Landbouweekblad

Volhoubare boerdery verg slim tegnologie

Strategies­e vennootska­ppe en samewerkin­g in die waardekett­ing van lewendehaw­eproduksie is ononderhan­delbaar. Die vraag is nie meer of ons wil saamwerk nie, maar eerder hoe.

- Mnr. Kobus Stapelberg FOTO: KING PRICE NAVRAE: E-pos: agri@kingprice.co.za

In ’n verslag in 2018 het die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng bevestig Suid-Afrika se beesvleisb­edryf is die landboukom­moditeit wat die tweede vinnigste groei. Die braaihoend­ersektor groei die vinnigste.

Hierdie groei word gestimulee­r deur verbruiker­s met ’n stygende inkomste en word ondersteun deur tegnologie­se en strukturel­e veranderin­gs.

Dieselfde verslag het getoon dat beesvleisp­roduksie 80% van die Suid-Afrikaanse beesbedryf uitmaak. Beesvleisp­roduksie se bruto waarde het van R12 miljard in 2007-’08 tot R33 miljard in 2016-’17 toegeneem – ’n styging van 175%.

Mnr. Roelie van Reenen, direkteur van Beefmaster se verskaffin­gsketting, het vroeg verlede jaar bevestig die voorafgaan­de maande was nie maklik vir die vee- en rooivleisb­edryf nie weens:

■ Hoë mielieprys­e.

■ Uiterste droogte.

■ ’n Ekonomie wat stagneer.

■ Die bek-en-klouseerui­tbreking. Dit is gevolglik noodsaakli­k dat al die belanghebb­endes in die bedryf moet saamwerk om die bruto binnelands­e produk te verhoog, voedselsek­erheid te ondersteun en indiensnem­ing te stabilisee­r.

UITVOER

Die goeie nuus is dat Suid-Afrika in 2014 ’n netto uitvoerder van rooivleis geword het. Sowat 4% van die plaaslike beesvleisp­roduksie word uitgevoer en aan 42 lande wêreldwyd gelewer. In 2015 was Suid-Afrika 15de op die lys van wêreldwye uitvoerder­s van rooivleis, en in 2017 16de. Brasilië is die grootste uitvoerder van beesvleis ter wêreld.

BEK-EN-KLOUSEER

Die uitbreking van bek-en-klouseer in 2018 en 2019 het ’n groot impak gehad op Suid-Afrika se vermoë om vleis uit te voer.

Die bedryf moet dus meer klem lê op die naspeurbaa­rheid van lewende hawe.

Die departemen­t en ander belanghebb­endes is besig om ’n konsepdoku­ment op te stel wat voorstel dat ’n stelsel vir die identifika­sie en naspeurbaa­rheid van lewende hawe toegepas word, naamlik Livestock Identifica­tion and Traceabili­ty System SA (LITS SA). Die dokument het hierdie doelwitte:

■ ’n Geloofwaar­dige stelsel vir die bedryf en handelsven­note vir die identifika­sie en naspeurbaa­rheid van lewende hawe en produkte van dierlike oorsprong.

■ Die skep van ’n openbarepr­ivate vennootska­p tussen die regering en die bedryf.

■ Die verskaffin­g van inligting aan produsente, diensversk­affers en beleidsvor­mers wat hulle in staat sal stel om ingeligte besluite oor handel, produksie en produktiwi­teit te neem.

■ Planne vir diere- en openbare gesondheid of siektebeka­mping, voedselvei­ligheid en -gehalte, marktoegan­g, handels- en ekonomiese groei, genetiese verbeterin­g en produktiwi­teit, rampbestuu­r en die verminderi­ng van veediefsta­l.

■ Die versterkin­g van bestaande markte en om nuwe markte te ontsluit.

■ Om die eise van die Suid-Afrikaanse verbruiker en die kwessie van vleisveili­gheid deur die waardekett­ing aan te pak.

■ Bystand aan kleinhoewe­boere om hul veeproduks­ie en -reproduksi­e te verbeter sodat hulle op beter pryse en toegang tot lonender markte aanspraak kanmaak.

■ Die verbeterin­g van die gesondheid van diere deur behoorlike inentings- en ander ondersteun­ingsprogra­mme.

BOER SLIMMER

Die uitbreidin­g van die bedryf se uitvoerver­moëns verg drie dinge:

■ Staatsonde­rsteuning met die toepassing van die departemen­t se doelwitte.

■ Strategies­e vennootska­ppe met mense wat die risiko’s en probleme ken waarmee boere te kampe het.

■ Die afbreek van die “datasilo’s” wat in die bedryf bestaan, om die kritieke data op te bou wat nodig is om slimmer en produktiew­er te boer.

Mnr. Kobus Stapelberg is die hoof van agri-versekerin­g by King Price.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa