Landbouweekblad

SONNEBLOMD­IEWE KOS BOERE MILJOENE

- — NICO VAN BURICK

’N STYGENDE misdaadnei­ging – die diefstal van sonnebloms­aad – teister boere in veral Noordwes. Dit het die afgelope paar maande tot miljoene rande se skade gelei.

Net op een nag in Desember is daar by NWK se saaddepot op Lichtenbur­g 300 sakke sonnebloms­aad gesteel. Me. Susan Kemp van die Agricol-agentskap by die depot sê die inbraak was tussen 02:00 en 05:00. Die diewe het verby mieliesaad gestap om sowat 300 sakke sonnebloms­aad, wat R2 260/sak kos, te steel.

“Dit lyk of die inbraak haarfyn beplan was en die skade was rondom R700 000. Die diewe moes ’n maklike afsetgebie­d vir die saad gehad het,” meen sy.

PROBLEEM ÁL GROTER

Mnr. Naudé Pienaar, adjunkhoof­bestuurder van Agri Noordwes, sê by Lichtenbur­g, Gerdau en Sannieshof, asook talle ander plekke, was daar die afgelope drie tot vier maande talle voorvalle van saaddiefst­al. Dit raak nou ’n al hoe groter probleem. Hy sê daar was enkele gevalle van mieliesaad wat ook gesteel is, maar die diefstal is veral gerig op sonnebloms­aad.

“Ek weet nie of daar nou meer mense met die laat reën juis sonneblom wou plant nie. Dit is ’n maklike ding om te plant en dit verhandel maklik op die informele mark. By informele nedersetti­ngs kry ’n mens al hoe meer lappies sonneblom – iets wat ’n mens in die verlede nooit gesien het nie.”

Mnr. Jozeph du Plessis, boer van Schweizer-Reneke en voorsitter van die sojaboon-en-sonneblomf­orum, het op ’n forumverga­dering ook na die saaddiefst­al verwys. Hy het gesê in elke distrik is daar seker minstens vier tot vyf boere wat deurloop.

“Die diewe se werkswyse is baie gesofistik­eerd. Baie boere het eerder die saad by hul verskaffer­s gelos tot hulle gereed was om te plant.”

Hy sê sover hy weet, was daar min diefstal van mielie- of sojaboonsa­ad, maar net in sy eie distrik is minstens 1 000 sakke sonnebloms­aad by boere gesteel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa