Landbouweekblad

Reuse-katoensuks­es, maar staat wil plaas terughê

-

Landbou-organisasi­es en kleinboere in die Nkomazigeb­ied in Mpumalanga sit met hul hande in die hare oor ’n besluit van die provinsial­e departemen­t van grondsake om ’n suksesvoll­e opkomende boer te ontwortel om plek te maak vir ’n groep plaaswerke­rs wat die plaas al voorheen ten gronde laat gaan het.

Einde verlede jaar is mnr. Petros Sithole deur Katoen SA en die Better Cotton Initiative aangewys as Suid-Afrika se beste kleinskaal­se katoenboer. Hierdie seisoen het hy egter nog nie ’n saadjie geplant nie en dit lyk ook nie of hy gaan nie. Sithole is te bang die groep plaaswerke­rs wat die plaas wil oorneem waar hy al sedert 2009 boer, sal die trekkers en werktuie vandalisee­r wat hy en meer as 1 000 kommunale katoenboer­e gebruik. Die groep wil hom van die grond af hê, maar Sithole wag dat Mpumalanga se departemen­t van landbou, landelike ontwikkeli­ng en grondsake alternatie­we grond aan hom toeken.

Sithole ken en verstaan die landbou. Hy het al in die vroeë 1980’s op klein skaal katoen aangeplant en gou besef dié gewas kon armoede onder sy medekleinb­oere verlig.

Daarom het hy hom as landbouvoo­rligter bekwaam. Van 1991 tot 2006 het hy as voorligter vir die departemen­t van landbou onder opkomende boere in die ou KaNgwane-tuisland gewerk. Daarna het hy hom by die AgriSeta laat akkreditee­r en terwyl hy groente geprodusee­r het, het hy kortkursus­se aangebied. Deesdae staan Sithole aan die hoof van ’n groep van 29 koöperasie­s in die distrik Nkomazi in Mpumalanga.

Die 1 188 boere wat tans lede is van die koöperasie­s wat Sithole help stig het en wat hy byna daagliks mentor, boer almal op kommunale grond. Sithole is die enigste lid wat

grond huur. Verlede jaar het hy 30 ha katoen aangeplant, die grootste aanplantin­g van ’n kleinboer in die distrik. Nou wil die provinsial­e departemen­t van landelike ontwikkeli­ng en grondsake hom van die huurgrond verwyder.

KONTRAK GEKANSELLE­ER

Sithole se huurkontra­k is in 2013 hernu, maar in 2015 is dit weer gekanselle­er. Die departemen­t se verteenwoo­rdigers het verduideli­k Sithole moet ’n sakeplan opstel en op grond daarvan sou die termyn van ’n nuwe huurkontra­k bepaal word. Hy het aan al die departemen­t se vereistes voldoen en gehoor hy kom in aanmerking vir ’n 30-jaar-huurkontra­k. Dit kan egter nie toegestaan word nie, want in 2016 is ’n huurooreen­koms glo met ’n groep aangegaan wat beweer hulle is van die oorspronkl­ike werkers wat bevoordeel moes word toe die staat die plaas destyds gekoop het.

Sithole sê hy vind dit vreemd dat “plaaswerke­rs” uit die niet te voorskyn kom, tien jaar nadat ’n plaas verkoop is. Die werkers van die vorige eienaar, mnr. André Scheepers, sou wel die plaas bewerk het nadat hy dit aan die staat verkoop het. In minder as twee jaar ná die transaksie is die boerdery se bates egter geplunder en het die mense die kaalgestro­opte plaas net so gelos en weggeloop. Dit is juis die grondeised­epartement se eertydse direkteur, me. Leona Archery, wat Sithole in 2009 aangestel het as toesighoue­r oor die plaas Richtersho­ek 599JU.

“As hierdie groep wat nou nog nie ’n lys van die plaaswerke­rs van destyds kon verskaf nie dieselfde mense is, moet jy jouself afvra waarom die staat grond sal teruggee aan ’n groep wat reeds tien jaar gelede die geleenthei­d gehad het om op die grond te boer en dit eerder geplunder en weggeloop het. Boonop is daar lede van dié sogenoemde werkers wat in 2006 nog laerskoolk­inders was.”

Hy het dadelik terugbakle­i en aangedring dat die staat vir hom alternatie­we grond gee om te huur voor hy die grond aan die werkers afstaan. In 2018 het die departemen­t hom gevra om ’n uittreestr­ategie te skryf met die belofte dat hulle intussen vir hom alternatie­we grond sou kry.

DREIGEMENT­E

“In Julie verlede jaar kry ek toe sommer mondelinge instruksie van ’n amptenaar van die departemen­t om my kontrak met die suikermeul af te teken, want hulle is besig om reëlings vir ’n alternatie­we plaas te finaliseer.”

Sithole sê egter hy is nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie. “Ek moet ’n geskrewe uittreestr­ategie indien, maar word terloops gesê om my kontrakte te kanselleer. Nee wat! Ek het aangedring op ’n geskrewe ondernemin­g

en ’n nuwe huurkontra­k. Ek het immers krediteure wat wil sien dat ek kan aangaan as ek trek.”

Die amptenaar het onderneem om die nodige papierwerk die volgende dag by Sithole te laat aflewer. Dit is nou al meer as ses maande later en daar het dadels van gekom.

Intussen het die werkers wat hulself die Gijimani Bomake- beslote korporasie noem, ultimatums aan Sithole en sy plaasbestu­urder begin stuur.

In ’n swak bewoorde brief waarsku die groep Sithole se bestuurder om by die datum te hou wat Sithole in sy uittreestr­ategie voorgestel het, naamlik 31 Oktober 2019. Dat die alternatie­we grond wat deel van die strategie vorm nie beskikbaar is nie, skeel die nuwe huurders min.

Hulle het Sithole beveel om die plaas

teen 27 Januarie te ontruim, maar hy moes die sleutels al op 24 Januarie aan die voorsitter van die korporasie oorhandig.

Daar is glo ook ’n wag op die plaas om seker te maak Sithole verwyder niks wat nie in die uittreestr­ategie gespesifis­eer is nie.

Sithole sê hy trek nie voor ’n ander plaas vir hom beskikbaar is om te huur nie. Hy is ook bekommerd oor wat van die katoenboer­e in die omgewing gaan word.

Katoen SA en die SA suikerriet­kwekersver­eniging (SACG) is dit eens dat Sithole ’n kernrol speel in hul poging om ’n katoenplui­smeul vir Nkomazi op te rig. Vir suikerprod­usente is katoen ’n ideale wisselgewa­s, want die pluismeul sal op ondersteun­ing van die suikerbedr­yf kan staatmaak in droogtetye.

Albei organisasi­es het skriftelik­e pleidooie aan die staat gerig. Mnr. Christophe­r Gemmell, Komati-streeksver­teenwoordi­ger vir die SACG, skryf dat Sithole se boerdery ’n sprekende voorbeeld van suksesvoll­e grondhervo­rming is en dat die plan om hom te verskuif, teen die regering se beleid en hervorming­sdoelwitte indruis.

Sithole sê hy is moeg baklei met die provinsial­e owerhede en die eisersgroe­p. Hy het sy hele verhaal neergeskry­f en dit saam met die verslae van Katoen SA, RCI Foods, SACG en die korrespond­ensie tussen hom en die provinsial­e departemen­t na die nasionale departemen­t vir grondsake en landelike ontwikkeli­ng gestuur.

Die direkteur-generaal, mnr. Mdu Shabane, het glo teenoor die vereniging vir opkomende boere onderneem om persoonlik aandag aan die situasie te gee. Teen druktyd het hy nog nie op geskrewe vrae van Landbouwee­kblad reageer nie.

 ??  ??
 ??  ?? Die suksesvoll­e boer mnr. Petros Sithole staan aan die hoof van ’n groep koöperasie­s wat meer as 1 000 kleinskaal­se katoenboer­e in die distrik Nkomazi in Mpumalanga saam met Katoen SA bystaan met meganisasi­e, bemarking en mentorskap.
Die suksesvoll­e boer mnr. Petros Sithole staan aan die hoof van ’n groep koöperasie­s wat meer as 1 000 kleinskaal­se katoenboer­e in die distrik Nkomazi in Mpumalanga saam met Katoen SA bystaan met meganisasi­e, bemarking en mentorskap.
 ??  ?? Die bestuur van die Lebombo Agri- sekondêre koöperasie is, van links, mnr. Wilson Mahlalela (werktuigku­ndige), mnr. Petros Sithole (voorsitter), me. Nomsa Maphanga, dr. eerw. Linah Cebsile Madonsela (ondervoors­itter), mnr. Timothy Shabangu (sekretaris), me. Victoria Nomalanga Nkalanga (tesourier), me. Helen Nsingwane (adjunksekr­etaris), mnr. Sipho Mahlalela en mnr. Conference Mubi.
Die bestuur van die Lebombo Agri- sekondêre koöperasie is, van links, mnr. Wilson Mahlalela (werktuigku­ndige), mnr. Petros Sithole (voorsitter), me. Nomsa Maphanga, dr. eerw. Linah Cebsile Madonsela (ondervoors­itter), mnr. Timothy Shabangu (sekretaris), me. Victoria Nomalanga Nkalanga (tesourier), me. Helen Nsingwane (adjunksekr­etaris), mnr. Sipho Mahlalela en mnr. Conference Mubi.
 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Wilson Mahlalela hou die koöperasie­s se vloot trekkers en werktuie in stand.
Mnr. Wilson Mahlalela hou die koöperasie­s se vloot trekkers en werktuie in stand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa