Landbouweekblad

VAN BAKKIESMOU­S TOT SAKEREUS

-

Mnr. Patrick de Wet, die krag agter De Wet Vrugte en Vervoer, het op 16, sonder ’n rybewys en met net ’n ou, krokkerige vragmotort­jie, sy sakeryk begin bou.

Vandag besit hy sy eie plase, ’n vervoermaa­tskappy en ’n pakskuur-en-koelkamerk­ompleks. Lees in LBW van 22 November hoe De Wet sy sakeryk alles self opgebou het (“Die verhaal van Patrick de Wet: Van bakkiesmou­s tot multimiljo­enêr”). Sommige van die kommentaar is

vertaal. — Red.

YOLANDI PRETORIUS JONKER skryf: Hoeveel meer trots is ’n mens as jy lees hoe hard daar gewerk is om die sakeryk op te bou. Begin met niks, en met harde werk kom jy bo uit. Dit is soveel meer werd as bakhand staan vir grond en hoop alles val in jou skoot sonder om ’n vinger te verroer.

VIVIEN BENJAMIN skryf:

Geluk, Pat en Maud. Welgedaan. Julle werk baie hard en lang ure.

God seën julle.

YASMEEN ALLIE skryf: Baie inspireren­d, oom Patrick en jul kinders.

KEITH DE WET skryf: Welgedaan, Pat en gesin. Jy maak jou ouers trots.

ANDRINE LACKAY skryf: Geluk, julle. Julle kan trots wees, en verdien dit.

AMELIA LE GRANGE skryf: Wonderlike gesin.

MICHELLE CYSTER skryf: Hard work pays off. Geluk. Jy is ’n voorbeeld vir baie. Mag dit net beter gaan.

WERNER WESSELS skryf: Yster. Goeie voorbeeld vir baie. Respek, Patrick.

RODNEY BOTHA skryf:

Jy is vir baie ’n ware inspirasie.

JENNY WILLIAMS MYBURGH skryf: Baie plat op die aarde ook. Baie geluk, Patrick en Maud de Wet.

SYLVIA JOE FILLIES skryf: Geluk daar aan Patrick en Maud. Dis wat gebeur as man en vrou saam opoffer.

MARK WEISS skryf: Baie van ons pynappels is deur De Wet Vrugte en Vervoer van Oos-Londen na Kaapstad vervoer.

SHIRLEY OLIVIER skryf: Wow, uitstekend. Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg.

JEAN KOTZE skryf: Welgedaan, oom Patty.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa