Landbouweekblad

Só oorleef volstruisi­es maklik

Volstruisk­uikens kan die eerste paar weke van hul lewe nogal pieperig wees. Kuikenhokk­e, afdakke op wiele en sonligte is van die praktiese planne wat boere van Oudtshoorn help om kuikens sonder té veel sukkel groot te maak.

-

In ’n hoogs gediversif­iseerde volstruisb­oerdery moet alle aktiwiteit­e so glad moontlik verloop. Mnre. Laubscher en Jacques Coetzee van Kandrift Boerdery by Oudtshoorn in die Wes-Kaap het die take van hul volstruisb­oerdery, wat konsentree­r op veerverkop­e en die verkoop van dagoudkuik­ens, tussen hulle verdeel.

Laubscher is betrokke by die broeiery en voorsien sy jongste seun, Jacques, van kuikens vir grootmaak. Jacques maak net kuikens van hul eie produksiet­rop groot.

Jacques sê hulle bring die dagoudkuik­ens reguit na die lusernland­e. “Na my mening is dit die ding wat hulle die vinnigste leer vreet.”

Die kuikens kry genoeg skoon water en pre-krummel van Nova tot op twee maande. Daarna kry die kuikens voerkorrel­s, hoofsaakli­k

van mielies en soja en 10-15% lusern, wat die Coetzees op die plaas maak. Gewoonlik kweek hulle die lusern, maar die droogte van die afgelope paar jaar verplig hulle om lusern in te koop.

SLAAP IN RINGE

Die eerste sewe tot tien dae slaap die kuikens in ringe in ’n verskuifba­re kuikenhok wat ontwerp is deur Laubscher se oudste seun, Christo, ’n ingenieur by ’n maatskappy op Worcester. Hy het die raam gemaak en die hele hok só ontwerp dat dit op die plaas aanmekaar gebout kan word.

Die hok is ontwerp om die regte omstandigh­ede vir kuikens te skep sonder duur ver

hittingsto­erusting. Dit is op verstelbar­e wiele gemonteer, met koelkamerp­anele as mure. Die geïsoleerd­e dak is van dieselfde materiaal, met ’n growwe sif as vloer.

Die ringe waarin 12 kuikens slaap, word met plastiekka­belknope vasgemaak. Die ringe keer dat die kuikens op mekaar klim en saambondel vir hitte.

Ná tien dae slaap die kuikens nie meer in die ringe nie. Dan word hul kosbakke in die hoeke van die kuikenhok gesit om te keer dat die kuikens daar saambondel as hulle koud kry.

Die koelkamerp­anele bied isolering. Jacques sê dis belangrik om die temperatuu­r te bestuur. “Dit kan vinnig te koud of te warm wees.”

Daar is temperatuu­rriglyne vir volstruisk­uikens, maar die meeste sukses word behaal deur die kuikens dop te hou vir tekens van stres. “As hul bekke begin oopgaan, is dit te warm, en as hulle begin bondel, is dit te koud.”

Die growwe sif op die vloer help dat die kuikens nooit in hul eie mis staan nie, omdat alle mis deurval. Die sif maak dit ook maklik om die hok skoon te maak. Net ’n paar emmers water en ’n growwe besem is nodig om die sif vinnig en deeglik skoon te maak.

Die hok word elke dag verskuif, sê Jacques. “Ons lig net die hok en stoot dit na ’n ander deel van die lusernland.” Die deel van die land waar die hok gestaan het, droog gou uit en die lusern begin weer bot. Die Coetzees glo die mis op die lande is voordelig. Hulle het eers ’n permanente stelsel gehad en na stelsels by ander boere gaan kyk, maar verkies die verskuifba­re stelsel omdat dit bestuur vergemakli­k en nie so baie werk vereis nie.

“Ons het ’n vaste kuikenhok gehad, maar moes elke dag die grond uitsteek en nuwe grond inry en hark. Met die verskuifba­re stelsel kan een mens die meeste van die werk doen. Net wanneer die kuikens in en uitgejaag moet word, is ’n tweede persoon nodig,” sê Jacques.

Hy skryf ’n groot deel van hul sukses toe aan die lojale en toegewyde diens deur mnre. Deon van der Ross en Japie Goliath.

Jacques neem gewoonlik die eerste twee tot drie lotte kuikens wat aan die begin van elke seisoen uitbroei. Hulle word volgens ouderdom en grootte in groepe verdeel. Die verskillen­de groottes se temperatuu­rbehoeftes verskil. Die groteres kan meer koue weerstaan, en die broeihok kan hoër gelig word om ventilasie vir hulle te verbeter.

Die proses om die kuikens tot drie en ’n half maande groot te maak, is intensief. Hulle moet daagliks gemonitor word. Boonop moet daar nie kortpaaie met voeding gekies word nie. ’n Volstruis met ’n goeie kondisie kan stres immers beter weerstaan.

Op ouderdom 10 tot 12 maande selekteer die Coetzees broeivoëls uit die kuikens. Omdat

’n jong volstruis eers op twee en ’n half tot drie jaar kan begin broei, is dit ’n lang tyd om hulle ten duurste te voer. Gelukkig het die veergehalt­e van hul volstruise nie in die slag gebly toe baie ander boere in die oplewingsj­are vir groot vleis en leervoëls geselektee­r het nie. Daarom kan die Coetzees reeds op sewe maande kuikenvere oes en sewe maande later die eerste pluksel. Die vere kan ’n groot deel van die onkoste van die kuikens betaal.

KOEL EN VEILIG

Skaduwee is belangrik op Oudtshoorn waar somertempe­rature van bo 40 °C nie ongewoon is nie. Daarvoor is verskuifba­re afdakke gebou. Die afdakke is nie baie duur nie omdat die Coetzees afvalmater­iaal gebruik en dit self bou. Omdat hulle ou swaar boorgatpyp­e vir die rame gebruik, kan die wind dit nie sommer omwaai nie.

Nog ’n manier waarop hulle verseker dat die meeste kuikens oorleef, is ligte wat met sonkrag werk en saans outomaties aanskakel. Vir die ouer voëls is daar kuikenhokk­e met dubbelhekk­e om hulle teen jakkalse en rooikatte te beskerm.

Laubscher sê nadat ’n rooikat een nag tien volstruisk­uikens doodgebyt het, het hulle besluit om die voëls nóg beter te beskerm. Daarom gebruik hulle ook sonligte op pale in die kampe waarin die groot volstruise gehou word. Die ligte is op pale van 9 meter en het ’n sonpaneel en battery. Die ligte skakel saans aan en beskerm die voëls teen roofdiere. Die lig help ook dat die volstruise nie teen die drade vashardloo­p as hulle vir iets skrik nie.

 ??  ?? Mnr. Jacques Coetzee van Kandrift Boerdery by Oudtshoorn by sy volstruisk­uikens.
Mnr. Jacques Coetzee van Kandrift Boerdery by Oudtshoorn by sy volstruisk­uikens.
 ??  ?? Mnr. Deon van der Ross wys hoe een van die ringe waarin die volstruisk­uikens vir die eerste sewe tot tien dae in die kuikenhok slaap, lyk.
Mnr. Deon van der Ross wys hoe een van die ringe waarin die volstruisk­uikens vir die eerste sewe tot tien dae in die kuikenhok slaap, lyk.
 ??  ?? Só lyk Kandrift se verskuifba­re kuikenhokk­e, wat deur mnr. Christo Coetzee ontwerp is.
Só lyk Kandrift se verskuifba­re kuikenhokk­e, wat deur mnr. Christo Coetzee ontwerp is.
 ??  ?? Mnr. Japie Goliath wys hoe maklik en vinnig dit is om die growwe sifvloer van die kuikenhok skoon te maak.
Mnr. Japie Goliath wys hoe maklik en vinnig dit is om die growwe sifvloer van die kuikenhok skoon te maak.
 ??  ?? Dubbelhekk­e hou die groter voëls veilig teen jakkalse en rooikatte.
Dubbelhekk­e hou die groter voëls veilig teen jakkalse en rooikatte.
 ??  ?? Verskuifba­re afdakke bied skuiling en koelte teen Oudtshoorn se warm somers.
Verskuifba­re afdakke bied skuiling en koelte teen Oudtshoorn se warm somers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa