Landbouweekblad

Opjulmerke, gereed,baal!

Dit is weer tyd om die voerbanke aan te vul. Die hooimaakse­isoen is op ons drumpel en talle boere is gereed om in nuwe, doeltreffe­nder balers te belê.

-

Vermeer, ’n vooraansta­ande Amerikaans­e werktuigve­rvaardiger, se ikoniese geel werktuie en balers is by Northmec-takke en -handelaars in Suid-Afrika beskikbaar.

Vermeer is al sedert 1948 ’n betroubare verskaffer en vervaardig­er van gehalte-landbouwer­ktuie. Die reeks rondebaler­s wat plaaslik beskikbaar is, sluit die 504R Classic, 504R Premium en die 604N Cornstalk Special in. Al drie modelle het ’n aanpasbare baalkamer met ’n baalgroott­e van 1,52 m tot 1,82 m.

Northmec lewer ook tegniese ondersteun­ing, naverkoped­iens en verskaf onderdele vir onderhoud aan Vermeer-werktuie.

BAAL MIELIEREST­E

Die 604N Cornstalk Specialbal­er is spesifiek ontwerp vir die moeilike toestande wat mielierest­e veroorsaak.

“Danksy eienskappe soos ’n versterkte optelmegan­isme, swaardiens-klipbande, ’n vogmonitor en weegselle met ’n skaal is dit ’n buitengewo­ne baler,” sê mnr. Marcel du Plessis, nasionale verkoopsbe­stuurder van Northmec Implements.

Die baler het ook ’n unieke optelkoppe­laarstelse­l wat die optelmegan­isme tot stilstand bring sodra die baal begin bind. Dit verseker ’n eenvormige baalgroott­e en verminder slytasie omdat dele nie onnodig beweeg nie.

’n Outomaties­e ghriesstel­sel verleng die rollaers se gebruiksdu­ur drasties. Die 604N Cornstalk Special-baler is gebou om te hou en kan enige voergewas met gemak baal.

504R CLASSIC EN PREMIUM

Die 504R-baler het twee modelle, die Classic en Premium. Die groot verskil is die gewig van die baal. Die Premium-baler het ’n aansienlik­e hoër kapasiteit as dié van die Classic-baler. Die swaarder bale wat die Classic lewer, beteken jy kan meer hooi per volume in jou voerbank opberg.

Dié balers lewer albei ’n baal met ’n standaardd­eursnee van 152,4 cm en ’n baalwydte van 119,4 cm.

Albei balers benodig 33,6 kW van die kragaftakk­er af.

 ?? FOTO’S: NORTHMEC ?? Die 504R Classic van Vermeer is ’n bekostigba­re, betroubare opsie om rondebale te lewer.
FOTO’S: NORTHMEC Die 504R Classic van Vermeer is ’n bekostigba­re, betroubare opsie om rondebale te lewer.
 ??  ?? Vermeer se reeks rondebaler­s sluit die veelsydige 604N Cornstalk Special in. Dit kan enige gewas – ook taai mielierest­e – met gemak baal.
Vermeer se reeks rondebaler­s sluit die veelsydige 604N Cornstalk Special in. Dit kan enige gewas – ook taai mielierest­e – met gemak baal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa