Landbouweekblad

BETER UITVOER LAAT WYNBOERE SE BEURSIES BULT

- — LUCILLE BOTHA

DIE Australies­e wynbedryf kon die gemiddelde prys van ’n ton druiwe binne vyf jaar met ’n verstommen­de 43% laat styg.

Australies­e wynboere het in 2014-’15 altesaam $463 (R4 567) per ton wyndruiwe verdien. Verlede jaar was die gemiddelde druiweprys $664 (R6 549) per ton. Suid-Afrikaanse druiweboer­e het in 2017 gemiddeld R3 550 per ton druiwe (op plaasvlak) verdien. Verlede jaar was die gemiddelde prys R5 004 per ton.

“Australies­e boere het besef hulle sal die druiweprys net kan verhoog as hulle sukses in hul uitvoermar­kte behaal. Daar is ’n baie sterk verband tussen die twee. As ons uitvoer suksesvol is en ons ’n beter waarde kry vir dit wat ons produseer, vloei dit deur na ons druiweprod­usente,” het mnr. Andreas Clark, uitvoerend­e hoof van Wine Australia, op Vinpro se inligtings­dag in Kaapstad gesê.

Die land se wynbedryf het van 2005 tot 2014 ’n moeilike tyd beleef met ’n wankelrige naam, ongunstige wisselkoer­s en die internasio­nale ekonomie wat in ’n krisis is.

BESTE GEHALTE

“Ons het besluit om op ons heel beste gehalte klem te lê en daardie storie aan die res van die wêreld te vertel. Ons voer meer as 60% van ons produksie uit. Daarom doen ons alles in ons vermoë om uitvoergel­eenthede te ondersteun.”

Dié strategie was só suksesSaam vol dat Australies­e uitvoer na China die afgelope vyf jaar met ’n bykans sprokiesag­tige 306% gegroei het. Dié mark is nou $1,2 miljard (R11,84 miljard) werd. Die gemiddelde waarde van uitvoerwyn het met 43% tot $3,74 (R36,89) per liter gestyg.

Hy sê hoewel Brittanje steeds hul belangriks­te mark bly wat volume betref (en dit ’n waardevoll­e mark bly), konsentree­r hulle nou “onbeskaamd” op China en Amerika om groei te bewerkstel­lig.

STAATSTEUN

“Ons is baie gelukkig, want daar is groot ondersteun­ing van die regering se kant af. Dit vloei deur na handelsond­erhandelin­ge.”

Vir elke $1 wat die bedryf aan navorsing en ontwikkeli­ng bestee, gee die regering ook $1. Dit het die Australies­e wynbedryf in staat gestel om sowat 180 navorsings­projekte te begin.

met die tegniese vooruitgan­g belê hulle ook groot daarin om markinsae te kry en menslike hulpbronne te ontwikkel.

Die Australiër­s het verlede jaar net minder as 1,7 miljoen ton druiwe geoes. Dit was te midde van verskeie klimaatspr­obleme. Die land het meer as 146 000 ha onder wingerd.

Clark het ook benadruk dat die bedryf al die afgelope paar jaar navorsing oor rookbesoed­eling van druiwe doen.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Andreas Clark
FOTO: VERSKAF Mnr. Andreas Clark

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa