Landbouweekblad

RAMAPHOSA MAAK GROOT BELOFTES OOR KRAG, WATER EN HENNEP

- — JOYLENE VAN WYK

ESKOM sal oor die volgende paar maande sy bedryfsver­moë herstel, maar terwyl dit gebeur, sal die regering as noodmaatre­ël elektrisit­eit bekom van projekte wat alternatie­we kragbronne binne drie tot twaalf maande van goedkeurin­g kan verskaf.

Pres. Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede in die parlement die ekonomiese verwoestin­g van beurtkrag erken. Hy het gesê daar moet aanvaar word dat beurtkrag in die nabye toekoms ’n moontlikhe­id sal bly terwyl Eskom nodige onderhoud doen om die betroubaar­heid van elektrisit­eitsvoorsi­ening te verbeter.

BYKOMENDE KRAG

Hy het onderneem dat ’n ministerië­le direktief binnekort uitgereik sou word ingevolge die geintegree­rde hulpbronpl­an (IRP) om die land se elektrisit­eitsvoorsi­eningsverm­oë te verhoog. Dit sal die ontwikkeli­ng van bykomende kragkapasi­teit deur herwinbare energie, gas, hidroelekt­risiteit, batterye en steenkool moontlik maak.

Die Nasionale Energiereg­uleerder (Nersa) sal verseker dat alle aansoeke deur kommersiël­e en nywerheids­verbruiker­s wat meer as 1 MW elektrisit­eit vir eie gebruik genereer, binne 120 dae verwerk word.

Daar sal ook ooreenkoms­te aangegaan word om bykomende krag van bestaande sonkrag en windaanleg­te te bekom. Maatreëls sal ingestel word sodat munisipali­teite wie se geldsake gesond is, krag van onafhankli­ke energieopw­ekkers kan bekom.

Hy het bevestig dat Eskom in drie bedryfsdel­e verdeel sal word, naamlik opwekking, transmissi­e en verspreidi­ng. Elkeen sal sy eie direksie en bestuurstr­ukture hê.

Om nuwe beleggings te lok, sal SuidAfrika sy derde beleggings­konferensi­e in November hou.

In die eerste twee jaar van hierdie poging is verbinteni­sse van R664 miljard vir belegging gesmee. Dit is meer as die helfte van die teiken van R1,2 biljoen wat vir vyf jaar gestel is.

DIE LANDBOU EN DIE GRONDKWESS­IE

Wat die landbou betref, het Ramaphosa gesê dat die regering gereed is om ’n wysigingsw­etsontwerp oor onteiening ter tafel te lê nadat die parlementê­re proses rondom die voorgestel­de wysiging van art. 25 van die Grondwet voltooi is. Dit sal die omstandigh­ede aandui waaronder die onteiening van grond sonder vergoeding toelaatbaa­r sal wees.

Die regering het reeds 44 000 ha staatsgron­d vir restitusie toegestaan en sal vanjaar sowat 700 000 ha staatsgron­d vir landboupro­duksie beskikbaar maak. Voorkeur sal gegee word aan die jeug, vroue, mense met gestremdhe­de en diegene wat op kommunale grond boer.

Voorts sal begunstigd­es van grondhervo­rming verpligte opleiding moet ondergaan voordat die regering grond aan hulle sal toestaan.

Rakende waterlisen­sies het Ramaphosa gesê die tyd is verby dat jare daarvoor gewag moet word. “Ons kan aankondig dat waterlisen­sies nou binne 90 dae uitgereik sal word.”

PLANNE MET HENNEP

Die regering gaan hom verbind tot die kommersial­isering van hennep. Ramaphosa het gesê die regulasies vir die kommersial­isering van hennep sal nog vanjaar afgehandel word. Die bedryf sal onder meer vir veral kleinskaal­se boere geleenthed­e bied.

Landbouwee­kblad het verlede jaar berig dat riglyne vir die kommersial­isering van hennep reeds opgestel is, maar dat dit nog deur die regering goedgekeur moet word.

Die Landbounav­orsingsraa­d het langer as 20 jaar navorsing gedoen oor die kweek van dié plant vir die gebruik van sy basvesel vir medisyne en tekstiele. Hy het die kultivars SA Hemp1 en SA Hemp2 ontwikkel. Proewe met die plante het die beste in die Oos en WesKaap gevaar.

 ?? FOTO: GCIS ?? Pres. Cyril Ramaphosa tydens sy staatsrede.
FOTO: GCIS Pres. Cyril Ramaphosa tydens sy staatsrede.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa