Landbouweekblad

HOE DRAAI DIE WIND DAN NOU?

- — AMELIA GENIS

Boere wat windpompe gebruik om water te pomp, en die eienaars van windlaaier­s kla nie sommer dat die wind te veel waai nie. Selfs Kapenaars besef hoe nodig die “Kaapse Dokter” is om lugbesoede­ling weg te waai.

Dit is juis oor die belangrike rol wat wind speel dat daar kommer uitgespree­k is oor die neiging tot windstilte wat van 1970 tot 2010 reg oor die wêreld waargeneem is. Dit het onder meer implikasie­s vir die opwekking van windenergi­e ingehou.

Die goeie nuus is dat die wind die afgelope dekade weer sterker waai.

Volgens navorsing wat in die vaktydskri­f Nature Climate Change bekend gemaak is, waai die wind sedert 2010 sterker oor die grootste dele van Noord-Amerika, Europa en Asië. Die wêreldwye gemiddelde windspoed het in minder as ’n dekade van sowat 11,3 km/h tot 11,9 km/h toegeneem. Dit beteken ’n styging van 17% in die moontlike hoeveelhei­d energie wat ’n gemiddelde windlaaier kan opwek.

Wetenskapl­ikes het reeds goed kopgekrap oor die sogenoemde “globale verstillin­g”, soos wat die neiging tot swakker winde genoem word. Een gewilde teorie is dat veranderin­ge in grondbenut­tingspatro­ne en stedelike ontwikkeli­ng die oppervlakt­e van die aarde “growwer” gemaak het. Dit het ’n sleur in lugvloei om die aarde veroorsaak. Dit verklaar egter nie waarom die wind die afgelope tien jaar weer sterker waai nie.

Wetenskapl­ikes wat by die onlangse navorsing in Nature Climate Change betrokke was, meen dit kan aan natuurlike klimaatsik­lusse toegeskryf word. Groot klimaatspa­trone wat temperatur­e in sekere dele van die wêreld beïnvloed, het ’n groot uitwerking op windspoed. Boonop kan temperatuu­rverskille tussen aaneenligg­ende streke of tussen die see en die land lugvloei beïnvloed.

Die navorsers het byvoorbeel­d gevind dat die wind swakker waai oor die grootste deel van die Noordelike Halfrond wanneer dit warmer is oor dele van die tropiese Atlantiese Oseaan en die westelike Stille Oseaan en Groenland.

“Die aarde word mettertyd warmer vanweë mensgedrew­e klimaatsve­randering. Daar is tog in die patroon van verwarming warmer en koeler siklusse wat soms vir dekades kan aanhou,” het hulle in ’n artikel in Scientific American geskryf.

Sterker wind is goeie nuus vir die windkragbe­dryf. Volgens voorspelli­ngs kan die opwekking van windkrag teen 2024 met 37% toeneem.

Die sterker wind hou implikasie­s vir die beplanning van windkrag in, meen die wetenskapl­ikes. As natuurlike klimaatsik­lusse sulke groot veranderin­ge in windspoed kan veroorsaak, moet die windkragbe­dryf daarvoor beplan en ook voorsienin­g maak vir die gevolge van klimaatsve­randering.

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Windmeting­s reg oor die wêreld wys dat die wind deesdae weer sterker waai nadat dit van 1970 tot 2010 stiller geword het.
FOTO: AMELIA GENIS Windmeting­s reg oor die wêreld wys dat die wind deesdae weer sterker waai nadat dit van 1970 tot 2010 stiller geword het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa