Landbouweekblad

SANTAM, SANLAM MAAK REUSESKENK­ING VIR DROOGTEHUL­P

-

Santam en Sanlam het altesame R3 miljoen geskenk om bystand te lewer aan boeregemee­nskappe wat tans gebuk gaan onder die voortslepe­nde droogte.

Die skenking is op 6 Februarie aan Agri SA oorhandig. Agri SA koördineer verskeie projekte om droogtehul­p aan boere reg oor die land, maar veral die Noorden Oos-Kaap, te verskaf.

Mnr. Christo van der Rheede, adjunk- uitvoerend­e direkteur van Agri SA, sê boere en plaaswerke­rs is uiters dankbaar vir die skenking en dat dit nie net verligting nie, maar ook hoop bring. Agri SA versoek ander maatskappy­e om, soos Santam en Sanlam, te help om die landboubed­ryf deur die droogte te dra.

ANDRE ROUX skryf: Ek hoop net dis vir die regte mense gegee en nie die regering nie. Baie dankie vir die bydrae.

STEPHEN CLOETE skryf: Hierdie skenkings gaan net vir Agri SA se lede en werkers. Geen van hierdie skenkings gaan na ander boere en veral klein veeboere wat nie lid van Agri SA is nie. Ek

is lid van Concordia se boereveren­iging, asook lid van Agri SA, en sal dus seker hierby baat vind, maar wat van die ander boere wat nie lid is nie? Agri SA, ek hoop dat julle ook aan die ander boere dink as enige hulp verleen gaan word

RONELL HUGO skryf: Die probleem is die boere het nie eens meer geld vir brandstof nie. Kontantvlo­ei is boere se grootste probleem, want die ooie was te maer (om dragtig te raak en lammers groot te maak wat verkoop kon word).

RIAAN BOTHA skryf: Wat my pla, is dat hulle alweer oor water praat in die berig. Gaan die boere voer kry vir hul diere uit hierdie geld uit?

EBEN LEE skryf: Baie dankie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa