Landbouweekblad

Dohne-Merinotele­rs se prestige-ramveiling afgestel

- JOHAN NORVAL

DIE Dohne-Merinotele­rsgenootsk­ap van Suid-Afrika het sy nasionale prestige-ramveiling, wat jaarliks in die derde week van Februarie in Bloemfonte­in plaasvind, afgestel. Die besluit is geneem ná dr. Mpho Maja, hoof van die departemen­t landbou se afdeling dieregeson­dheid, gelas het dat die veiling met vier tot ses weke uitgestel word.

“Die praktiese uitwerking van dié maatreël sou wees dat die topteelmat­eriaal van die veiling nie in die huidige paarseisoe­n beskikbaar sou wees nie,” sê dr. Kobus Delport, die genootskap se rasdirekte­ur.

Die veiling is vroeër goedgekeur op grond van reëlings om die diere onder kwarantyn te hou vir 28 dae ná die byeenkoms, voor hulle vervoer word. Toestemmin­g is ook vyf weke voor

die beplande veilingsda­tum, 18 Februarie, van die provinsial­e veeartesny­kundige owerhede verkry. Lees meer by http://bit. ly/2V8w0q7.

ONDERSOEK

Intussen oorweeg die staat strafregte­like klagte in verband met die verbod op die samekoms van gespleteho­efdiere ná ’n veiling in die distrik Bultfontei­n.

Mnr. Reggie Ngcobo, woordvoerd­er vir me. Thoko Didiza, minister van landbou, landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming, sê die omstandigh­ede en vervoer van 566 stuks vee wat op die plaas Electie van mnr. Ikus le Roux verkoop is, word ondersoek. Die diere moes 28 dae op die plaas vertoef voor dit na die nuwe eienaars vervoer kon word.

Volgens veilingske­nnisgewing­s van Liba, wat die veiling aangebied het, is net een verkoper se diere aangebied en streng maatreëls sou geld, soos die ondersoek van die vee deur ’n staatsveea­rts en die inspeksie van die kopers se voertuie om die verspreidi­ng van siektes te voorkom. Le Roux kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa