Landbouweekblad

100 jaar se gemeenskap­sresepte

-

As dit nie vir souttertre­septe was nie, sou vele gemeenskap­sboekies heelwat dunner gewees het. Die vroue het soutterte gemaak met alles wat in hulle is, en met alles in die yskas en die spens. Dit is glad nie ongewoon om resepte te sien met name soos Souttert I, Souttert II of Souttert III nie, en dan is daar nog ’n rits vir korslose soutterte wat omtrent almal identies is. Dink aan die intriges en politiek van so ’n boekie saamstel – wie se resepte laat jy uit sonder om op tone te trap?

Me. Maaike M. Jooste van Boston het soutterte netjies ingeskryf op oop spasies in Beproefde Resepte. Dit is deel van die drie-reeks-boekies wat die sustersver­eniging van die NG kerk Bellville-Oos van 1960 af saamgestel het.

Aartappelk­ors

500 ml warm kapokaarta­ppels ■

55 g botter

10 ml bakpoeier

2 groot eiers, geklits Vulsel

15 g botter

15 ml koekmeel

250 ml warm melk

1 eier, geklits

5 ml sout

15 ml gekapte, vars pietersiel­ie Knippie rooipeper

180 ml gerasperde cheddarkaa­s Keuse van gekapte ham, skyfies weense worsies, soutvleis, ingemaakte aspersiepu­nte, gekapte hardgekook­te eier, gekapte gaar streepspek, gerookte snoek Bolaag

1 eier

125 ml melk

60 ml gerasperde cheddarkaa­s

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n tertbak met ’n deursnee van ongeveer 20 cm.

Aartappelk­ors: Meng die warm aartappels met die botter. Voeg die bakpoeier en geklitste eiers by en meng. Voer die voorbereid­e tertbak met die aartappelm­engsel uit.

Vulsel: Maak ’n witsous: Smelt die botter in ’n kastrol en roer die meel by. Sodra dit effe verbruin, voeg die helfte van die warm melk by, roer wild en wakker tot glad en klontvry. Voeg die res van die melk by en roer tot die sous verdik. Voeg die res van die bestanddel­e by en giet die mengsel in die aartappelk­ors.

Bolaag: Klits die eier en melk goed saam en giet dit oor die vulsel. Strooi die kaas oor en bak 20–30 minute tot gaar.

Lewer 1 middelslag-souttert.

 ??  ?? Resepte en foto’s uit Saam – ’n Eeu van Suid-Afrikaanse gemeenskap­sresepte
deur Errieda du Toit, uitgegee deur Penguin Random House.
Resepte en foto’s uit Saam – ’n Eeu van Suid-Afrikaanse gemeenskap­sresepte deur Errieda du Toit, uitgegee deur Penguin Random House.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa