Landbouweekblad

EIENDOM TEEN LAE PRYSE AAN FAMILIE VERKOOP

- BUTCH VAN BLERK

’n Mens hoor gereeld dat wanneer ’n seun of kleinseun die familieboe­rdery oorneem, hulle die grond teen ’n goedkoper prys as markwaarde koop sodat die seun kan boer en die ouers gemaklik kan aftree. My vraag is egter of daar ’n beperking is aan hoeveel goedkoper as markwaarde die ouers die grond aan die seun kan verkoop? Wat is die gevolge en komplikasi­es daaraan verbonde?

Die aspek van die wet wat hier van toepassing is, is die hereregte wat betaalbaar is aan die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens (SAID) op die

reg van die koper om die oordrag van ’n eiendom in sy naam te registreer. Die reg om die eiendom in sy naam te registreer, word vervat in ’n skriftelik­e koopkontra­k wat van toepassing is op die aankoop van die eiendom.

Kragtens die Hereregtew­et is hereregte aan die SAID betaalbaar en kan die eiendom slegs teen die billike markwaarde daarvan aan ’n koper oorgedra word. Die eiendom, in hierdie geval die plaas, se prys beteken die billike markwaarde op die datum van die aankoop van die plaas. Indien dit teen ’n laer waarde aan ’n koper oorgedra word, kan die transaksie deur die SAID as ’n skenking beskou en die verkoper vir skenkingsb­elasting aanspreekl­ik gehou word.

In die geval van verwante partye, byvoorbeel­d wanneer bates eienaarska­p verwissel van ouers aan kind, of broer aan broer, is die praktyk van die SAID om te versoek dat ’n bewys van die billike markwaarde voorgelê word om die markwaarde te bevestig. Dit kan byvoorbeel­d gedoen word deur die waardasie van die plaas deur twee onafhankli­ke eiendomsag­ente. ’n Eiendom kan dus nie teen ’n ander

bedrag as die billike markwaarde daarvan aan ’n koper oorgedra word nie.

Indien die eiendom as ’n lopende saak of besigheid oorgedra word, bestaan die moontlikhe­id dat, indien dit aan die vereistes van die wet voldoen, dit teen ’n nulkoers (BTW) aan die koper oorgedra kan word, en hereregte nie betaalbaar sal wees nie. Andersins is heregte betaalbaar met elke transaksie op die billike markwaarde van ’n eiendom.

Mnr. Butch van Blerk is ’n direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf in Bellville, Kaapstad.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa