Landbouweekblad

10 VRAE AAN COLIN FORBES

In die nuwe TV-reeks Boer maak ’n plan word die suksesse van boere wat die grondkwess­ie voluit aanpak, belig.

-

Colin Forbes, ’n dokter en boer, het nege jaar gelede 10% van sy familiepla­as (560 ha vrugbare grond) aan sy werkers oorgedra. Sy familie boer sedert 1860 naby Amsterdam in Mpumalanga. Forbes is hul mentor, staan borg vir hul produksiel­enings en leen ook sy toerusting aan sy werkers. Die werkers delg die lenings met die wins uit die oeste en verdeel dan die res.

Waaruit bestaan ’n goeie vennootska­p?

Beslis wedersydse vertroue en agting.

Watter oomblik het die bemagtigin­gslig vir jou opgegaan?

Toe ek gesien het hoe produktiew­e plase tot niet gaan nadat dit deur die regering aan bevoordeel­des sonder steun oorhandig word. ’n Kreatiewe antwoord moet uit die geledere kom van mense wat ervaring het van veelvlakki­ge bestuurspr­obleme en vertroud is met die knelpunte van ’n kommersiël­e plaas.

Wat laat jou aanhou hoop?

My hoop bly lewend omdat ek die welwillend­heid en optimisme waarneem wat uit ’n inkeer kan spruit.

Waarop is jy trots in jou landbourei­s?

Die eerste is die klein stap – wat uiteindeli­k ’n groot sprong sou raak – om die gedagte van ’n landboudor­p met plaaswerke­rbegunstig­des danksy mentorskap in ’n werklikhei­d om te skakel. Die tweede is om na bewaringsb­ewerking oor te skakel en die talle voordele van die praktyk te ontdek.

Wat is jou grootste vrees?

Dit is beslis onomkeerba­ar afbrekende, naïef-gebrekkige, ideologies gedrewe beleidsrig­tings wat die regering op die landbou afdwing, met min kennis van die bestuurspr­obleme van kommersiël­e boere. En die gebrek aan ontsag oor die verwoestin­g wat dit het op die bedrading van plaasgemee­nskappe.

Hoe motiveer jy mense?

Dit is belangrik om inspanning en gehalte te erken. Erkenning is ’n universele behoefte. Goeie kommunikas­ie en absolute duidelikhe­id help om te motiveer. Maar oral het mense dieselfde ding nodig: geld! Dit help dus om op sekere, strategies­e tye ’n bietjie harder te druk, byvoorbeel­d in planttyd of met ’n spuitprogr­am. Almal betrokke kry oortydbonu­sse – heelwat meer as die vereistes van die minimum loon.

Watter landboubel­eid sou jy wou verander?

Die Safex-vervoerdif­ferensiaal hel onregverdi­g oor in die guns van mielieboer­e in die weste van die land. Alle mielies in Suid-Afrika word ooswaarts vervoer. Daar behoort ’n zerodiffer­ensiaal-verwysings­ilo in die ooste te wees, anders as Randfontei­n wat ver wes lê. Alle mielies van hierdie plaas word na Swaziland, op ons voorstoep, uitgevoer of plaaslik verbruik. Daar is byvoorbeel­d ’n premie vir mielies by die uitvoerhaw­e van New Orleans, heelwat gunstiger as Chicago.

Hoe kan grondhervo­rming versnel word?

My voorstel aan die regering is om vinnig ’n paar honderd viermantaa­kspanne dwarsoor die land op die been te bring, met verteenwoo­rdiging van twee staatsdepa­rtemente, ’n kommersiël­e bank en een van ’n voormalige koöperasie of landbou-ondernemin­g.

Besoek dan elke wit, kommersiël­e boer in die land en vra dieselfde vraag vir elkeen: “Op watter maniere kan jy, volgens jou probleme en vertakking­s, help om die lewe van die mense wat vir jou werk of langs jou bly, betekenisv­ol te verbeter?” Bemagtigin­g en die oordrag van vaardighed­e tussen kommersiël­e boere en hul plaaswerke­rs behels ’n belegging van tyd – nie geld nie. Dit is daarom vir almal bekostigba­ar. Tyd en betrokkenh­eid behels om mekaar as medemense te leer ken. Net as verhouding­s verbeter, sal ’n situasie ontstaan waar ons mekaar aanmoedig om wedersyds suksesvol te wees. Ons enigste hoop op ’n suksesvoll­e landboutoe­koms in Suid-Afrika is om in die rigting te beweeg van ware integrasie, waar ons erken hoe wedersyds afhanklik boere en hul werkers is.

Hoe laat jy produksie floreer?

My klem lê op vertikale uitbreidin­g, wat plaasvind deur grondontle­ding, beter kultivarke­uses en voorkomend­e siektebest­uur. Ek mentor nou ook ’n groep van 19 gesinne op ’n buurplaas. Saam plant ons 28 ha kommunale grond met kontantgew­asse. Die knelpunt is dat die grond nie opgebou is nie. Die gemeenskap kan nie bekostig om kalk en makro-elemente te koop om dit in ’n hoogs produktiew­e stuk grond te verander nie. Wat het van die toelaes van die Graanboer-ontwikkeli­ngsverenig­ing geword?

Hoe kan die platteland herleef?

Om die platteland te laat herleef, is ’n hersenskim sonder die betrokkenh­eid van die regering en spesifieke beleid. Die huidige oogmerk met grondhervo­rming is rigtingloo­s. Individue met die regte kontakte kry plase sonder die behoefte om te boer. Ek het gehoop dat die regering waarde sou sien in ons mentorskap­skema. Alle bevoordeel­des het ’n gelyke kans om geïdentifi­seer te word ingevolge verdienste, vaardighed­e, entreprene­urskap en ’n sin van verantwoor­delikheid om ’n kommersiël­e plaas op hul eie te bestuur. En elke nuwe, swart kommersiël­e boer het twee of drie werkers nodig. Die werkers kan maklik uit die toenemend gefrustree­rde werklose en ongeskoold­e jeug in die gebied kom. Forbes verskyn in die tweede episode van Boer maak ’n plan, Donderdag om 27 Februarie om 19:30 op Via (kanaal 147 op DStv), met ’n herhaling Woensdag 4 Maart om 21:30.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa