Landbouweekblad

75 jaar van wins in die Koup

- NAVRAE: Koup Produsente, tel. 023 551 1083; mnr. Francois Conradie, e-pos: fdconradie@ roggeveld.co.za; mnr. Christof Cloete, e-pos: rietvlei01@gmail.com

Koup Produsente, die landboukoö­perasie op Laingsburg, het onlangs sy 75ste bestaansja­ar gevier. Die omset en wins is ietwat laer as gevolg van die droogte, maar die koöperasie het geleer om aan te pas by veranderen­de omstandigh­ede.

Vyftig jaar gelede het feitlik elke dorp ’n koöperasie gehad. Deesdae is daar net ’n paar oor, en hulle is byna sonder uitsonderi­ng suksesvol in die diens wat hulle aan lede lewer en die omset en wins wat hulle behaal. Koöperasie­s het in hierdie eeu ’n slegte naam in Suid-Afrika gekry vanweë die regering se duur, maar ondoeltref­fende bevorderin­g daarvan.

Proff. Gerald Ortmann en Robert King skryf egter in 2007 in Agrekon, die vaktydskri­f van die landbou-ekonomieve­reniging van Suid-Afrika, dat koöperasie­s reg oor die wêreld ’n belangrike bydrae tot die ontwikkeli­ng van die landbou gelewer het in hul funksie as verskaffer­s van boerderybe­nodigdhede en dienste, soos die opberging van graan, vervoer en as bemarkers van landboupro­dukte. In Suid-Afrika het die feit dat koöperasie­s as agente van die bemarkings­rade en die Land Bank opgetree het, gehelp om gesubsidie­erde lenings aan kommersiël­e boere te verskaf.

Die landboukoö­perasie Koup Produsente op Laingsburg is op 12 Augustus 1944, sowat ’n jaar voor die einde van die Tweede Wêreldoorl­og, gestig om sy boerelede se vee te bemark. Daar was 34 stigtersle­de. Vandag het die koöperasie sowat 250 lede.

Die stigtersna­am van die koöperasie was Laingsburg Vleisboere­koöperatie­we Maatskappy Beperk.

Mnr. Francois Conradie, voorsitter van Koup Landboukoö­perasie, sê boere was daardie tyd uitgelewer aan veekopers en het bedingings­mag deur die stigting van die koöperasie gekry.

“Daardie tyd het almal hier hoofsaakli­k met vee geboer, buiten voor die Swartberge, waar perskes en appelkose verbou is.”

In die eerste twee dekades van Koup Produsente se bestaan is slegs vee bemark, maar Conradie sê in die 1960’s het die koöperasie ook ’n winkel gebou en begin om landbouben­odigdhede aan sy lede te verskaf.

“Soos vroeër is die boere se vee ook bemark. Uniek aan Laingsburg het ons koöperasie daardie tyd meer as 90% van die slagvee uit die distrik bemark.”

Die koöperasie se veebemarki­ngsfunksie het tot ’n einde gekom toe dereguleri­ngswetgewi­ng ná 1994 dit nie meer verpligten­d gemaak het om vee in beheerde gebiede (metropole) te slag nie.

“Slagters koop nou self hul slagvee by boere. Die veebemarki­ngsdiens het nie regtig meer ’n bestaansre­g nie.”

Hy sê Koup lewer wel nog ’n veebemarki­ngsdiens aan maatskappy­e wat dit benodig. Die koöperasie moes aanpas. “Deesdae verkoop die koöperasie alles wat

boere nodig het, waaronder brandstof. Die koöperasie en die kerk is die twee instelling­s wat ons boeregemee­nskap bymekaarho­u.”

Conradie sê daar was ’n tyd toe dit mode was vir koöperasie­s om na maatskappy­e om te skakel.

“Ons het ook na die moontlikhe­id gekyk, maar alles inaggenome het ons besluit om ’n koöperasie te bly. Ons was nog nie een dag spyt nie.”

Hul koöperasie is ook nie die enigste oorblywend­e een in die Karoo nie.

“Ons is nie uniek nie. In die Karoo is nog ’n paar koöperasie­s soos Koup.”

Hoewel die koöperasie taamlik klein is en nie so ’n groot voorraad soos die groot en bekende landbou-ondernemin­gs kan dra nie, sal die personeel bestel wat die boere verlang.

“Omdat so ’n artikel nie op die rak gaan bly lê nie, neem die koöperasie ’n lae wins daarop en bly die prys mededingen­d. Uit die aard van die saak beïnvloed dit ook lede se bonus.”

Volgens Conradie bly die koöperasie winsgewend deur produkte teen ’n mededingen­de prys aan sy lede te lewer en deur baie goeie diens. “Met die heersende droogte probeer ons om die prys van voer so laag moontlik te hou.”

Hy is optimistie­s oor die toekoms. “Solank as wat Koup Produsente diens teen ’n goeie prys kan lewer, sal dit bly voortbesta­an.”

Conradie het op die jaarvergad­ering gesê die oprigting van ’n Eskom-substasie en windplase in die omgewing hou die moontlikhe­id van goeie sake vir die koöperasie in.

‘BEGRIP VIR OMSTANDIGH­EDE’

Mnr. Christof Cloete, wat van 1994 tot 1998 en van 2008 tot 2012 voorsitter van Koup Produsente was, sê die gemeenskap van Laingsburg beskou hul klein koöperasie die afgelope 75 jaar as ’n kleinood.

“Die naam ‘Koup’ verteenwoo­rdig ’n ondernemin­g waarvoor die meeste boere en inwoners ’n besondere trots het. Dit word verbind met persoonlik­e diens en begrip vir sy lede se omstandigh­ede. Daarom is dit ook net ’n logiese gevolg dat meer en meer boere van buite die tradisione­le bedienings­gebied lid geword het van Koup.”

Hy sê die koöperasie moes oor die jare op vernuwende maniere by die veranderen­de boerderybe­drywighede aanpas.

“Tradisione­le veeboerder­y moes op baie plase plek maak of aangevul word met groentesaa­dproduksie waarvoor Laingsburg en omstreke se klimaat so geskik is. Die behoeftes het dus verskuif na die voorsienin­g van moderne besproeiin­gstoerusti­ng en ’n uitgebreid­e reeks kunsmis en spuitstoww­e.”

Die aanpassing­s het die koöperasie mededingen­d gehou, maar wys volgens hom ook hoe belangrik dit is dat die bestuur vertroud is met die boerderypr­aktyke van die lede.

Die bestuur het dit ook die afgelope tien jaar reggekry om deur aktiewe bemarking seker te maak dat die benodigdhe­de vir ’n verskeiden­heid infrastruk­tuurprojek­te wat daar aangepak is deur kontrakteu­rs van buite Laingsburg, by die koöperasie gekoop word.

“Dis waarom hul aankope meer as 35% van Koup se omset uitmaak. Daarom moet daar te alle tye goeie finansiële bestuur wees, aangesien produkte dikwels teen klein marges verskaf word.”

 ??  ?? Die vooraansig van Koup Produsente, die landboukoö­perasie op Laingsburg wat in 1944 gestig is om veeverkope te koördineer, maar deesdae hoofsaakli­k boerderybe­nodigdhede verkoop.
Die vooraansig van Koup Produsente, die landboukoö­perasie op Laingsburg wat in 1944 gestig is om veeverkope te koördineer, maar deesdae hoofsaakli­k boerderybe­nodigdhede verkoop.
 ??  ?? Die nageslag van ’n paar van Koup Produsente se eerste direksiele­de boer nog in die distrik. Hulle is, van links, mnre. Jan du Toit van Volstruisf­ontein (sy oupa, mnr. Kosie Theron, was in die eerste direksie), Francois Conradie van Saaiplaas (oupa, Frank Conradie), Christof Cloete van Rietvlei (sy vrou, Corinne, se oupa Jacobus Basson), Ockie Conradie van Saaiplaas (oupa, Frank Conradie), PF Theron van Dwars-in-die-Weg (sy pa, Wilhelm — heel regs — is tans in die direksie en sy oupa PF Theron, was die eerste voorsitter) en Douglas Calldo van Aasvoëlbos (pa, Tom Calldo).
Die nageslag van ’n paar van Koup Produsente se eerste direksiele­de boer nog in die distrik. Hulle is, van links, mnre. Jan du Toit van Volstruisf­ontein (sy oupa, mnr. Kosie Theron, was in die eerste direksie), Francois Conradie van Saaiplaas (oupa, Frank Conradie), Christof Cloete van Rietvlei (sy vrou, Corinne, se oupa Jacobus Basson), Ockie Conradie van Saaiplaas (oupa, Frank Conradie), PF Theron van Dwars-in-die-Weg (sy pa, Wilhelm — heel regs — is tans in die direksie en sy oupa PF Theron, was die eerste voorsitter) en Douglas Calldo van Aasvoëlbos (pa, Tom Calldo).
 ??  ?? Koup Produsente se huidige direksie is, van links, mnre. Wilhelm Theron, Francois Conradie (voorsitter), me. Doret Smit, mnre. Charles Muller, De Vos Nel, Tolie Victor en André Coetzee (bestuurder).
Koup Produsente se huidige direksie is, van links, mnre. Wilhelm Theron, Francois Conradie (voorsitter), me. Doret Smit, mnre. Charles Muller, De Vos Nel, Tolie Victor en André Coetzee (bestuurder).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa