Landbouweekblad

Nuttig en nuut

- NAVRAE: Mnr. Willie Jones, 083 627 6026.

’n Werktuig wat voerkorrel­s vir braaihoend­ers maak, word deur Jones Masjiene op Koster vervaardig. Dit sluit aan by sy reeks ander werktuie wat voerkorrel­s van onder meer ruvoer vir groot- en kleinvee vervaardig. Mnr. Willie Jones, die eienaar, sê die verskil is dat dié werktuig hoendervoe­rkorrels van baie fyn produkte maak.

Intensiewe boerderye, soos die produksie van braaihoend­ers, verg goeie voeding om te verseker die hoenders groei vanaf kuikenstad­ium teen die beste moontlike tempo tot hulle gereed is om geslag te word. In dié bedryf beteken tyd geld, en hoe minder dae dit duur tot die hoender slaggereed is, hoe beter is dit vir die winssyfer.

Om hoëgehalte-braaihoend­ervoer te produseer, moet die voer met stoom behandel word. Dit verhoog die meel se temperatuu­r voordat dit by die voerkorrel­masjien se perskamer ingaan. Die stoom verhoog ook die meel se voginhoud om glutifiser­ing moontlik te maak – dit is die proses om mieliemeel gaar te maak, byna soos mieliepap. Glutifiser­ing veroorsaak dat die voerkorrel­s harder is, maar verbeter ook die rantsoen se opneembaar­heid nadat dit verkorrel is.

Jones Masjiene gebruik ’n elektriese elektrodes­toomketel om die stoom te voorsien. Die hoeveelhei­d stoom word na behoefte met ’n knoppie op die stoomketel verander.

Die gebruiker weeg die grondstoww­e vir die rantsoene outomaties met ’n rekenaar af. Die werktuig meng dié afgeweegde grondstoww­e vir die rantsoen en dan beweeg die mengsel na die voerkorrel­kamer waar die voerkorrel­s gemaak word. PRYS: Op aanvraag.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa