Landbouweekblad

Leer oor plantgeson­dheid op Pannar-gewasskoue

Dit is weer tyd vir Pannar se gewilde reeks gewasskoue, oftewel die Pannar Extravanga­za. Danksy kundigheid oor vele gewasse en uitsonderl­ike agronomies­e inligting wat oorgedra word, is dié gewasskoue ’n hoogtepunt op Suid-Afrikaanse graanboere se kalender

- NAVRAE: Web: www.pannar.com/extravagan­za

Vanjaar se reeks Pannar Extravagan­za-dae word in Februarie en Maart reg oor die somerreënm­ielieprodu­ksiegebied aangebied. Dit bied aan boere ’n uitstekend­e platform om Pannar se nuutste produkte eerstehand­s te sien en op ’n persoonlik­e vlak met die maatskappy se kundiges en bestuurder­s te kommunikee­r.

Pannar ondersteun vanjaar die Internasio­naPlantges­ondheid le Jaar van (IJP). IJP 2020 is ’n inisiatief van die Verenigde Nasies se Voedselen Landbou-organisasi­e. Dit is ’n internasio­nale bewusmakin­gsveldtog om te toon hoe ’n verbeterin­g in plantgeson­dheid honger en armoede kan verlig, die omgewing kan beskerm en ekonomiese ontwikkeli­ng kan bevorder.

Pannar nooi boere uit om te leer hoe hulle plantgeson­dheid kan bevorder tot voordeel van die mens, die natuur, die omgewing en die ekonomie. Bespreking­s oor plantgeson­dheid en inligting oor Pannar se gewasporte­feulje vorm die grondslag van die Extravanga­za, naamlik:

■ Witmielies. Nuwe basters met w e e r s t a n d s gene teen stronkboor­ders (tweede generasie), en die bestuur van plantgeson­dheid.

■ Geelmielie­s. Opwindende nuwe vinnige en mediumvinn­ige basters, en die bestuur van plantgeson­dheid.

■ Besproeiin­gsmielies. ’n Onoortrefl­ike, vinnige wit- en geelbaster­pakket. Die bestuur van plae en insekte.

■ Sonneblomm­e. Die toonaangew­ende konvension­ele en Clearfield® Plus-basterpakk­et. Siekteteke­ns, simptome en wenke vir bestuur.

■ Sojabone. Vier besonderse nuwe kultivars. Die bestuur van siektes wat van ekonomiese belang is.

■ Droëbone. ’n Nuwe rooi gespikkeld­e en ’n klein, wit inmaakkult­ivar. Siektes en bestuur.

■ Voergewass­e. Lusern, eenjarige raaigras, meerjarige raaigras, groenvoer, Japannese radyse, voersorghu­m en tef.

■ Kuilvoer. Gesondheid, die fermentasi­eproses, inokulante en die bestuur tydens die uithaal van die kuilvoer.

■ Koring. ’n Uitsonderl­ike lentetipe kultivarpa­kket, en hoe om jou koringaanp­lanting vir die beste resultate te bestuur.

■ Graansorgh­um. Basters vir prestasiev­ertroue.

PROGRAM

’n Opwindende bonanza-beloningsp­rogram vorm vanjaar deel van die Extravanga­nza. Boere kan in aanmerking kom vir ’n bonanza-geskenk indien hulle voor 31 Maart 2020 ’n bestelling plaas.

Die Delmas Extravagan­za word op 26-27 Februarie aangebied. Daaropvolg­ende Extravagan­zas vind in die Vrystaat naby Kroonstad plaas en in Noordwes by Biesiesvle­i naby Lichtenbur­g.

Die Extravagan­zas is veral toegespits op kommersiël­e produksie, maar die geleenthei­d op 18 Maart by Biesiesvle­i is spesifiek op ontwikkele­nde en kleinboere gerig.

Me. Christin Hunter is bestuurder vir bemarkings­kommunikas­ie by Pannar.

■ Daar is planne te maak met laegraadse ruvoer en alternatie­we voerbronne, maar kenners waarsku dat boere die eienskappe, voorén nadele van die voer en bronne moet ken en verstaan. ■ Deur laegraadse voer te maal en te verkorrel, kan die smaaklikhe­id en verteerbaa­rheid verhoog word, diereprest­asie kan verbeter en vermorsing kan beperk word.

 ?? FOTO’S: PEET VAN DER WALT ?? Die aandag aan fyn besonderhe­de, soos op dié foto van die Pannar Extravagan­za by Delmas gesien kan word, onderskryf die gasvryheid en hoogstaand­e tegniese inligting wat boere kan verwag.
FOTO’S: PEET VAN DER WALT Die aandag aan fyn besonderhe­de, soos op dié foto van die Pannar Extravagan­za by Delmas gesien kan word, onderskryf die gasvryheid en hoogstaand­e tegniese inligting wat boere kan verwag.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: PAN 3R-724BR, ’n ultravinni­ge, geel tapelgeenb­aster.
ONDER: Mnr. Gerhard Engelbrech­t en ’n paar boere op pad na ’n inligtings­essie oor ojaboonpro­duksie tydens die Delmas Extravagan­za in 2019.
LINKS: PAN 3R-724BR, ’n ultravinni­ge, geel tapelgeenb­aster. ONDER: Mnr. Gerhard Engelbrech­t en ’n paar boere op pad na ’n inligtings­essie oor ojaboonpro­duksie tydens die Delmas Extravagan­za in 2019.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa