Landbouweekblad

’n Vaardighei­d vir Kersfees

Wat gaan jy vir jou kinders onder die Kersboom sit? Speelgoed en sporttoeru­sting wat kortstondi­g vreugde verskaf en dan stof opgaar? Maak vir hulle ’n bankrekeni­ng oop en bemagtig hulle vir die res van hul lewens.

- NAVRAE: E-pos: Ronald.King@psg.co.za

Verlede jaar het ons gesin ál ons Kersgesken­ke deur ’n internetve­rskaffer gekoop en, soos sy naam aandui, het hy ’n klomp van ons geld gevat. Ek moet sê die koerier se aflewering van die aankope het byna meer opwinding veroorsaak as die oopmaak van die geskenke op Oukersaand. Maar nou, byna ’n jaar later, het ek besef hoe min van die geskenke nog gebruik word.

Die duur hardloopsk­oene is twee maande lank gebruik voordat die oefenfase ’n stille dood gesterf het. Nou lê die skoene vergete in ’n kas. Ouboet se sonbril is stukkend getrap en kleinsus se geskenke en teddie lê iewers in ’n laai – sy het sedert Januarie nog nie weer daarmee gespeel nie.

Dit laat my wonder of ons werklik die meeste genot vir ons gesin verskaf deur ’n klomp geskenke te koop. Gelukkig het daar in Mei iets gebeur wat my die oplossing vir hierdie Kersfees gegee het.

My dogter het ongeveer R1 000 kontant van Oupa en Ouma en die res van die familie gekry vir haar tiende verjaardag. Ons het besluit om dit saam met die geld in haar spaarvarki­e te neem en ’n spaarreken­ing by ’n bank te open. Sy het ’n bankkaart ontvang en haar eie profiel op my banktoepas­sing. Dit het ’n verstommen­de verskil gemaak.

In die eerste week van elke maand kom vra sy hoeveel rente die bank tot haar rekening toegevoeg het. As sy geld van die tandemuis kry of haar weeklikse sakgeld, hardloop sy dadelik na my toe. Ek kry dan die kontant en word verplig om dadelik geld van my bankrekeni­ng oor te dra na haar rekening. Die opwinding wanneer sy die SMS ontvang wat sê die geld is inbetaal, is wonderlik.

Sy het gou besef daar gebeur twee dinge wanneer sy iets met haar eie geld koop: Sy kry ’n SMS wat sê “haar geld is nou weg”, en aan die einde van die maand is haar rekening nie meer so groot nie. Baie gou het die saldo in haar bankrekeni­ng begin om aan haar ’n baie beter vermoë te gee om die waarde van geld te verstaan. Alles se prys word nou bereken volgens hoeveel daarvan sy met haar banksaldo kan koop. Sy het ook besef dat die waarde wat ander op ’n produk plaas, nie noodwendig dieselfde waarde het as wat sý daarop plaas nie.

Sy het al hierdie vaardighed­e geleer deur ’n bankrekeni­ng oop te maak. (Sy het ook geleer om haar pa te oortuig om namens haar vir dinge te betaal.)

Omdat dit so goed gewerk het, het ons vir haar ’n effektetru­stbeleggin­g oopgemaak. Ons het verduideli­k die fonds belê in maatskappy­e en dat sy dus een van daardie ondernemin­gs se eienaars is. Elke keer as daardie maatskappy­e geld maak, word haar geld meer. Ons het vir haar ’n lys gegee van die toptien maatskappy­e waarin die fonds belê. Die gevolg was dat ek van selfoonver­skaffer én kruidenier­swinkel moes verander! Toe ek onlangs in die hospitaal opgeneem is, wou sy weet hoekom ek nie in “haar” hospitaal bly nie.

As ’n finansiële beplanner is dit elke keer ’n skok as ons met finalejaar-regs- en mediese studente gesels en besef hulle verstaan glad nie hoe geld werk nie. Dit is studente wat binne ’n paar weke begin werk en ’n salaris gaan verdien. Geen wonder nie dat so baie nuwe werknemers reeds binne drie jaar diep in die skuld is.

Deur vir my dogter ’n bankrekeni­ng oop te maak en ’n belegging te gee, het sy nie net die waarde van geld geleer nie, maar ook sake en die ekonomie ’n klein bietjie beter leer verstaan. Hierdie vaardighed­e gaan ’n verskil in haar toekoms maak.

Ek weet wat sy vanjaar vir Kersfees gaan kry. Miskien moet ons almal hierdie Kersfees daarop klem lê om ons kinders ’n bietjie meer geldwys vir die toekoms te maak.

My dogter wou weet hoekom ek nie in ‘haar’ hospitaal bly nie.

Adv. Ronald King is hoof van strategies­e navorsing by PSG.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa