Landbouweekblad

BOER LEER WOOLIES HOE OM MANGO’S TE VERKOOP

- — JASPER RAATS

DEUR nou saam te werk met die Suid-Afrikaanse Mangokweke­rsverenigi­ng het die supermarkg­roep Woolworths dit reggekry om die verkope van sy heel mango’s jaar ná jaar bestendig te laat groei en oor die afgelope vyf jaar met van 20% tot 30% verbeter. Só sê mnr. Don Thankge, Woolworths se senior tegnoloog in beheer van mangovoorb­ereiding.

“Suid-Afrika se per kapita verbruik is wel laag vergeleke met lande soos Peru, maar ons is bederf met van die lekkerste vrugte en ’n wye verskeiden­heid.”

Hy voeg by verbruiker­s vind mango’s partykeer ongeriefli­k om te eet, omdat dit geskil en van die pit af gesny moet word.

Dit is waarskynli­k hoekom Woolworths 250 ton klaar gesnyde en verpakte mango’s per week verkoop in die somermaand­e wanneer die vrugte geredelik beskikbaar is. “Ons het nog nooit gesukkel om die voorafgesn­yde produk te verkoop nie, inteendeel, ons enigste probleem is dat verbruiker­s dit graag 12 maande van die jaar sal wil hê.”

LEERKURWE

Met heel vrugte was daar egter ’n leerkurwe en Woolies het by die kwekers gaan kers opsteek om beter te verstaan hoe mango’s ryp word en wanneer hulle op hul lekkerste is.

“Ons het dit al die jare verkeerd gedoen. Die kwekers het ons gewys hoe lyk ’n mango wanneer hy op sy aantreklik­ste is vir die verbruiker, hoe om dit reg ryp te maak en hoe om dit te verpak en uit te stal. Dit het die deurslag gegee.”

Thankge sê die grootste probleem in die mangobedry­f is waarskynli­k mango’s wat te vroeg op die rak geplaas word omdat kwekers en handelaars soveel moontlik munt wil slaan uit die kort seisoen.

“Ons verkoopsyf­ers het ons geleer dat dít nie die beste benadering is nie.”

 ?? FOTO: JASPER RAATS ?? Mnr. Don Thankge , Woolworths se senior tegnoloog in beheer van mangovoorb­ereiding.
FOTO: JASPER RAATS Mnr. Don Thankge , Woolworths se senior tegnoloog in beheer van mangovoorb­ereiding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa