Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- CHRIS DANNHAUSER

Wat is die beste planter en vestigings­metode vir bloubuffel- en borseltjie­gras?

Albei gewasse moet in ’n ferm, goed voorbereid­e saadbeddin­g geplant word. Ploeg die grond 200 mm tot 300 mm diep in die herfs van die vorige jaar of so vroeg moontlik in die seisoen waarin daar geplant moet word. Kalk, indien nodig, kan dan toegedien en ingeploeg word.

Die grond moet voortduren­d liggies met ’n skottelplo­eg bewerk word om vog te bewaar, onkruid te bestry en ’n bevredigen­de saadbeddin­g voor te berei. Die saadbeddin­g moet teen planttyd fyn, kompak en sonder onkruid wees. Superfosfa­at kan voor die laaste bewerking gestrooi en in die grond ingewerk word om die fosforinho­ud van die grond tot ongeveer 15-20 mg/kg te verhoog.

Ryplanting word sterk aanbeveel en saad moet goed vasgetrap word. Dié metode is raadsaam in gebiede met ’n laer reënval of produksiep­otensiaal. Die afstand tussen die rye kan volgens omgewingst­oestande wissel. In ’n gebied met ’n jaarlikse reënval van 400 mm tot 450 mm kan die spasiëring tot 2 000 mm wees, en by gebiede met 600 mm-reënval of hoër gaandeweg tot 600 mm vernou word.

Vir ryplanting kan ’n mielieplan­ter, die trekkerwie­lmetode of die spesiaal ontwerpte bloubuffel­planter gebruik word. Moenie die saad dieper as 5 mm bedek nie, dit sal ontkieming vertraag en vestiging benadeel.

Die trekkerwie­lmetode word gedoen deur afleipype (plastiekri­oolpype of geut-afleipype) vertikaal voor die agterwiele van ’n trekker (reg in die voorwielsp­oor) te monteer. ’n Persoon op elke moddersker­m strooi die saad deur die pyp, in die voorwielsp­oor. Die agterwiel trap die saad dan stewig vas.

Die afstand tussen die trekker se twee wiele is normaalweg 1,2 m. Nouer rye kan bewerkstel­lig word deur wydsbeen oor die oorspronkl­ike twee rye te beweeg. Daar is ook al heelwat verbeterin­gs op die trekkerwie­lmetode, soos die aanbring van planterbak­kies op die trekker wat deur ’n klein motortjie aangedryf word, om die saad egalig in die spoor te strooi.

In baie gevalle word die trekker gebruik om eers ’n spoor te trap en die saad met die hand daarin te strooi, en dan weer die saad met die trekker vas te trap.

Prof. Chris Dannhauser is ’n onafhankli­ke veld-en-weidingsbe­stuurspesi­alis.

 ?? FOTO: ?? Bloubuffel­sgras is ’n meerjarige polgras wat in die somer groei. LBW-ARGIEF
FOTO: Bloubuffel­sgras is ’n meerjarige polgras wat in die somer groei. LBW-ARGIEF
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa