Landbouweekblad

Glansboek huldig ikoniese Kanonkop-wynplaas

’n Fotoryke koffietafe­lboek oor Kanonkop, die Stellenbos­se wynplaas wat dikwels en heel regmatig as ‘ikonies’ beskryf word, het pas verskyn. Die skrywer, Emile Joubert, beantwoord ’n paar vrae oor die boek.

-

Suid-Afrika het ’n lang geskiedeni­s van wynmaak – die langste van ál die Nuwe Wêreld-wynlande – en hierdie nalatenska­p behoort meer aandag te kry. Kanonkop – the making of a legend wys hoe onlosmaakl­ik deel van die Kaapse geskiedeni­s die lewens van die vooraansta­ande Krige-familie en hul Sauer-voorsate is.

Hul strewe (en sukses) om van die beste wyn ter wêreld te maak, is bewonderen­swaardig. Die landgoed het immers al vier keer die internasio­nale prys vir beste wynmaker ter wêreld gewen en was ook een van die eerste wynmakers wat honderd punwynvers­lag te in Tim Atkin se oor Suid-Afrika behaal het.

JY HET IN DIE 1970’S KANONKOP DIE EERSTE KEER BESOEK, EN DIKWELS DAARNA. WAT MAAK DIÉ LANDGOED SO BESONDERS?

Dit is ’n wynplaas wat aan die wêreld wys dat die Suid-Afrikaanse wynkultuur en die gehalte van die land se wyn aan die bopunt van die wynmark gesien moet word. Vir Kanonkop het alles volmaak byeengekom: Die besonderse grond, klimaat en topografie van die Simonsberg, en Paul Sauer met sy pioniersge­es wat die plaas in 1929 geërf het toe dit wilde, onbewerkte grond was. Hy het ’n visie gehad om te boer en wyn te maak. Die drie wynmakers wat sedert die eerste Kanonkop-handelsmer­k in 1973 op die plaas was, Jan Boland Coetzee, Beyers Truter en Abrie Beeslaar, is geniaal — gebore manne van die grond, wingerd en wyn. Voeg hierby die bemarkings­visie van Johann en Paul Krige, vandag se eienaars, en ál die bokse vir die etiket van “grootheid” en “legende” word getiek.

IS DAAR ’N STAALTJIE UIT DIE FAMILIE SE GESKIEDENI­S WAT UITSTAAN?

Paul Sauer en sy ouers het in die herehuis op Uitkyk, bokant Kanonkop, gewoon. Sy pa, die staatsman JW, het in die huis gewerk toe klein Paul, ’n laaitie op laerskool by Muldersvle­i, die oggend tuis kom. JW vra sy seun waarom hy nie in die skool is nie. Nee, sê die 10 of wat jarige Paul, op pad skool stap hy oor ’n veld, toe jaag ’n bul hom. JW was vertroud met Paul se uitbundigh­eid en kattekwaad, en besluit om saam met hom terug skool toe te stap. Wraggies, toe hulle oor die veld loop, kom daar ’n helse bul aangestorm. Die twee moes die naaste eikeboom vind om te klim.

JY NOEM PAUL SAUER ’N ‘WONDERLIKE GEES EN BOER’. WAT BESKOU JY AS SY BELANGRIKS­TE BYDRAE?

Paul Sauer was in Abraham Izak Perold, mnr. Pinotage, se eerste wingerd-en-wynbouklas.

Kanonkop was een van die eerste plase wat Pinotage geplant het. Toeval? Ek dink nie so nie. Sauer se bydrae as voorstande­r van die wynkultuur en die gebruik van wyn as ’n edel, beskaafde produk was legendarie­s. Hy sou behoorlik gebrom het oor die hogere wyntaal en kwasi-intellektu­ele menings wat vandag oor wyn uitgespree­k word.

HOE KRY HULLE DIT REG OM ’N SUKSESVOLL­E FAMILIE-ONDERNEMIN­G, WAT OOR GENERASIES STREK, TE BEDRYF?

Doelgerigt­heid en dissipline. Ek sien dit met elke besoek. Dit word aangevuur deur Johann en Paul se besef dat hulle die bewaarders van ’n trotse kulturele erfenis is, maar ook die verantwoor­delikheid het om van die beste wyn op aarde te lewer. Praat ek te groot? Wel, Kanonkop het al vier keer die prys gewen vir beste wynmaker ter wêreld – Beyers een keer en Abrie drie keer.

HOEKOM IS DIT BELANGRIK DAT WYNNALATEN­SKAPPE SOOS DIÉ VAN KANONKOP IN DIE KOLLIG GEPLAAS WORD?

Handelsmer­ke met so ’n nalatenska­p het geloofwaar­digheid en persoonlik­heid. Die gehalte van wyn kom eerste, maar beeld is net so belangrik. Familiepla­se met geskiedeni­s en karakter bied ’n verdere dimensie aan dit wat in die bottel is.

HOE HET JAN BOLAND, BEYERS EN ABRIE TOT KANONKOP SE IKONIESE STATUS BYGEDRA?

Al drie is begaafde, briljante wynmakers wat hulself uitdruk deur toewyding tot die terroir en natuur van Kanonkop.

HOE HET JY DIT REGGEKRY OM DIE NAVORSING EN SKRYFWERK VIR DIE BOEK BINNE NET SES MAANDE AF TE HANDEL?

As oudjoernal­is werk jy maar tot die spertyd. Dit het gehelp dat ek oor die jare ál die karakters taamlik goed leer ken het. Kanonkop — the making of a legend deur Emile Joubert kos R495. Dis beskikbaar deur Kanonkop se proelokaal (e-pos: wine@kanonkop.co.za) en enkele takke van Pick n Pay.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? NKS: ’n Luukse koffiefelb­oek oor Kanonkop t onlangs die lig gesien. TO’S: VERSKAF
NDER: Geskiedeni­s en miliebande is onlosaakli­k deel van Kanonop, soos duidelik in die oek na vore kom.
NKS: ’n Luukse koffiefelb­oek oor Kanonkop t onlangs die lig gesien. TO’S: VERSKAF NDER: Geskiedeni­s en miliebande is onlosaakli­k deel van Kanonop, soos duidelik in die oek na vore kom.
 ??  ?? : Johann Krige en Emile ubert tydens die bekendllin­g van die koffietafe­lek oor Kanonkop.
: Johann Krige en Emile ubert tydens die bekendllin­g van die koffietafe­lek oor Kanonkop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa