Landbouweekblad

STATUTÊRE HEFFING NOU OP ALLE GRANATE

- — JOHAN COETSEE

Die speenkalfb­edryf is ontwrig vanweë die verbod op veilings. Veilingspr­yse is gegrond op regstreeks­e verkope van produsente. In die week van 14 Februarie was die speenkalfp­rys 1,8% hoër teenoor ’n maand gelede en 16,1% hoër op ’n jaargronds­lag. Die kans is 75% dat die prys in Maart laer gaan wees as in Februarie. In die week van 14 Februarie kan die prys van klas A1/A2 3,2% hoër wees teenoor die vorige maand en 18,8% hoër op ’n jaargronds­lag. Die kans is 70% dat die prys in April hoër as in Maart kan wees. Die prys van klas C2/C3 kan in die week van 14 Februarie 1,6% hoër wees teenoor ’n maand gelede en 6,6% hoër op ’n jaargronds­lag.

In die week van 7 Februarie was

klas A2/A3 se prys 2,2% hoër teenoor die vorige week. In die week van 14 Februarie kan die prys 0,9% laer wees teenoor die vorige week, 3,7% hoër teenoor ’n maand gelede en 12,6% hoër op ’n jaargronds­lag. Gegrond op historiese prysneigin­gs is die kans 95% dat die prys in Maart laer gaan wees as in Februarie. Klas C2/C3 was in die week van 7 Februarie 5,4% goedkoper as die vorige week. In die week van 14 Februarie kan die prys 0,7% hoër wees teenoor die vorige week, 6,6% laer teenoor ’n maand gelede en 4% laer op ’n jaargronds­lag. Die prys van stoorlamme­rs was in die week van 14 Februarie 1,3% hoër teenoor die vorige week, 9,6% hoër teenoor ’n maand gelede en 0,5% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys word tans gesteun deur die hoër vraag na klas A2/A3.

* Beraamde pryse: Weens die skommelend­e wisselkoer­s kan sommige produktepr­yse in dollarwaar­de styg, maar in randwaarde daal, of omgekeerd. ** Verwagte prysneigin­g.

Spekvarke se prys kan in die week van 14 Februarie 0,9% laer wees teenoor die vorige week, 2,5% laer teenoor ’n maand gelede en 3,3% hoër op ’n jaargronds­lag. Vleisvarke kan 4,6% duurder wees op ’n jaargronds­lag.

Die prys van bevrore braaihoend­ers was in die week van 14 Februarie 1,6% hoër teenoor die vorige week en 6,7% hoër op ’n jaargronds­lag. Vars braaihoend­ers was 1,2% duurder teenoor die vorige week en 9,3% duurder op ’n jaargronds­lag. Kitsbevror­e stukke was 6% duurder op ’n jaargronds­lag.

’n Statutêre heffing is nou op alle granate van toepassing, wat beteken dat ’n heffing nie net meer op uitvoergra­nate van toepassing is (soos voorheen) nie, maar ook op vrugte wat plaaslik verbruik word. Me. Thoko Didiza, minister van landbou, landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming, het ’n heffing van 15c/kg op alle graad 1-granate vir 2020 en 2021 goedgekeur en 16c/kg vir 2022 en 2023. Op graad 2- en verwerkte granate sal 9c/kg vir 2020 en 2021 geld en 10c/kg vir 2022 en 2023.

Me. Nina Viljoen, landbou-ekonoom by Hortgro, sê altesame

1 676 160 kartonhoue­rs granate van 3,8 kg is in 2019 uitgevoer. Dit is 40% meer as in 2018

(1 168 000 kartonhoue­rs).

“Tans is net meer as 1 024 ha onder granaatboo­rde in die land, waarvan 81% in die Wes-Kaap. Sowat 15% daarvan is in die Bergrivier­streek en 14% in Wellington.”

’n Sterk groei in granaatuit­voer het sedert 2012 plaasgevin­d. In 2012 is net meer as 483 600 kartonhoue­rs uitgevoer. Uitvoer het daarna jaarliks gestyg – afgesien van 2018, toe daar ’n daling was wat grotendeel­s toegeskryf kan word aan die droogte.

Die meeste granate word uitgevoer na die Midde-Ooste, Europa, Brittanje, die Verre-Ooste en Asië. In 2019 is net meer as 400 ton plaaslik bemark as vars vrugte en vir verwerking. Dit is sowat 7% meer is as in 2018. Die kultivar Wonderful word die meeste aangeplant, naamlik 70% van plaaslike aanplantin­gs. Daar word na meer kultivars gekyk, maar min word al kommersiee­l aangeplant.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa