Landbouweekblad

VERAL KLEINER BOERE TREK SWAAR

- — JOHAN NORVAL

Die heersende verbod op onder meer veilings van diere met gesplete kloue om die verspreidi­ng van bek-en-klouseer te keer, het die aandag verskuif van die tradisione­le aanbied van veilings na skakeldien­ste en ander veilingsme­todes, soos safari-, video- en internetve­ilings.

Mnr. Willie Meyer, GWK se hoof van veilings en eiendomme, sê sy afdeling se inkomstest­room ondervind ook die druk vanweë die veilingver­bod wat die meeste afslaers tans benadeel.

Die veilingsve­rbod is ’n week voor GWK se Kerstydvei­ling op Humansdorp aangekondi­g. Dit het hom verplig het om inderhaas ander planne te beraam. Dié gebied se Desember-veiling, waarvoor nagenoeg 1 300 beeste en 3 000 skape ingeskryf was, is ’n week voor die tyd verander na ’n safariveil­ing waarvolgen­s die kopers die verkopers se plase moes besoek.

GWK kon slegs sowat 800 beeste van die groter produsente op dié manier bemark. Sowat 500 kon nie bemark word nie. “Dit is moeilik om die diere van die kleiner produsente die afgelope drie maande te bemark, aangesien hulle nie op die gebruiklik­e kommersiël­e veilings bedien kon word nie,” sê hy. “Een van die ongunstige gevolge was dat sommige produsente wat nie hul vee op die gebruiklik­e veilings kon bemark nie, onder meer gesukkel het om bonusse aan hul werkers te betaal.”

Volgens Meyer is GWK se veilingsge­bied nie deur die eerste verbod van veilings in die vier noordelike provinsies geraak nie. Die afgelope kwartaal word sy eenheid egter geldelik gestrem, aangesien sowat 70% van die veilingsdi­ens se inkomste uit die aanbied van regstreeks­e veilings verkry word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa