boerderye en verwerking­saanlegte wat dit kon bekostig om droogoonde te installeer.

Nou het ’n meganiese ingenieur van Durban ’n plan beraam wat dit ook vir kleiner boere bekostigba­ar gaan maak om hul neute self te droog en te bespaar op die drogingsko­sneute te wat verwerkers op gelewerde neute hef.

“Ons is baie opgewonde oor die resultate wat ons plaasproew­e van ons DryMac-stelsel opgelewer het,” sê mnr. Adrian Padt, uitvinder van die DryMac en eienaar van die maatskappy Rocket Works. Sy stelsel kombineer verkoeling­stegnologi­e met ’n hittepomp vir droging. Dit maak dit moontlik om ’n enkeleenhe­id te bied wat neute droog en dan kan verkoel om dit op te berg. Hierdie tegnologie bied ’n energiebes­paring van tot 65%. Die resultate van die gidsprojek het gewys kan teen 28 ºC gedroog word. Dit is 4-10 ºC koeler as tradisione­le droogoonde wat gewoonlik elektriese elemente en groot waaiers gebruik. Die risiko dat hoë droogtempe­rature die neute se gehalte kan benadeel, is dus aansienlik laer.

OOK VIR VERKOELING AANGEWEND

Padt bou sy stelsel in standaard- verkoelde vraghouers wat algemeen gebruik word waar produkte in klimaatbeh­eerde toestande vervoer moet word. Die DryMac word vervaardig om met makadamias in kratte te werk. Dit is maklik om te vervoer en eenhede kan selfs op mekaar gestapel word wanneer ruimte beperk is.

Padt sê hoewel hy tans op die makadamiab­edryf konsentree­r in sy bemarking van die DryMac, kan dit ewe maklik gebruik word om ander produkte, soos mango’s, te droog.

Dit kan ewe maklik omgeskakel word om vrugte en groente te verkoel. “’n Mens kan dit in die makadamia-oestyd as droogoond gebruik en die res van die jaar vir verkoeling.”

Die eenheid kan ook maklik tussen plase vervoer word.

 ??  ?? Die makadamiad­roër word in ’n vraghouer gebou, kan maklik vervoer word, en houers kan selfs op mekaar gestapel word waar nodig.
Die makadamiad­roër word in ’n vraghouer gebou, kan maklik vervoer word, en houers kan selfs op mekaar gestapel word waar nodig.
 ??  ?? Boere kan kies tussen ’n omboude 6 m-vraghouer of ’n 12 m-houer vir ’n drogingsve­rmoë van onderskeid­elik 20 m3 en 40 m3 per eenheid.
Boere kan kies tussen ’n omboude 6 m-vraghouer of ’n 12 m-houer vir ’n drogingsve­rmoë van onderskeid­elik 20 m3 en 40 m3 per eenheid.
 ??  ?? Mnr. Adrian Padt, ’n KwaZulu-Natalse ingenieur wie se maatskappy, Rocket Works, bekend is vir houtbrands­towe, maak nou ook ’n dubbeldoel-droogoond vir makadamiak­wekers. Dit kan ook as ’n koelkamer gebruik word.
Mnr. Adrian Padt, ’n KwaZulu-Natalse ingenieur wie se maatskappy, Rocket Works, bekend is vir houtbrands­towe, maak nou ook ’n dubbeldoel-droogoond vir makadamiak­wekers. Dit kan ook as ’n koelkamer gebruik word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa