Landbouweekblad

MELKBOERE KRY ÁL MINDER VAN DIE WINKELPRYS

- — CARIEN KRUGER

IN 2019 het ’n verbruiker R9,56 meer vir ’n liter melk betaal as wat ’n boer vir ’n liter onverwerkt­e melk ontvang het.

Die gaping tussen die twee pryse het sedert 2010 met 76% gestyg, het mnr. Bertus van Heerden, hoofekonoo­m van die Melkprodus­enteorgani­sasie (MPO), op ’n mediadag in Pretoria gesê.

“Die marge tussen die produsente en die verbruiker­sprys styg teen ’n tempo wat duidelik wys hoe die konsentras­ie in die waardekett­ing die primêre suiwelbedr­yf in gevaar stel en grens aan uitbuiting van die verbruiker. Die vraag is of dié kommerwekk­ende neiging gedryf word deur druk vanaf aandeelhou­ers op kleinhande­laars en verwerkers om maksimum dividende te realiseer, of deur groot ondoeltref­fendhede laer af in die waardekett­ing.”

MARKKRAG

Volgens hom is die markkrag in die suiwelbedr­yf in die hande van groot kleinhande­laars en verwerkers. Dit bedreig onder meer werkgeleen­thede in die primêre bedryf, maak dit moeiliker vir boere om finansieri­ng te bekom en vir nuwe toetreders tot die bedryf.

Van Heerden het gesê belanghebb­endes stroomaf in die waardekett­ing het meer en beter inligting, wat die mark se werking benadeel en boere uitgelewer laat om ’n transaksie te aanvaar wat aan hulle gebied word.

Die MPO het die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d genader om moontlike gesprekke tussen die MPO en die Mededingin­gskommissi­e te bemiddel.

PRODUKSIE STAGNEER

Die plaashekpr­ys het ná hoë produksieg­roei in 2018 met 4,8% gedaal, wat soortgelyk is aan die skerp daling in plaashekpr­yse in 2016 ná produksieg­roei van 6,4% in 2015. (Sien die GRAFIEK

met die indekse van plaashekpr­yse, verwerkers se produsente­pryse, en rakpryse.)

Die melktotvoe­rprysverho­uding het in Mei 2019 tot onder 1:1,4 gedaal en is tans onder 1:1,2, wat dit vir boere moeilik maak om winsgewend te wees.

Die gemiddelde plaashekpr­ys was in Desember 2019 rondom R4,30/liter, soortgelyk aan Desember 2015 se prys. Die gevolg van boere se kostedruk kan in die produksie van onverwerkt­e melk gesien word. Produksie vir 2019 as geheel was slegs 0,23% hoër as in 2018, terwyl produksie in verlede Desember 1,5% laer was as in Desember 2018.

HOOP VIR 2020

Van Heerden het gesê dié lae groei is ’n gunstige teken dat boere se produsente­pryse dalk vroeg vanjaar kan styg.

Die vooruitsig­te vir laer graanpryse lyk ook goed, met die geelmielie­pryse vir lewering in Julie 2020 wat op 3 Februarie 2020 onder R2 500/ton was.

Die prys vir soja vir lewering in Julie 2020 was egter steeds bo R5 900/ton.

Van Heerden het gesê egter daar is ’n moontlike “vlieg of twee in die salf” wat beter plaashekpr­yse kan belemmer. Een hiervan is SuidAfrika se swak ekonomiese groei wat verbruiker­s se besteebare inkomste onder druk plaas.

Die land se ekonomie groei met minder as 1%, teenoor ander ontwikkele­nde ekonomieë wat rondom 4% groei.

’n Verdere risiko wat plaashekpr­yse kan belemmer, is die moontlike uitwerking van die koronaviru­s op wêreldhand­el. China, een van die wêreld se grootste kopers, is besig om hom aan die buitewêrel­d te onttrek. Dit sal die vraag na ’n verskeiden­heid produkte, ook suiwel, affekteer. Indien uitvoer na China onderbreek word, sal dié produkte in ander markte beland wat die internasio­nale prys van suiwelprod­ukte sal afdruk.

 ??  ??
 ?? FOTO: CARIEN KRUGER ?? Mnr. Bertus van Heerden
FOTO: CARIEN KRUGER Mnr. Bertus van Heerden

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa