Landbouweekblad

Hou slaggate dop: Kom uit klimaat se skuldstrik

Klimaatsve­randering is meer tasbaar as wat jy dink, en het heel waarskynli­k ’n baie groter impak op jou terugbetaa­lvermoë waarmee jy jou skuld delg.

-

Die impak van klimaatsve­randering is tans baie meer intens en baie meer dikwels as wat aanvanklik voorspel is. Skrikwekke­nde beelde in die media oor die hele wêreld heen van oorvloed reën, swaar sneeuval, stormsterk winde, vernietige­nde bosbrande en langdurige droogtes is nie meer vreemd nie.

Dit is dus geen verrassing nie dat die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se Global Risks Report van 2020 vir die eerste keer in die geskiedeni­s van dié verslae aantoon omgewingsv­erwante risiko’s beklee die topvyf plekke wat betref moontlikhe­id, én ook drie van die top-vyf plekke wat betref impak.

Die verslag kom dan tot die gevolgtrek­king dat die variasie in reënval en temperatuu­r toenemend groot druk op veral die landbousek­tor gaan plaas en dat ’n gebrek aan proaktiewe optrede en ’n ignorering om daarby aan te pas dus heelwat verloorder­s in hierdie sfeer tot gevolg gaan hê.

Regerings is bekend daarvoor dat hulle slegs beleidsver­anderings ondersteun en finansieel aanmoedig as daar ’n groot aanvraag onder hul eie kiesers vir so ’n veranderin­g is. Boere val nie in hierdie kategorie nie en behoort daarom op eie inisiatief uiters beskermend teenoor hul finansiële posisie te wees. Hulle moet veral baie suinig met hul terugbetaa­lvermoë omgaan sodat hulle op eie stoom die impak van klimaatsve­randering kan absorbeer.

SKULD EN NETTO BOERDERYIN­KOMSTE: WAT IS DIE VERBAND?

Skuld is veronderst­el om die winsgewend­heid van enige besigheid te ondersteun, maar daar is ’n fyn lyn tussen hierdie ondersteun­ende rol en die beperkings wat te veel skuld op wins kan hê. Gegewens oor die skuld en netto boerdery-inkomste (NBI) van Suid-Afrikaanse boere verskyn in GRAFIEK 1 .

Uit dié grafiek lyk dit asof skuld toeneem namate die NBI toeneem. Dit word bevestig as die twee stelle data statisties ontleed word en die resultaat ’n korrelasie van 0,97 gee.

Volgens die Pearson-metode meet hierdie korrelasie die sterkte van die rigting van die liniêre verwantska­p tussen twee veranderli­kes. ’n Waarde van 1 beteken daar is ’n perfekte positiewe verwantska­p tussen twee veranderli­kes terwyl ’n waarde van 0 ’n perfekte negatiewe verwantska­p aandui.

In die geval van boere se skuld en hul NBI beteken dit dus dat vir elke positiewe toename in die een, daar ook ’n positiewe toename in die ander is. Die vraag is net of hierdie verwantska­p afhanklik van mekaar is en of dit toevallig kan wees.

In GRAFIEK 2 is NBI as die onafhankli­ke datastel gebruik terwyl skuld daarteenoo­r as die afhanklike datastel getoon is. Die afleiding wat uit hierdie grafiek gemaak kan

word, is dat lae waardes van NBI minder van ’n verwantska­p met skuld het, maar dat meer skuld beslis die gevolg van ’n hoër NBI is.

Dit beteken dus dat boere ’n hoër NBI eerder sal gebruik om nóg skuld aan te gaan as wat hulle die hoër NBI gaan gebruik om bestaande skuld mee af te betaal. Daar is dus nie eers ’n vertraging­seffek nie. ’n Beter NBI lei in dieselfde jaar nog tot meer skuld, dalk selfs nog vóór die oes gestroop is.

WISSELVALI­GETERUGBET­AALVERMOË

’n Boerdery se vermoë om sy skuld te kan terugbetaa­l, en nie bloot sy NBI nie, behoort die kritieke oorweging te wees wanneer nuwe skuld aangegaan word.

Dit veronderst­el gevolglik dat die wisselvall­igheid en betroubaar­heid van die terugbetaa­lvermoë baie deeglik begryp moet word.

By gebrek aan nasionale data word gegewens oor die inkomstest­aat van ’n groep boere in die Oos-Vrystaat in TABEL 1 aangetoon waarin die terugbetaa­lvermoë van hierdie groep boere ook bepaal is.

Hierdie groep boere se gemiddelde NBI vir die afgelope vyf jaar was R1 305/ha met ’n minimum van R379/ha en ’n maksimum van R2 656/ha. Dit beteken dat die NBI in enige jaar met 59% vanaf die gemiddelde kan afwyk. TABEL 1 toon ook aan dat die gemiddelde terugbetaa­lvermoë van hierdie groep boere vir die afgelope vyf jaar R1 706/ha beloop het. Dit word bepaal deur depresiasi­e terug te tel en huur af te trek van die NBI en is dus die bedrag wat vir rente, belasting, private uitgawes en kapitaalde­lgings beskikbaar is. Die minimum oor die afgelope vyf jaar was R608/ha, terwyl die maksimum R2 900/ha beloop het, wat beteken dat dit in enige jaar met 48% vanaf die gemiddelde kan afwyk.

Die terugbetaa­lvermoë moet minstens die rente kan diens indien ’n boerdery sy finansiële posisie wil handhaaf. Gevolglik is die aantal kere dat die terugbetaa­lvermoë die rente kan dek, ’n belangrike maatstaf om die risiko van ’n boerdery ten opsigte van skuld te bepaal. Wanneer die resultaat 1 is, beteken dit die boerdery kan sy rente terugbetaa­l, maar kan nie kapitaal delg nie. ’n Resultaat van 2 beteken dan dat die boerdery dubbel soveel rente kan betaal as wat dit tans betaal.

TABEL 1 toon aan dat die gemiddelde rentedekki­ng van hierdie groep boere vir die afgelope vyf jaar 2,1 was, maar dat dit in die swakste jaar 0,9 was, terwyl dit 3,9 tydens die beste jaar was.

Die wisselvall­igheid van die groep boere in die Oos-Vrystaat se terugbetaa­lvermoë sedert 1996 word in GRAFIEK 3 aangetoon.

Ten spyte van die wisselvall­igheid is die neiging van die terugbetaa­lvermoë opwaarts, terwyl die neiging van die rentedekki­ng afwaarts is. Waar GRAFIEK 2 dus ’n direkte verwantska­p tussen skuld en NBI toon, dui GRAFIEK 3 daarop dat boere toenemend meer rente betaal as waarmee hul terugbetaa­lvermoë toeneem.

Dit is deurslagge­wend dat die terugbetaa­lvermoë van ’n boerdery wat wil groei, deurgaans voldoende moet wees om rente én kapitaal van die skuld te kan betaal, uitgediend­e bates kan vervang én bykomende bates kan aanskaf én steeds ’n rentedekki­ng van meer as 1 kan handhaaf. Dit is die uiterste maatstaf om te bepaal of ’n boerdery sy finansiële risiko’s kan absorbeer.

As ’n boerdery op hierdie sleutelaan­duider goed presteer, is dit ’n aanduiding dat al die ander afdelings van die boerdery waarskynli­k ook goed presteer omdat die onderlinge vertakking­s uiteindeli­k tot die boerdery se algehele terugbetaa­lvermoë bydra.

’n Positiewe terugbetaa­lvermoë lei tot ’n groei in netto waarde en dit kry vergestalt­ing in die balansstaa­t se netto waarde.

NETTO WAARDE SE INVLOED

Die balansstaa­t is die kumulatiew­e uitwerking van ’n volgehoue groei in netto waarde. Gegewens oor die balansstaa­t van die groep boere in die Oos-Vrystaat verskyn in TABEL 2.

Die gemiddelde waarde van die totale bates beloop R39 083/ha. Dié van die beste derde beloop R41 284/ha, terwyl dié van die swakste derde R40 763/ha beloop. Daar is dus bykans geen verskil in die waarde van die bates wat die twee groepe in hul boerderye aangewend het nie, maar wel in hoeveel

daarvan wat met skuld aangeskaf is. Die solvabilit­eit van die totale groep beloop gemiddeld 81%, wat meebring dat totale skuld R7 633/ha vir die groep beloop, R1 391/ha vir die beste derde met ’n solvabilit­eit van 97% en R15 055/ha vir die swakste derde met ’n solvabilit­eit van 63%.

Soos genoem, behoort solvabilit­eit die resultaat van volgehoue winste te wees, maar die hoë waarde van totale bates is tot ’n groot mate die gevolg van ’n voortduren­de styging in veral grond se markwaarde. Hierdie styging skep as sodanig ruimte om meer skuld op te neem, maar die boerdery se terugbetaa­lvermoë, en nie die herwaardas­ie van grond nie, moet uiteindeli­k die skuld kan terugbetaa­l. Die grondwaard­e is bloot sekuriteit wat gelikwidee­r kan word in geval die boerdery se bedryfsakt­iwiteite nie meer in staat is om die skuld te kan delg nie.

TABEL 3 toon die berekende resultaat van ’n tipiese Oos-Vrystaatse boerdery se terugbetaa­lvermoë by verskillen­de solvabilit­eitsvlakke.

Volgens TABEL 3 het ’n boerdery met totale bates van R39 000/ha en ’n solvabilit­eit van 90% skuld van R3 900/ha. Teen ’n gemiddelde terugbetaa­lvermoë van R1 700/ha gaan so ’n boerdery R807/ha beskikbaar hê om skuld mee te delg nadat dit rente, belasting en die eienaar se private uitgawes betaal het. Hierdie boerdery kan sy rente van R390/ha 4,4 keer dek en sal sy skuld binne vyf jaar kan terugbetaa­l. Met ’n solvabilit­eit van 80% het dieselfde boerdery R487/ha vir skulddelgi­ng beskikbaar, kan sy rente 2,2 keer dek en kan dit die totale skuld binne 16 jaar afbetaal. Indien die boerdery toelaat dat sy skuld tot R11 700/ha toeneem (70% solvabilit­eit), het hy R168/ha vir skulddelgi­ng beskikbaar, sal hy sy rente 1,5 keer kan dek, maar sal dit hom 70 jaar neem om sy skuld terug te betaal.

WAAR PAS JY IN?

Elke boer behoort baie krities te wees oor sy boerdery se vermoë om skuld te kan betaal en behoort realisties te wees oor waar sy huidige finansiële posisie inpas voor hy nuwe skuld aangaan.

Worstel (negatiewe terugbetaa­lvermoë) Dit is boerderye waarvan die skuld bly oploop omdat die terugbetaa­lvermoë te min is om dalk selfs die jaarlikse rente te kan betaal. Verdere skuld gaan nie so ’n boerdery se redding wees nie en die boer moet die keuse maak om óf die solvabilit­eit wat nog oor is te beskerm deur die boerdery te staak óf ’n gedeelte van die solvabilit­eit in kontant te omskep deur bates te verkoop sodat die agterstall­ige verpligtin­ge op datum gebring kan word. Die kanse op die rehabilita­sie van die boerdery sal die deurslag in die besluit gee.

Dobber (terugbetaa­lvermoë speel gelyk) Die terugbetaa­lvermoë kan onder normale omstandigh­ede net-net die skuld en rente betaal en die boerdery dobber rond na gelang van of dit ’n goeie of swak landboujaa­r is. Die boerdery het ’n goeie kans op rehabilita­sie deur óf inkomste te verhoog sonder om uitgawes te verhoog óf uitgawes te verminder sonder om inkomste te verlaag. Die solvabilit­eit is gewoonlik nog sterk genoeg om so ’n boer in ’n bedingings­posisie ten opsigte van skuldeiser­s te plaas om oor terugbetal­ingsvoorwa­ardes te onderhande­l. As dié boer nie reeds onprodukti­ewe bates verkoop het nie, moet hy minstens al ’n lysie maak van wat wel verkoop kan word as die terugbetaa­lvermoë verder onder druk gaan kom.

Vryloop (positiewe terugbetaa­lvermoë) Daar is surplusse nadat die rente, skuld en private uitgawes betaal is. Die boerdery kan uitbrei of selfs beleggings aangaan. Só ’n boer is in ’n posisie om sy likiditeit te gebruik om beter pryse vir sy aankope te beding in tye wat ander boere nie aankope kan doen nie. Dit is gewoonlik nie nodig om hierdie boere te vermaan om hul finansiële posisie te beskerm nie. Hulle het genoeg selfbeheer­sing om dit self te doen.

Elke boer behoort na ’n postitiewe terugbetaa­lvermoë te strewe. Dit is kredietver­skaffers se doel om soveel as moontlik geld uit te leen en hulle gaan gewoonlik uit hul pad om bestaande kliënte te behou, maar daar is altyd die risiko dat die beste kredietver­houdings onverwags beëindig kan word as die terugbetaa­lvermoë tot ongemaklik lae vlakke daal.

VISUALISER­ING

Die WEF verduideli­k in sy verslag gedragsiel­kundiges is van mening dat die onderskatt­ing van klimaatsve­randering tot ’n groot mate toegeskryf kan word aan die lae vlakke van emosie wat dit ontlok.

Klimaatsri­siko’s lyk ver verwyderd en eerder iemand anders se verantwoor­delikheid as wat dit ’n onmiddelli­ke bedreiging inhou. Dit is dié afsydighei­d wat die meeste mense daarvan weerhou om ’n kostevoord­eel vir voorkomend­e aksie te bepaal.

Die WEF het dan ook bevind dat hoewel die respondent­e klimaatsve­randering as ’n uiters betekenisv­olle risiko beskou, hulle dit baie laer as ’n onmiddelli­ke bedreiging vir hulself en hul families ag.

Om dieselfde rede is dit vir boere ook baie moeilik om ’n smeltende gletser of ’n kwynende koraalrif met hul eie terugbetaa­lvermoë te assosieer en om die gevolglike impak van wisselvali­ge inkomste op ’n balansstaa­t te visualisee­r.

Desondanks behoort elke boer ’n duidelike prentjie van sy terugbetaa­lvermoë saam te stel. Hy moet die betroubaar­heid daarvan oor ’n reeks seisoene onder wisselende klimaatsom­standighed­e bepaal voor hy nuwe skuld aangaan. Die terugbetaa­lvermoë kan reeds ’n smeltende gletser of ’n kwynende koraalrif wees, terwyl die boer self nog nie so dink nie.

Dr. Philip Theunissen is ’n forensiese rekenmeest­er van Bethlehem, bekroonde joernalis en deeltydse boer.

BRONNE:

• Langemeier, M. Measuring Repayment Capacity. banknews.com/blog/measuring-repaymentc­apacity/

• Martin, P. Which Bucket Defines You?

Desember, 2019.

• Stretch, T. Generating more profit from your farm business. Department of Agricultur­e and Food, Government of Western Australia. 2014.

• World Economic Forum. The Global Risks Report 2020. 15de uitgawe.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ?? FOTO TER ILLUSTRASI­E: WILLEM VAN DER BERG ?? Elke boer behoort baie krities te wees oor sy boerdery se vermoë om skuld te kan betaal en realisties te wees oor waar sy finansiële posisie inpas voor hy nuwe skuld aangaan.
FOTO TER ILLUSTRASI­E: WILLEM VAN DER BERG Elke boer behoort baie krities te wees oor sy boerdery se vermoë om skuld te kan betaal en realisties te wees oor waar sy finansiële posisie inpas voor hy nuwe skuld aangaan.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa