Landbouweekblad

‘DÍT IS WAAROM SERNICK SE BENADERING SLAAG’

-

Me. Jacqui Middleton en haar man, Keith, verbou mielies, koring, lusern en pekanneute op 300 ha besproeiin­gsgrond naby Jacobsdal. Danksy Sernick en die Jobs Fund se program het Jacqui en haar dogter, Joy, sedert 2018 ’n veekompone­nt by die boerdery gevoeg. Hulle het ’n kommersiël­e kudde van 100 beeste en 200 skape.

“Ek en Keith het in 2008 begunstigd­es van die regering se grondhervo­rmingsprog­ram geword. Die plaas wat ons gekry het, was deel van ’n bankrot boedel en daar is vir tien jaar geen onderhoud gedoen nie. Daar was net een werkende spilpunt wat sowat 20 ha lusern besproei het. Dit was ou lusern en nie meer winsgewend nie.

“Die regering was nie daar met ondersteun­ing of finansiële hulp nie en ek het uit my onderwyssa­laris die plaas probeer opbou. Die stres het ’n groot tol op my man se gesondheid geëis. Niks was soos ons gedroom het dit sou wees nie.

“Ons het besluit ek moet landbou gaan studeer terwyl my man op die plaas sou bly om die praktiese boerderyva­ardighede van besproeiin­gsboerdery te leer. Op die ouderdom van 45 het ek weer aan die Universite­it van die Vrystaat gaan studeer en uiteindeli­k ’n meestersgr­aad in die landbou behaal.”

Teen 2018 het die Middletons gehoor van die opleidings­program wat Sernick en die Jobs Fund vir opkomende boere aanbied.

“Dit was lewensvera­nderend. Wat die program merkwaardi­g maak, is dat dit ’n holistiese benadering volg. Dit het ’n stewige akademiese grondslag gelê, ons het praktiese opleiding gekry en ons het elkeen ’n mentor gehad wat ons gereeld op die plaas kom besoek.

“Ons is ook toegerus met infrastruk­tuur wat dit makliker gemaak het om met beeste te boer. Ons enkele beeskamp is in verskillen­de kampe onderverde­el en Sernick het vir ons ’n beeshanter­ingsgerief opgerig.

“Ons het ’n jaar lank somer en winterlekk­e vir die beeste gekry, selfs vir dié deel van ons kudde wat nie aan Sernick terugverko­op gaan word nie. Ons is opgelei oor die korrekte gebruik van dieremedis­yne en het medisyne van Afrivet gekry. Die program het selfs ’n jaar lank die salarisse van drie arbeiders betaal wat ons met die beesboerde­ry help.

“Nick Serfontein verdien alle eer vir die voortou wat hy as kommersiël­e boer geneem het om medeboere te help. Daar is kommersiël­e boere wat net wag dat opkomende boere misluk. Ek wil hulle waarsku: As dit gebeur, sal dit rampspoedi­g vir SuidAfrika wees. Kom ons hef liewer boere op wat slegter daaraan toe is as ons.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa