Landbouweekblad

Landbou-uitvoer bly groei, dog sekere invoer pla

Om uitvoer te bevorder, is een van die take van die departemen­t van landbou. Meer kan egter gedoen word om die plaaslike landbou teen onbillike invoer te beskerm en om te help met buitelands­e markte.

-

Oop grense is iets waarmee die Suid-Afrikaanse landbou moet saamleef. Vir die meeste bedrywe is daar betreklik min invoerbesk­erming, terwyl daar bitter min ondersteun­ing vir uitvoer is. Suid-Afrika is saam met Australië en Nieu-Seeland een van die lande waar die kommersiël­e landbousek­tor van die minste staatsonde­rsteuning kry. Die dilemma is dat Suid-Afrika moet meeding met produkte van ander lande wat grootskaal­se ondersteun­ing kry – ook ten opsigte van hul uitvoer, wat gesubsidie­er en in Suid-Afrika gestort word.

Landbouhan­del (in- en uitvoer) was gelykstaan­de aan sowat 65% van die waarde van die Suid-Afrikaanse landboupro­duksie in die boekjaar 2018-’19. Die landbou is baie blootgeste­l aan internasio­nale markkragte. Dié verhouding het die afgelope 20 jaar heelwat gegroei sedert landboubem­arking en handel gederegule­er is.

Die jongste syfers van die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng toon dat landbou-invoer in 2018-’19 sowat R75,8 miljard was (’n styging van 0,5% teenoor die vorige jaar). Die waarde van die uitvoer van landboupro­dukte was R104,6 miljard (’n styging van 4,6% teenoor die vorige jaar). Die landbou se totale produksiew­aarde in 2018-’19 was R277 miljard. Dit beteken dat uitvoer sowat 38% van die

landbou se bruto produksiew­aarde uitmaak.

Dit is daarom uiters belangrik dat uitvoer bevorder en beskerm moet word. Uitbreking­s van siektes, soos bek-en-klouseer, kan nie bekostig word nie. Die uitbreking begin vanjaar het die vleisbedry­f volgens navorsing etlike miljarde rande gekos. Nogtans sleep die staat voete met die taak om doeltreffe­nde siektebeka­mping in Suid-Afrika toe te pas. Soos baie ander staatsfunk­sies wek die gehalte van die diens groot kommer omdat dit tot groot ekonomiese skade kan lei.

VERLOOP VAN INVOER

GRAFIEK 1 toon die verloop van landbou-uitvoer en -invoer die afgelope tien jaar. Dit is duidelik dat uitvoer die afgelope paar jaar veel vinniger begin groei het namate boere begin diversifis­eer na hoërwaarde­produkte wat uitgevoer kan word. Sodoende probeer hulle hulself verskans teen ’n voortduren­d verswakken­de wisselkoer­s en ’n verswakken­de plaaslike mark. Onthou, die wisselkoer­s beïnvloed in- en uitvoer ewe veel. Die grafiek se invoersyfe­r sluit nie landbou-insette in nie – net landboupro­dukte.

Dit is een van die departemen­t van landbou en van handel, nywerheid en mededingin­g se take om uitvoer te help bevorder en om te probeer om nuwe handelsoor­eenkomste te sluit sodat plaaslike bedrywe makliker kan uitvoer. Tydens die Zuma-administra­sie het dié taak baie min aandag gekry, maar die nuwe ministers in bogenoemde twee portefeulj­es doen skynbaar meer moeite om uitvoer te bevorder. Dit is ’n belangrike deel van die landbou-inkomste en lewer ’n groot bydrae in streeksver­band om werk en inkomste te skep.

Die vyf grootste in- en uitvoerpro­dukte in 2018-’19 word in die TABEL getoon. By invoer het die departemen­t alle vleis saamgegroe­peer, maar dit is meestal hoendervle­is, varkribbet­jies, fabrieksgr­aad-beesvleis en verwerkte vleis wat ingevoer word. Dit is ’n allemintig­e R6,6 miljard wat die land uitvloei.

Ingevoerde rys ding regstreeks met witmieliem­eel, aartappels en selfs brood mee. Suid-Afrika verbou egter nie rys op noemenswaa­rdige skaal nie. Die groei in rysinvoer is te wyte aan verstedeli­king en beter lewenstand­aarde. Veral die invoer van voorafgeko­okte rys groei sterk, want die armer verbruiker het

minder energie nodig om dit gaar te kry.

Koringinvo­er bly hoog ten spyte van ’n stelsel wat die invoertari­ef aanpas na gelang van die internasio­nale prys. Die tarief is tans digby R1 000/t. Baie van die ingevoerde koring kom uit die voormalige Sowjet-republieke. Ten spyte van die invoertari­ef is die prys steeds baie mededingen­d. Die verwagting is dat Suid-Afrika in 2020 meer as 50% van sy benodigde koring gaan invoer weens swakker oeste as gevolg van swak weertoesta­nde.

Suid-Afrika voer heelwat kookolie, veral palmolie, asook heelwat soja- en kanola-olie in. Daar word – soos met hoendervle­is – tereg geredeneer met die regte staatsonde­rsteuning kan invoervoer­vervanging by kookolie op groot skaal plaasvind.

UITVOER GROEI STERK

Uitvoer het sterk gegroei in die afgelope tien jaar. Die TABEL toon die vyf belangriks­te uitvoerbed­rywe

en -produkte. GRAFIEK 2 toon die tien grootste uitvoerbed­rywe, asook hul groei in die afgelope tien jaar.

Daar was veral sterk groei in die sitrusbedr­yf, iets wat in die volgende paar jaar kan voortduur, mits daar dringend in hawe- en vervoerinf­rastruktuu­r belê word.

Die uitvoer van wyn en tafeldruiw­e bly belangrik, maar dit groei stadig. Dieselfde geld die sagtevrugt­ebedryf.

Suikeruitv­oer groei nie veel nie. Inteendeel, die bedryf is op die agtervoet. Daar word met die departemen­t van handel en nywerheid onderhande­l om die bestaande suikerbele­id en -bemarkings­reëlings aan te pas.

Die wolbedryf het die afgelope jare sterk gegroei, maar dit was grootliks danksy goeie pryse. Die neutbedryf is ook een wat baie sterk groei. Die verwagting is dat produksie en uitvoer aansienlik gaan uitbrei.

VLEISBEDRY­F

Die plaaslike produksie van vleis het die afgelope jare sterk gegroei. Die uitvoermar­k vir rooivleis het ook beduidend uitgebrei. Veral beesvleisu­itvoer het skerp gestyg danksy die voerkraalb­edryf wat na die Midde-Ooste, Afrika en onlangs ook China begin uitvoer het.

Die afgelope drie jaar is beesvleis ter waarde van R1,6 miljard per jaar uitgevoer ( GRAFIEK 3 ) Dit stut die mark en help om billike speenkalfp­ryse te verseker. Die uitvoer van lewende skape het onlangs begin.

Die uitbreking van siektes, soos bek-en-klouseer, veroorsaak groot skade. Die jongste uitbre

king en die verwagte verbod op die uitvoer van vleis na sekere lande kan weer ’n ongunstige uitwerking hê as die vleis op die plaaslike mark verkoop moet word.

Die ander doring in die vlees bly die groot volumes hoendervle­is wat ingevoer word – meestal teen pryse wat laer is as die produksiek­oste in die lande van oorsprong. Daar is verskeie vlakke van invoertari­ewe en teenstorti­ngstariewe ingestel, maar die SA Pluimveeve­reniging is byna heeltyds besig om die staat te probeer oorreed om hom te ondersteun.

GRAFIEK 4 toon die groei in hoendervle­isinvoer. In 2018 is 566 000 ton hoendervle­is van meer as R6 miljard ingevoer. Dit vervang ook meer as ’n miljoen ton veevoer op die plaaslike mark. Al hierdie hoendervle­is kon plaaslik geprodusee­r gewees het as die staat ’n behoorlike invoerbele­id gehad het wat plaaslike bedrywe steun. Hopelik bring die bedryf se nuwe groeiplan uitkoms.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa