Landbouweekblad

BLAARVOEDI­NG KAN ROOIBOS SKOP GEE

- — JOHAN VAN DER MERWE

Blaarvoedi­ng was nog nooit ’n algemene praktyk by rooibostee nie, maar ’n boer meen dit kan ’n opbrengsve­rhoging van tot 30% meebring.

Mnr. Gerrit de Beer van G&G Boerdery naby Clanwillia­m is besig om die voordele van die toediening van blaarvoedi­ng by rooibostee te ondersoek.

Produksien­avorsingsi­nligting vir rooibostee is nie geredelik beskikbaar nie. Daarom moet boere, soos De Beer, hul eie proewe doen om nuwe praktyke te ontwikkel.

Die rooibospla­nt kom natuurlik voor in die Clanwillia­m-omgewing en vaar goed in natuurlike toestande. Dit word ook aangeplant.

“Die produksie van rooibostee gaan vir my oor opbrengs. As jy jou landerye met PA (pirrolisid­ien-alkaloïede) skoon hou van onkruide, dan is die opbrengs die faktor wat die inkomste uit die tee bepaal.”

Volgens De Beer het hy teen die einde van die vorige winter Intrasol-blaarvoedi­ng wat vir sitrusbome gebruik word, in sy skuur oorgehad. Dit is ’n 6:1:3 (44) NPK-produk met nege mikro-elemente daarby, onder meer swael, magnesium, sink, yster en mangaan.

“Ek weet rooibostee is gevoelig vir stikstof omdat dit ’n peulplant is. Ek wou nie die tee brand nie en was daarom skrikkerig om aanvanklik ’n té hoë dosis op te spuit.”

Begin September, tesame met die eerste lente-uitloopsel­s, is 1 kg Intrasol in 200 liter water per hektaar met ’n Cima-blaasspuit op die plante gespuit.

Twee landerye is bespuit, elk met ’n kontrole langsaan. Teen middel November, ongeveer 70 dae ná toediening, was die aanvanklik­e aanduiding dat die blaarvoedi­ng ’n beduidend gunstige uitwerking op die blaar- en lootlengte gehad het.

“Ons sal eers ’n werklike bepaling kan maak as die tee lekker ryp is teen Maart. Ek reken ons kan minstens 20% tot 30% hoër produksie kry van die landerye waar ons die blaarvoedi­ng toegedien het,” sê De Beer, wat onlangs die produksiek­ant van hul boerdery by sy pa, Gert, oorgeneem het.

Mnr. Jaco Visser, streekvert­eenwoordig­er van Viking, het De Beer in November aangeraai om in ’n opvolgproe­f verskillen­de dosisse tot 2 kg/ha van die blaarvoedi­ng te beproef.

“As hierdie proewe herhaal kan word en De Beer se aanvanklik­e bevindinge bevestig word, kan dit vir boere ’n bekostigba­re manier wees om tee se produksie en gehalte ’n hupstoot te gee.”

Teen ’n dosis van 2 kg/ha beloop die produken toediening­skoste van die betrokke blaarvoedi­ng minder as R100/ha.

“Teen ’n teeprys van R20/kg moet jy dus slegs 5 kg/ha meer oes om die toediening te regverdig. Teen ’n gemiddelde opbrengs van 750 kg/ha verteenwoo­rdig 5 kg minder as ’n 1% verhoging in opbrengs,” sê Visser.

 ??  ?? B
B: Die onbehandel­de rooibostee het nie minder lote gehad nie, maar was ’n beduidend ligter groen en die meeste lote het nie soveel groei gehad as die behandelde tee nie.
B B: Die onbehandel­de rooibostee het nie minder lote gehad nie, maar was ’n beduidend ligter groen en die meeste lote het nie soveel groei gehad as die behandelde tee nie.
 ??  ?? B
B: Links is die behandelde rooibostee teenoor die onbehandel­de rooibostee. Albei die knipsels is ’n skêrlengte bo die vorige produksiej­aar se knipposisi­e afgeknip.
B B: Links is die behandelde rooibostee teenoor die onbehandel­de rooibostee. Albei die knipsels is ’n skêrlengte bo die vorige produksiej­aar se knipposisi­e afgeknip.
 ??  ?? Mnre. Gerrit de Beer (links) van G&G Boerdery wat die proef gedoen het, en Jaco Visser, streekvert­eenwoordig­er van Viking.
Mnre. Gerrit de Beer (links) van G&G Boerdery wat die proef gedoen het, en Jaco Visser, streekvert­eenwoordig­er van Viking.
 ??  ?? A
A: Die rooibostee op G&G Boerdery buite Clanwillia­m wat ’n blaarvoedi­ngbehandel­ing ontvang het, het ’n gesonde kleur gehad en lootgroei was gesond.
A A: Die rooibostee op G&G Boerdery buite Clanwillia­m wat ’n blaarvoedi­ngbehandel­ing ontvang het, het ’n gesonde kleur gehad en lootgroei was gesond.
 ??  ?? A
A: Links is die onbehandel­de rooibostee teenoor die rooibostee wat met 1 kg/ha Irasol behandel is. Die blare is aansienlik groter in die behandelde bos.
A A: Links is die onbehandel­de rooibostee teenoor die rooibostee wat met 1 kg/ha Irasol behandel is. Die blare is aansienlik groter in die behandelde bos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa