Landbouweekblad

NAMIBIË | Geestelike steun kry ook aandag

-

Boereveren­igings in Namibië moet hul lede op emosionele vlak ondersteun, nie net omdat hulle weens die droogte in finansiële knyp is nie.

Die Namibiese Landbou-unie (NLU) het ná sy jongste bestuursko­miteeverga­dering in Windhoek gesê groot dele van die noorde van Namibië het reën gekry, maar die sentrale en suidelike dele is steeds baie droog. Boere het verlede jaar nog vee gehad om af te rond, maar moet nou ander planne vir ’n inkomste beraam.

’n Hulplyn waar boere raad kan vra, is reeds in werking gestel. Dit word deur die NLU bedryf en is tydens kantoorure beskikbaar. Die kontaknomm­ers is 081 251

8088 (Dries) en 081 129 9055 (Charles).

HULP MET SKOOLGELD

Boere wat nie lig in die geldtonnel sien nie, gaan ook hulp kry. Kundiges gaan betrek word by wie boere op ’n vertroulik­e basis om finansiële beplanning kan aanklop.

Die Dare To Care-veldtog wat skenkings ontvang om veeboere se voeraankop­e te subsidieer, loop einde Maart ten einde nadat meer as R10 miljoen ingesamel is. Die NLU stel ondersoek in hoe die veldtog voortgesit kan word, maar met die klem op ’n meer humanitêre basis.

Die NLU gaan ook me. Henriëtte le Grange se droogtefon­ds ondersteun. Le Grange en haar man, Louwrens, boer by Summerdown. Sy samel geld en middele in om mense wat weens die droogte swaarkry, te help. Le Grange is tans besig met ’n veldtog om boere te help om skoolgeld te betaal. Die NLU gaan haar bystaan om die diens bekend te stel. – Charl van Rooyen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa