Landbouweekblad

Suiwelskok: Melkboere kry R10/liter minder as winkels

- — CARIEN KRUGER

AFGRI Landboudie­nste, die Kagiso Trust en Aartappels Suid-Afrika gaan kragtens ’n nuwe ooreenkoms opkomende boere op ’n holistiese manier help om kommersiël­e boere te word.

Hoewel die drie organisasi­es se vennootska­p aanvanklik op steun en finansieri­ng aan aartappelb­oere gerig sal wees, is die plan om dit later na ander bedrywe uit te brei.

Me. Mankodi Moitse, uitvoerend­e hoof van die Kagiso Trust, sê sonder beter ondersteun­ing aan opkomende boere kan grondhervo­rming nie slaag nie. “Sonder gestruktur­eerde ondersteun­ing en geskikte finansieri­ng is nuwe-eraboere wat die kommersiël­e landbou betree, gedoem om te misluk omdat ’n kommersiël­e boerdery ’n kapitaalin­tensiewe ondernemin­g is wat spesifieke kennis en ondersteun­ing vereis.”

Die Kagiso Trust het in die 30 jaar van sy bestaan al R2 miljard in ontwikkeli­ngsprogram­me belê en het nou die Tyala Impact Fund gestig om ook in die landbou betrokke te raak.

MENTORS

Mnr. Jacob de Villiers, uitvoerend­e hoof van Afgri Landboudie­nste, sê opkomende boere het dikwels goeie tegniese en praktiese opleiding nodig en Afgri bied dit deur sy Lemang Landboudie­nsteprogra­m.

Lemang behaal volgens hom sukses omdat ervare mentors die boere help.

Die mentors is letterlik saam met die boere in die veld en stap elke tree van hul ontwikkeli­ngsreis saam met hulle.

Lemang sal, saam met Aartappels SA, aan opkomende boere tegniese bystand en opleiding oor aartappels en wisselboug­ewasse bied.

FINANSIERI­NG

Lemang se bystand sal ook medefinans­iering behels deur Unigro, Afgri Landboudie­nste se finansiële­dienste-afdeling.

Mnr. Ross Simmonds, besturende direkteur van Unigro, sê daar is steeds betreklik min geskikte finansiële steun vir opkomende boere.

Gegewe opkomende boere se gebrek aan onder meer ’n finansiële geskiedeni­s en toegang tot eie kapitaal is dit vir finansiers moeilik om finansieri­ng aan hulle te kan bied.

Danksy die mentorskap wat Lemang en Aartappels Suid-Afrika nou gaan bied, saam met die Tyala-fonds se finansiële ondersteun­ing en Unigro se grondige kennis van landboufin­ansiering, sal sulke boere nou gehelp kan word. “Oplossings kan net gevind word deur vennootska­ppe tussen maatskappy­e wat verbind is tot die volhoubaar­heid van die Suid-Afrikaanse landbousek­tor,” sê Simmonds.

Me. Teresa le Roux van Ukunika Investment­s, wat die model vir die vennootska­p tussen die drie organisasi­es ontwikkel het, en aan soortgelyk­e inisiatiew­e in die landbou werk, sê Unigro sal die kommersiël­e skuldfinan­sier wees en die Tyala-fonds sal finansieri­ng teen ontwikkeli­ngskoerse bied. Saam sal hulle dan aan opkomende boere bekostigba­re lenings kan bied.

MARKTOEGAN­G

Volgens dr. André Jooste, uitvoerend­e hoof van Aartappels SA, is afsetooree­nkomste noodsaakli­k vir opkomende boere se sukses.

Aartappels Suid-Afrika en Afgri Landboudie­nste het toegang tot netwerke van verskaffer­s en tegniese vennote om die vereiste afsetooree­nkomste moontlik te kan maak.

Aartappels Suid-Afrika se eie ontwikkeli­ngsprogram het in agt jaar gegroei van steun aan opkomende boere op 37 ha tot 320 ha vandag. “In dié tyd het twee boere, een in Limpopo en een in die Oos-Kaap, tot kommersiël­e status ontwikkel. Elkeen plant meer as 30 ha aartappels,” sê Jooste.

 ?? FOTO: AARTAPPELS SA ?? Dr. André Jooste, me. Mankodi Moitse en mnr. Ross Simmonds by die bekendstel­ling van die vennootska­p.
FOTO: AARTAPPELS SA Dr. André Jooste, me. Mankodi Moitse en mnr. Ross Simmonds by die bekendstel­ling van die vennootska­p.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa