Landbouweekblad

ZZ2 KRY AMERIKAANS­E VENNOOT EN SLAAN SLAG VIR SA AVOKADO’S

- — JASPER RAATS

DIE Amerikaans­e maatskappy Mission Produce Incorporat­ed se wêreldwye netwerk van lojale kliënte, asook sy ryp maak en verspreidi­ngs geriewe in die lande waar hy besigheid doen, is wat ’n vennootska­p met dié maatskappy vir Suid-Afrika se eie landboureu­s ZZ2 so aanloklik maak.

Mission Fruit en ZZ2 het onlangs, in vennootska­p met die logistieke maatskappy Core Fruit, Mission Produce SA bekend gestel. Me. Lindie Stroebel staan aan die stuur daarvan. Stroebel, wat spesialise­er in strategies­e posisioner­ing en beleid s onderhande­linge vir landbou besigheid, was tot onlangs die bestuurder van die vars produkte bemarking s vereniging P MA.

Sy sê die vennootska­p verseker nie net ’n groter netwerk kliente vir ZZ2 se avokado’s waar daar marktoegan­g vir Suid-Afrika is nie, maar ook die gemoedsrus dat avokado’s van die hoogste gehalte op die bord van die eindverbru­iker beland.

“As ’n mens na ’n mark soos China se sekondêre stede kyk, waar tonne oorryp of groen avokado’s verlede jaar weggegooi is omdat sommige uitvoerder­s nie voldoende kundigheid en ver ryping s geriewe het nie, besef jy hoe belangrik dit is om ’n ervare vennoot aan die ander kant van jou waardekett­ing te hê,” sê Stroebel.

INVLOEDRYK

Mission is ’n wêreldwye handelsmer­k wat met gehaltepro­dukte verbind word. Die maatskappy lê baie klem daarop dat hy nie net die verspreide­r van sy produkte is nie, maar ook die produsent.

Dié status word deur die maatskappy verkry deur sy avokado’s self in lande soos Peru, Guatemala, Mexiko, Colombia en Amerika te produseer.

Dit word dikwels gedoen in vennootska­p met vooraansta­ande boerderye in daardie lande, soos wat nou met ZZ2 in Suid-Afrika die geval sal wees.

Daar is ook derdeparty verskaffer­s wat voldoen aan Mission se vereistes wat gehalte en produksie protokolle betref en wie se vrugte onder die Mission-handelsmer­k bemark word.

Dit is een van die geleenthed­e wat Mission Produce SA vir Suid-Afrikaanse produsente inhou, sê Stroebel. Boere wat as derdeparty verskaffer­s toegang tot die nuwe vennootska­p se bemarking skanale wil kry, kan met haar in verbinding tree.

Sy sê boere wat deel word van die Mission-bemarking skanaal, sal ook toegang kry tot die plantmater­iaal en landbouken­nis van ZZ2, met Core Fruit wat die logistiek aan die Suid-Afrikaanse kant sal behartig.

Die vennootska­p kan heel moontlik Suid-Afrikaanse verbruiker­s ook in November, Desember en Januarie bevoordeel, wanneer daar ’n tekort aan gehalte-avokado’s op die plaaslike winkelrakk­e is. Mission se boerderye in die Noordelike Halfrond sal dan help om gehalte op plaaslike rakke te verseker.

Mission spesialise­er in Hass-avokado’s, waarvan die Maluma-kultivar ’n voorbeeld is.

 ??  ?? Me. Lindie Stroebel FOTO: LBW-ARGIEF
Me. Lindie Stroebel FOTO: LBW-ARGIEF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa