Landbouweekblad

Vrae oor resultate van R3,6 miljard vir opleiding

- — JOYLENE VAN WYK

DIE departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng weet nie hoeveel jeugdiges wat deur sy Narysecpro­gram vaardighei­dsopleidin­g ontvang het, die arbeidsmag betree het nie.

Altesaam R3,6 miljard is aan die program bestee sedert dit in 2010 begin is om matrikulan­te van 18-25 jaar oud in landelike gebiede 24 maande lank op te lei. Dit was deel van die regering se transforma­siestrateg­ie vir die landelike ekonomie.

Departemen­tele rekords toon altesaam 22 341 jeugdiges in alle provinsies het van 1 September 2010 tot 30 April 2018 aan die program deelgeneem.

Nadat miljarde rande daarop bestee is en omdat die departemen­t geen idee het hoeveel van die jeugdiges werk gevind het nie, het die departemen­t besluit om die program te “herfokus”.

Mnr. Nasele Mehlomakul­u, adjunkdire­kteur-generaal van die departemen­t verantwoor­delik vir die Narysec-program, het aan die parlement se portefeulj­ekomitee vir landbou, landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming verslag gedoen. Hy het gesê die program sal nou daarop konsentree­r om jeugdiges te werf vir “indiensnem­ing en entreprene­urskap” en nie vir meer vaardighei­dsontwikke­ling nie.

Hy het gesê dat jeugdiges duidelik “geïdentifi­seer en bevestig” moet wees voordat hulle gewerf word om aan die program deel te neem. Kort, praktiese vaardighei­dsopleidin­g sal aan die jeugdiges gegee word sodat hulle die werk kan doen.

Die program moet ook in pas gebring word met die nuwe distrikson­twikkeling­smodel wat pres. Cyril Ramaphosa aangekondi­g het.

Mehlomakul­u het gesê 1 360 kadette is landwyd besig met opleiding. Altesaam 2 361 wat die program voltooi het, wag nog om hul sertifikat­e te ontvang, terwyl 11 595 die program voltooi het én in besit is van hul sertifikat­e.

Die bedrywe waarin die kadette opleiding kry, is die landbou, bosbou, visserye, finansies, eiendom en sakedienst­e, die boubedryf en ingenieurs­wese, energie en water, onderwys en opleiding, gesondheid, veiligheid en sekuriteit, gasvryheid, toerisme, vervaardig­ing, inligtings­tegnologie en media, asook vervoer, verpakking en kommunikas­ie.

KOMITEE WOEDEND

Me. Kathleen Mahlatsi, ANC-LP, het gesê die departemen­t kon met die R3,6 miljard sowat 650 plase gekoop het teen R6 miljoen elk – 72 plase per provinsie.

Me. Tammy Breedt, die VF Plus se hoofwoordv­oerder vir landbou en grondhervo­rming, het gesê sy is bevrees die aangepaste program sal – soos baie ander programme waarvan die naam elke keer verander word – geen verskil op grondvlak maak nie.

Sy meen die jeugdiges moet eerder as voorligtin­gsbeamptes opgelei word. Dié opleiding moet gekoppel word aan ’n verpligte indiensnem­ingstydper­k by die staat.

Me. Annette Steyn, die DA se skaduminis­ter vir landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, wou weet hoeveel kadette ná die opleiding werk gevind het en hoe die departemen­t die behuisings­toelae van R2 180 per maand monitor wat die kadette ontvang. Weens omstandigh­ede kan hulle selfs onder ’n bos bly en die geld elders aanwend.

Mehlomakul­u het kleigetrap om die vrae te beantwoord. Hy het gesê die besluit om die program te herontwerp het gevolg nadat ’n studie van die Navorsings­raad vir Menslike Wetenskapp­e leemtes uitgewys het, wat hulle wil regstel. Die departemen­t sal skriftelik antwoord oor hoeveel kadette werk gevind het

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa