Landbouweekblad

Nuttig en nuut

- NAVRAE: Web: www.ezitrack.co.za; e-pos: info@ezitrack.co.za; 0861 995 057.

Die opsporing en monitering van waardevoll­e voertuie, vee en roerende bates is maklik en bekostigba­ar met die elektronie­se monitering­stoestel EziTrack. Hierdie diens is doeltreffe­nd sodat jy altyd weet waar jou bakkie of trekker is.

Met behulp van ’n EziTrack-tegnikus kan jy die opsporings­eenhede laat installeer of self installeer (bedryfspan­ning 6V-30V). Vir voertuie wat nog onder waarborg is, word geakkredit­eerde installasi­e aanbeveel.

In voertuie word EziTrack-opsporings­toestelle vooraf opgestel om op die nuutste GPS-opsporings­agteware te werk. Die SIMkaart in die toestel gebruik wel data, wat ’n bykomende koste per maand meebring (tipies sowat 100 MB data).

Intydse monitering en daaglikse verslae is beskikbaar om voertuig- en batebestuu­r makliker te maak. Monitering vanaf jou rekenaar, tablet of slimfoon geskied met

EziTrack se rekenaarsa­gteware en slimfoonto­epassing.

Dié GPS-toestel dien as ’n blitsige spoorsnyer en is ’n doeltreffe­nde manier om ’n werktuig wat iewers op

’n land staan, op te spoor, of om die ligging vas te stel van ’n trekker of voertuig wat iewers vasgeval het, in ’n ongeluk was of gesteel is.

Vir bestuurs- en belastingd­oeleindes kan die stelsel ook ’n logboek byhou, en volledige statistiek­e en verslae is beskikbaar.

Pasgemaakt­e opsies vir individue, ondernemin­gs en plase is beskikbaar. Met EziTrack kan jy ook jou diere – vee en troeteldie­re – se ligging intyds en oral ter wêreld besigtig.

Daar is ook ’n opsporings­telsel en noodknoppi­ediens vir persoonlik­e monitering beskikbaar. Dit is ideaal vir kinders of ouer mense wat kwesbaar is, of vir werknemers wat alleen ver moet reis of op verafgeleë plekke werk.

Die aansluitin­gstarief beloop R360. Daarna geld jaarlikse lisensiege­ld (R360) vir elke toestel. Dit gee jou toegang tot die programmat­uur, slimfoonto­epassing (in die Google Play Store of die IOS App Store) en om die daaglikse verslagste­lsel te gebruik.

Die dekking van die opsporings­telsel is gekoppel aan die GSM-netwerkdek­king in die betrokke gebied. As die GSM-dekking te swak is, sal die eenheid data bêre en bywerk sodra die netwerksei­n weer goed is.

Spesifieke kennisgewi­ngs wat beweging buite ’n betrokke gebied aandui, is ook moontlik met die opstel van ’n geografies­e “heining”.

PRYS: R360 per jaar.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa