Landbouweekblad

Rooivleis, vrugte: Nuwe uitvoermar­kte vir SA

- JOYLENE VAN WYK

DIE departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng maak beduidende vordering om nuwe uitvoermar­kte vir landboupro­dukte te open, volgens mnr. Mooketsi Ramasodi, die departemen­t se adjunkdire­kteur-generaal vir landboupro­duksie.

Die departemen­t onderhande­l vir die uitvoer van hoendervle­is na die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), skaapvleis na Koeweit, beesvleis na Oman, China en Jordanië, lewende beeste, skape en bokke na Katar en teelmateri­aal van bokke na Brasilië.

BEK-EN-KLOUSEER

Markte wat heropen is ná dit in 2019 gesluit is weens die uitbreking van bek-en-klouseer in

Januarie 2019, sluit in dié vir bees-, vark- en lamsvleis, asook suiwelprod­ukte in ander Afrikaland­e, beesvleis na China, die VAE en Jordanië, en wol na China.

Onderhande­linge vir die uitvoer van beesvleis na SaoediArab­ië, beesvleis en wol na Maleisië, vismeel na China en teelmateri­aal na Brasilië het ’n finale stadium bereik.

Suid-Afrika voer reeds sedert 2018 sitrus en lusern na China, appels na Taiwan, sitrus na Amerika,

bloubessie­plantmater­iaal na Peru en tafeldruiw­e na Viëtnam uit.

Vrugte-uitvoerpro­tokolle het die finale onderhande­lingsfase bereik en sal binnekort onderteken word. Dit is vir pere, avokado’s en sitrus na China, Japan en die Filippyne. Navorsing is ook onderweg vir die toekomstig­e uitvoer van tafeldruiw­e na Mexiko, die Filippyne en Suid-Korea, avokado’s na Taiwan en appels na Thailand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa