Landbouweekblad

KORONAVIRU­S BRING ONSEKERHEI­D IN WOLBEDRYF

- — FREDALETTE UYS

DIE dodelike koronaviru­s wat vanuit China rimpelings deur die wêreldmark­te stuur, behoort nie in die nabye toekoms ’n uitwerking op die uitvoer van Suid-Afrikaanse wol te hê nie. Dit kan egter in die toekoms die geval wees.

Mnr. Isak Staats, bestuurder van wol en sybokhaar by BKB, sê die Chinese regering ondersteun ondernemin­gs om kontantvlo­ei te verseker. Kopers koop steeds en die markte lyk goed.

Daar is egter steeds onsekerhei­d in die wolbedryf oor wat die uitwerking van die koronaviru­s kan wees.

Luidens ’n verklaring van die Australies­e wolbedryfs­ekretariaa­t was werksaamhe­de by Chinese fabrieke weens beperkings­maatreëls om te keer dat die virus versprei, teen druktyd nog nie normaal nie.

As gevolg van vervoerbep­erkings is die beweging van vragmotors tussen hawens en meulens ’n probleem. Die uitreik van kredietbri­ewe is ’n knelpunt weens personeelt­ekorte by banke.

Luidens die verklaring is dit nog te vroeg om te sê watter impak die virus sal hê.

TOEKOMSTIG­E IMPAK

Volgens Staats word ongeveer 85% van die wolprodukt­e wat in China verwerk word, in China verbruik. Dit beteken die eindverbru­ikmark kan onder druk kom indien die koronaviru­suitbrekin­g lank voortduur.

“Dit hang af hoe die Chinese regering sy ekonomie in die algemeen ondersteun. Ek reken dit gaan ’n impak in die toekoms hê, wat goed of sleg kan wees.

“Die Chinese regering is bekend daarvoor dat hy sy ondernemin­gs ondersteun. As die virus regtig in ’n krisis ontaard, is ’n mens egter nie seker nie.”

Mnr. Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom by Agbiz, sê die uitvoer van wol het in 2019 met 24% gedaal tot ’n waarde van $302 miljoen. Die hoofrede was dat uitvoer na China met bykans ’n derde afgeneem het nadat China die invoer van Suid-Afrikaanse wol verbied het ná die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo.

“Daarby het die Chinese aandeel in die uitvoer van Suid-Afrikaanse wol tot die laagste vlak in nege jaar gedaal (55%).”

Sihlobo wys op groei in die uitvoer na Tsjeggië, Italië, Indië en Bulgarye. “Dit is egter klein markte. China bly een van die belangriks­te markte vir wol.

“China het in 2018 in volume ongeveer die helfte van die wêreld se wol ingevoer, wat meer as die helfte was wat waarde betref.”

REGSTELLIN­G

Volgens Staats is die huidige markpryse laer en is daar ’n regstellin­g ná die rekordhoë pryse wat in die 2018-’19-seisoen behaal is.

Hy twyfel of die verliese van 2019 vanjaar verhaal sal word.

Boonop is daar onsekerhei­d in die wolbedryf omdat Australies­e wolproduks­ie volgens Staats verklein het. Die uiteindeli­ke uitwerking van die droogte is ook nog nie in Suid-Afrika se lewering gesien nie.

Staats sê daar is wel baie navrae oor wol, en hy voorsien nuwe ontwikkeli­nge binne die volgende jaar of twee.

Hy moedig boere in die huidige toestande aan om hul wol volgens volhoubare standaarde te laat sertifisee­r omdat dit die toekoms vir die wolbedryf is. Daarby is die marges nou laer, “dus is die ruimte vir foute min en jy moet die regte dinge doen”.

BETER PRYSE

Met die meeste produksiev­eilings vir wolskape wat tans in volle gang is, is pryse beter as verwag.

“Die gemiddelde prys is ’n bietjie laer, maar die veilings verloop goed en die mense koop. Indien jy goeie diere het, sal boere steeds koop.”

Staats sê bek-en-klouseer raak steeds wolboere, al gaan woluitvoer danksy onderhande­lde protokolle voort. Wolboere kry ook steeds ’n inkomste uit vleis.

“Dissipline in die bedryf raak al hoe belangrike­r wat naspeurbaa­rheid en siektebeka­mping betref. Ons moet dit self doen, niemand van buite gaan dit vir ons doen nie.”

Die bedryf moes in Desember ’n veiling uitstel weens ’n opeenhopin­g by die Port Elizabethh­awe as gevolg van knelpunte verlede jaar oor die kapasiteit­svermoë.

Staats sê hy is verheug oor die nuus dat verbeterin­ge tans by die hawe aangebring word.

 ?? FOTO: ROELOF BEZUIDENHO­UT ?? Mnr. Isak Staats
FOTO: ROELOF BEZUIDENHO­UT Mnr. Isak Staats

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa