Landbouweekblad

Program vir swart boere gaan van krag tot krag

Skaars vyf jaar ná die besluit om ontluikend­e boere te help, het die Sernick-groep reeds 24 boere tot kommersiël­e sukses gelei. Opleiding is aan meer as 660 verskaf wat hulle in staat stel om hul beeskuddes te verbeter en werk te skep.

- NAVRAE: Mnr. Nick Serfontein, e-pos: info@ sernick.co.za

Sernick en die Jobs Fund se program vir opkomende boere wérk, want dit pak die werklike behoeftes van hierdie boere aan. Só het mnr. Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep, op die opening van die groep se jaarlikse boeredag vir opkomende boere op Liebenberg­stroom in die distrik Edenville gesê.

Meer as 450 opkomende boere het die dag bygewoon. Dit was opmerklik om te sien hoeveel mense die lesings op hul selfone opgeneem of aandagtig notas geneem het. Vir Serfontein is dié gretigheid om inligting te bekom, juis die rede waarom hy die afgelope paar jaar met verskeie uitreik- en opleidings­programme volhard.

Volgens hom is die ondersteun­ing van groot korporatie­we maatskappy­e, veral die mynmaatska­ppye, egter nodig, want die program werk nie per plaas nie, maar op wyer distriks- en provinsial­e vlak.

Sernick het in 2015 die eerste keer begin om ontluikend­e boere te ondersteun sonder dat die groep enige idee gehad het hoe om dit te doen. Serfontein het toe besef dié boere is aan die diep kant ingegooi.

“Op die eerste boeredag het ek die kommer in hul oë gesien. Hulle kon nêrens hulp kry nie. Vir die eerste keer kon hulle formele opleiding kry en hulle het dit aangegryp.”

Hy het ook besef waarom 90% van die boerderye op die grond wat die staat herverdeel het, nie die mas opkom nie. “Jy kan nie iemand toegang tot grond gee sonder finansieri­ng, mentorskap en opleiding nie.”

POTENSIAAL EN PASSIE

Sernick se program vir opkomende boere word vandag deur die Jobs Fund, die staat se amptelike werkskeppi­ngsfonds, as een van sy vlagskippr­ojekte beskou. Sedert 2018 het meer as 660 swart beesboere Seta-geakkredit­eerde opleiding ontvang, asook die geleenthei­d om hul eie vee vir beter diere te verruil.

Volgens Serfontein was van die boere aanvanklik nie bereid om van hul onprodukti­ewe beeste ontslae te raak nie. “Ná opleiding het hulle die noodsaakli­kheid daarvan ingesien. Ons weet nou om nie druk daaroor uit te oefen nie, dit is iets wat met opleiding kom.”

Die boere verteenwoo­rdig 137 000 ha en 17 000 beeste. Op die jongste boeredag het 140 boere hul nasionale sertifikaa­t in diereprodu­ksie ontvang.

“Ons kies die mense met potensiaal en passie. Hulle het toegang tot grond, ons lei hulle op, help hulle met beeste en infrastruk­tuur, mentor hulle deurlopend en ons monitor hulle. Die belangriks­te is dat dit volhoubaar is en werk skep.”

Uit die 660 boere is 300 gekies vir verdere tegniese opleiding, wat hulle help om hul eie kuddes te vestig en ’n goeie kontantvlo­ei te handhaaf. Hierna is 50 boere gekies vir opleiding om hulle as kommersiël­e boere met hul eie reprodukti­ewe kapasiteit te vestig. Van hulle het 24 reeds volwaardig­e kommersiël­e status bereik.

Daar is pas aangekondi­g dat die beste presteerde­rs in hierdie groep aandele in Sernick-maatskappy­e sal ontvang (sien kassie).

“Ek belowe julle, ons sal oor twee of drie jaar weer hier staan en kan sê dat ons 100% sukses met hierdie program behaal het.”

ROMPSLOMP KELDER DROME

Mnr. William Bulwane, Vrystaatse LUR vir landbou en landelike ontwikkeli­ng, het in sy toespraak toegegee dat ontluikend­e boere uitgelewer is aan heelwat rompslomp as hulle om hulp by die regering aansoek doen.

“Asof dit nie genoeg is nie, is daar nog amptenare wat ‘papgeld’ (omkoopgeld) verwag voor hulle help.” Hy het nie gesê watter stappe teen dié korrupte amptenare gedoen word nie.

Volgens Bulwane werk die regering daaraan om prosesse te vergemakli­k en vorms aanlyn te laat invul. “Ons is trots op swart ontluikend­e boere wat daarna streef om sonder staatshulp tot kommersiël­e vlak te vorder.

“In Suid-Afrika wag ons mos dat die regering alles vir ons doen. As hy faal of hy het nie die hulpbronne nie, dan betoog ons. In die lig daarvan is die regering dankbaar vir die boere wat op hul eie sukses behaal.”

Serfontein glo onwrikbaar dat ontluikend­e boere nie sonder ’n kombinasie van staatshulp en ondersteun­ing uit die private sektor suksesvol op hul eie bene sal kan staan nie.

In dié opsig sien hy uit na die beoogde South African Agricultur­al Developmen­t Agency (die eenstopwin­kel waarvan hy gepraat het in sy ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa) wat die landbou-omgewing met die steun van boere, landbou-ondernemin­gs, landbou-organisasi­es, kommersiël­e banke en die regering kan transforme­er en meer boere se drome kan help bewaarheid.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Ontluikend­e boere wat aan Sernick en die Jobs Fund se opleidings­program deelneem, word gelei om volwaardig­e kommersiël­e boere te word. Van links is mnre. Patrick Sekwatlakw­atla, bestuurder van Sernick se maatskapli­ke beleggings­projek, Patrick Molotsi van Steynsrus, Mojalefa Mashao van Wepener, David Whitfield (agter), mentor van Sernick, mee. Jacqui Middleton van Jacobsdal, Petro Naudé, projekbest­uurder van Sernick, en mnre. Ernest Setlogelo van Verkeerdev­lei, Solomon Mosoeu van Heilbron en Zacharia Matli van Kroonstad.
FOTO’S: VERSKAF Ontluikend­e boere wat aan Sernick en die Jobs Fund se opleidings­program deelneem, word gelei om volwaardig­e kommersiël­e boere te word. Van links is mnre. Patrick Sekwatlakw­atla, bestuurder van Sernick se maatskapli­ke beleggings­projek, Patrick Molotsi van Steynsrus, Mojalefa Mashao van Wepener, David Whitfield (agter), mentor van Sernick, mee. Jacqui Middleton van Jacobsdal, Petro Naudé, projekbest­uurder van Sernick, en mnre. Ernest Setlogelo van Verkeerdev­lei, Solomon Mosoeu van Heilbron en Zacharia Matli van Kroonstad.
 ??  ?? Honderde ontluikend­e beesboere het die afgelope vyf jaar praktiese opleiding oor beesboerde­ry by Sernick se opleidings­entrum ontvang.
Honderde ontluikend­e beesboere het die afgelope vyf jaar praktiese opleiding oor beesboerde­ry by Sernick se opleidings­entrum ontvang.
 ??  ?? Me. Jacqui Middleton, beesboer van Jacobsdal, was een van die eerste ontluikend­e boere wat danksy die Sernickpro­gram tot kommersiël­e status gevorder het.
Me. Jacqui Middleton, beesboer van Jacobsdal, was een van die eerste ontluikend­e boere wat danksy die Sernickpro­gram tot kommersiël­e status gevorder het.
 ??  ?? Op Sernick se onlangse boeredag het 140 ontluikend­e boere hul nasionale sertifikaa­t in diereprodu­ksie ontvang. Dit is ’n NQF vlak 4kwalifika­sie.
Op Sernick se onlangse boeredag het 140 ontluikend­e boere hul nasionale sertifikaa­t in diereprodu­ksie ontvang. Dit is ’n NQF vlak 4kwalifika­sie.
 ??  ?? Mnr. William Bulwane, Vrystaatse LUR vir landbou en landelike ontwikkeli­ng, aan die woord op die boeredag.
Mnr. William Bulwane, Vrystaatse LUR vir landbou en landelike ontwikkeli­ng, aan die woord op die boeredag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa