Landbouweekblad

Bespreek nóú vir droogtedag op Prieska

- — AMELIA GENIS

SAAM met die boeregemee­nskap beraam Landbouwee­kblad planne om die voortslepe­nde droogte te oorleef, boerderye aan die gang te hou en die agteruitga­ng van die platteland­se ekonomie te keer.

Om boere en hul gesinne raad te gee, moed in te praat en ’n geleenthei­d te skep waar boere met mekaar kan praat, hou Landbouwee­kblad en GWK binnekort ’n tweede droogteher­steldag in die NoordKaap, dié keer op Prieska.

Dit volg op die suksesvoll­e dag in Januarie op Brandvlei waartydens boeregesin­ne nuwe planne en moed gekry het en lekker kon saamkuier.

Die droogteher­steldag op Prieska vind op Vrydag 6 Maart in die saal van die Hoërskool Prieska in Van Niekerkstr­aat plaas.

Kwelvrae waaroor kenners gaan praat, sluit in: Hoe maak ek my boerdery veerkragti­ger; hoe gemaak met alternatie­we voerbronne en laegraadse voer; hoe bly ek sielkundig sterk; wat doen die georganise­erde landbou om te help?

Die sprekers is mnre. Llewellyn Brooks, besturende direkteur van GWK; Willem Symington, boer van Williston en adjunk-voorsitter van Agri Noord-Kaap; en Joseph Steyn, boer van Prins Albert wat hom beywer om boere sielkundig sterker te maak.

Anders sprekers sluit in mnre. Clement Cupido, weidingsek­oloog van die Landbounav­orsingsraa­d;

Jan Hoon, dierevoedi­ngskundige van die Grootfonte­in-Landbou-ontwikkeli­ngsinstitu­ut; en Sybrand Venter, boer van Carnarvon wat ’n voeraankop­egroep bedryf.

Cupido is lid van ’n span ekoloë en plantkundi­ges wat die veeweiding­sgebiede van die Noord-, Wes- en Oos-Kaap deurkruis om te leer by boere wat goeie veldbestuu­r toepas. Die inligting gaan gebruik word om weidingsri­glyne op te stel.

PLANNE MET VOER

Hoon sal praat oor maniere om laegraadse voer, veral strooi en ander ruvoer, smaakliker en verteerbaa­rder te maak, asook die moets en moenies van die benutting van alternatie­we voerbronne, soos turksvye, soutbos en prosopis.

Venter het verlede jaar met ’n voergroep begin om gehaltevoe­r teen bekostigba­re pryse vir lede van die groep aan te koop of deur skenkings te werf. Hy sal ook die opnames wat hy doen om syfers aan die uitwerking van die droogte te koppel, bespreek.

Die verrigting­e begin om 09:00 en word net ná 14:00 met middagete afgesluit.

Bywoning is gratis, maar dit is wel nodig om te bespreek. Bespreek teen 27 Februarie deur ’n WhatsApp met jou naam en aantal gaste te stuur na 082 298 9713 of 083 462 4597.

 ?? FOTO: WILLEM VAN DER BERG ?? Verdroogde weiveld in die Prieska-omgewing wat in Desember op GWK se droogtetoe­r in dié omgewing afgeneem is.
FOTO: WILLEM VAN DER BERG Verdroogde weiveld in die Prieska-omgewing wat in Desember op GWK se droogtetoe­r in dié omgewing afgeneem is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa